Page 1 of 1
Watse sagteware op julle GPS'se
Posted: Wed Nov 07, 2012 6:34 pm
by Reggie Gerber
Naand Manne
Ek sal graag wil hoor watse sagteware julle gebruik op julle garmins of rekenaars vir beplanning vir jagte en in die veld.
Ek gebruik n e trex 20 met topo 24 maps en birds eye sat. Ek laai dan heen en weer met basecamp want mapsource wil nie waypoints van die gps aflaai nie.
Groete
Reggie
Re: Watse sagteware op julle GPS'se
Posted: Thu Nov 08, 2012 10:29 am
by Reggie Gerber
Is ek die eenigste DR@L wat met n Gps jag/skiet
Reggie
Re: Watse sagteware op julle GPS'se
Posted: Thu Nov 08, 2012 6:04 pm
by Reggie Gerber
Lyk my om reaksie te kry moes ek eerder van punte gepraat het of eland met n "pellet gun" skiet.
Ek gebruik ook google earth om reseach te doen en waypoints te merk op die etrex
HOE MAAK JULLE
Reggie
Re: Watse sagteware op julle GPS'se
Posted: Fri Nov 09, 2012 1:01 am
by Jacquesb
Reggie
Die manne wil nie praat nie, ek gebruik 'n punt en dan skiet ek ook elande met die windbuks. So hier is ek nou.
Ek gebruik die volgende bewese metodes om rigting in die veld te bepaal:
1 die gids se kennis
2 die son se rigting
3 die grondpaaie
4 die heinings
5 die oggend se voetspore
6 natuurlike en mensgemaakte bakens
7 en as ek werklik vashaak, 'n kompas.
Sorry mater, kon dit nie weerstaan nie!!
Groete
Jacques
Re: Watse sagteware op julle GPS'se
Posted: Fri Nov 09, 2012 5:14 am
by Reggie Gerber
Dankie Jacques
Dis ook darem n antwoord
Ek het meer bedoel vir jakkies jag in die aand.
Groete
Re: Watse sagteware op julle GPS'se
Posted: Fri Nov 09, 2012 7:27 am
by cassie_calvinia
reggie
ek gebruik presies die selfde as jy.
die topo op rekenaar, met basemap. en etrax 20.
sonder dit is ek verlore. nooit gedink gps maak so groot verskil.
die topo kaart was maar net duur. net so duur soos die gps.
Re: Watse sagteware op julle GPS'se
Posted: Fri Nov 09, 2012 7:29 am
by Geno
Ek gebruik 'n Dakota 20 met die volgende maps:
Garmap SA DEM en Tracks 4 Africa. Ek moet nog bel? in 'n topo map!
Re: Watse sagteware op julle GPS'se
Posted: Fri Nov 09, 2012 7:37 am
by cassie_calvinia
geno
die topo die moeite werd.
ek vul als in. waar geskiet is, waar ek gestaan het, met en sonder reaksie. waar hul geskree het. jy kry gou 'n bitter mooi prentjie van moontlike kerns
Re: Watse sagteware op julle GPS'se
Posted: Fri Nov 09, 2012 7:51 am
by Reggie Gerber
Cassie
Ja ek moet se die gps maak n groot verskil
Geens Topo is regtig n lekker tool om te gebruik. 5 Jakkies en dis betaal
Reggie
Re: Watse sagteware op julle GPS'se
Posted: Fri Nov 09, 2012 6:39 pm
by Jacquesb
Reggie, pkesier man, kyk net die reaksie nou.
Groete
Jacques
Re: Watse sagteware op julle GPS'se
Posted: Sat Nov 10, 2012 5:31 am
by Reggie Gerber
Re: Watse sagteware op julle GPS'se
Posted: Sat Nov 10, 2012 2:52 pm
by Freddie101
Reggie
Ek gebruik ook die Topo kaarte op my 60csx. Vir my werk dit baie lekker. Ons het redelike berg gebiede op plekke en partykeer kan n mens sommer aflei uit die kaart dat hulle in klofie geantwoord het en dit is gewoonlik sommer die kerngebied. By die huis kyk ek dan op Google earth waar my merkplekke is en kan partymaal nogal n paar dinge aflei daaruit.
Groetnis
Re: Watse sagteware op julle GPS'se
Posted: Sat Nov 10, 2012 5:22 pm
by Louis102
Reggie, jammer, sien nou eers die topic.
Ek kan nie regtig onthou nie, maar dink ek het Trax for Africa op en gebruik dit saam met Mapsource op die rekenaar. Gaan beslis ook in Topografiese kaarte bel?, eendag as ek weer in die stad uitkom.
Mooiloop
Louis
Re: Watse sagteware op julle GPS'se
Posted: Sat Nov 10, 2012 9:52 pm
by Jacko
Uit die aard van my werk (dis vir eers my geheim

) gebruik ek baie GPS'e of, ten minste, die kaartsagteware.
Ek kan net saamstem dat enige GPS (nes 'n rekenaar) eintlik maar net so goed is soos sy kaartsagteware. Vir jagdoeleindes is SA Topo baie goed en T4A kan ook help. SA Streetmaps beteken nie veel vir 'n jagter nie.
Vir diegene wat nie weet nie: SA Topo maps is die digitale weergawe van die landmeterkaarte wat 'n mens koop.
Dis belangrik om jou beplanning vooraf op die rekenaar se lekker groot skerm te doen - en agterna af te laai sodat jy jou waypoints en alles mooi op die rekenaarskerm kan bekyk. Jy kan natuurlik ook die .gdb of .gpx files vir jou maters e-mail sodat hulle daai presiese waypoints/routes kan sien en op hulle GPS'e aflaai.
As jy in die Karoo voorsitskiet doen, is dit lekker om jou bokke met die GPS af te merk. Ek sukkel nie laatmiddag om bokke te kry nie, ek stap reguit na hulle toe. Net ouens wat al in wisselende toestande meer as 'n handvol bokke met voorsitskiet geklap het, sal weet hoe moeilik dit is om 'n paar ure later 'n springbok tussen die gras/bossies te kry.
Wanner ouens se hulle "hou nie van 'n GPS nie" beteken dit eintlik maar hulle ken nie regtig die besigheid nie.

Re: Watse sagteware op julle GPS'se
Posted: Sun Nov 11, 2012 7:14 am
by Jassie
Jacko wrote:
Vir diegene wat nie weet nie: SA Topo maps is die digitale weergawe van die landmeterkaarte wat 'n mens koop.
Jacko - waar is die kaarte beskikbaar en wat is die prys asb?
Groete
JAS
Re: Watse sagteware op julle GPS'se
Posted: Sun Nov 11, 2012 9:11 am
by Reggie Gerber
More Jas
Ek het myne online gekoop en gedownload by Garmap.co.za
Reggie
Re: Watse sagteware op julle GPS'se
Posted: Sun Nov 11, 2012 2:57 pm
by Jacko
Reggie Gerber wrote:
More Jas
Ek het myne online gekoop en gedownload by Garmap.co.za
Reggie
Is net so.
Wil net byvoeg, dis wanneer jy vooraf op jou rekenaar na die kaarte kyk, dat jy werklik al die detail kan benut.
Rekenaar vir beplanning, GPS vir uitvoering.
Re: Watse sagteware op julle GPS'se
Posted: Sun Dec 09, 2012 11:12 am
by smitjs
Dags?,
Ek is nog nie so bedrewe met die jakkalse dat my mening veel werd is nie. Ek gebruik Etrex Legend CX, SA Topo, en Basecamp.
Met springbokke oes in die nag het ek geleer hoeveel die GPS en die SA Topo beteken. Ek wil nie daarsonder nie. Basecamp by die huis help baie.
Groete
Johan Smit