Page 1 of 1
RSA Musgrave Single Action .308 Informasie nodig
Posted: Wed Nov 07, 2012 9:36 pm
by Charles.308
Naand,kan iemand my meer inligting gee op volgende:RSA Musgrave Sigle Action .308 en wa tse hout is die kolf van gemaak sovel as watter model is geweer(was n bisley geweer wat ek die hout afgeskuur het en laat olie)Die 1ste eienaar het omtrent 1976 geweer gekoop en daar staan Musgrave &Son-Bloemfontein op die loop .Ek glo dit is die model voor Lyttelton want op geweer staan net RSA met series nr:OB7T62xxxx
Enige informasie sal help
Dankie
Re: RSA Musgrave Single Action .308 Informasie nodig
Posted: Wed Nov 07, 2012 9:44 pm
by Charles.308
Sorry ek stuur nog fotos
Re: RSA Musgrave Single Action .308 Informasie nodig
Posted: Wed Nov 07, 2012 10:55 pm
by 243Songdaug
Ek is so bly jyt die post opgesit - het so 'n tydjie terug 'n plank gekoop maar die nommer is nie duidelik nie - kon nie uitmaak of daar OB7762 of wat staan nie - nou sien ek dit lyk my dit moet OB7T62xxxx wees!!!
Geen wonder die DPO kon hom nie op die stelsel kry nie!
Dankie
Re: RSA Musgrave Single Action .308 Informasie nodig
Posted: Thu Nov 08, 2012 6:20 am
by Monrique (SJ)
Dagse manne
Ek het al onder die Musgrave afdeling n onderwerp geplaas waarin gevra is hoe die nommering van die lope was en so meer.
Daan het meegedeel dat die OB nommering eie was aan wat Musgrave self gegee het en "staan" vir Bloemfontein.
Groetnis
Re: RSA Musgrave Single Action .308 Informasie nodig
Posted: Thu Nov 08, 2012 6:23 am
by Monrique (SJ)
Dit is onder hierdie onderwerp: Nommering van Musgraves en veral RSA's. Ook name op lope
Groetnis
Re: RSA Musgrave Single Action .308 Informasie nodig
Posted: Thu Nov 08, 2012 6:57 pm
by Charles.308
Hi
Ek hoor wat julle se,ek het net gehoop om meer info te kry soos datums wanneer wapen gemaak is en hoeveel van reeks/modelle is gemaak,as ek reg verstaan is my model geweer gemaak voor Lyttelton reeks,en wat is die verskil tussen die 2 gewere.Ek sien info oor model 80 & 90 & 2000 maar min informasie oor die bisley single action.
Ek sal weer forum deurgaan.
Dankie
Re: RSA Musgrave Single Action .308 Informasie nodig
Posted: Thu Nov 08, 2012 7:23 pm
by Charles.308
Ek het gekyk en op my Musgrave(loop en aksie) daar glad nie SABS gestamp nie,is daar n rede hoekom nie???????
Re: RSA Musgrave Single Action .308 Informasie nodig
Posted: Thu Nov 08, 2012 7:26 pm
by Armand Steenkamp
Charles,
Soos ek dit het was daar modelle RSA`s. Die eerstes het n kot Knox gehad en het hout oor die loop gehad. Ek het die een. Mens kan net die aksie in jou fotos sien so mens kan nie lekker sien nie.
Groetnis
Re: RSA Musgrave Single Action .308 Informasie nodig
Posted: Mon Nov 26, 2012 9:04 am
by Daan Els
Dit is n RSA aksie en baie manne wat ophou Bisley skiet het die gewere sporting laat maak. Die meeste RSA kolwe is van beuke (spelling?)hout gemaak, nie baie mooi hout, maar lekker dig en sterk. Indien jou geweer se kolf vervang is, mag dit of Franse of Turkse okkerneut wees.
Mooi loop,
Daan