Page 1 of 1

Jagters Toerusting - Jakkalsgat

Posted: Tue Nov 13, 2012 10:01 pm
by Jakkalsgat
Naand Almal

Soos belowe is hier so paar dinge wat beskikbaar is voor Kersfees

1. X-Bag in 2 grootes Small 350mm x 150mm x 200m R 225 en Groot 350mm x 200mm x 250mm, hierdie sakke word leeg verkoop en bsluit elkeen self waarmee hy hom vul. Plek vir ammunissie.

Image
Image

2. Sandsakke, beskikbaar in 2 grootes, small 250mm x 250mm R 50 en Large 250mm x 500m R 100

Image

3. Kamaste, beskikbaar in Camo, Swart, Bruin en Groen R 180 per stel

Image

4. JS KD Cover, vervaardig uit Canvas met Nomex Voering Camo of Swart, werk op KD se groote R 250 vir KD tot en met lengte van 200mm

Image
Image
Image
Hierdie produk sal eers teen 20 November 2012 gefinaliseer wees

Pryse sluit nie aflewering in nie maar sal ons sover moontlik stuur met geleenthede.
Skakel ons asb as jy die as geskenk na iemand toe wil stuur.
Hierdie Produkte is ook beskikbaar by Stanwell uitrusters, Krausestraat, Bloemfontein
Bestellings kan per PM geplaas word by my of Bond 007 of skakel my gerus 082 494 5587

Loop Mooi

Re: Jagters Toerusting - Jakkalsgat

Posted: Sun Nov 18, 2012 10:41 pm
by Jakkalsgat
Jingle bells, jingle bells, jingle all the way, oh what fun it could be with these things under your tree :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Jagters Toerusting - Jakkalsgat

Posted: Sun Nov 18, 2012 11:08 pm
by Kalahari
Ek dink ek gaan 2 x KD Covers moet bestel, maar finaliseer hom eers oom Jakkals. Mirage begin bietjie pla as die springbokke soos treintrokke in die winter gehaak word ;)Sit die cover redelik styf sonder om baie rond te skuif?

Re: Jagters Toerusting - Jakkalsgat

Posted: Sun Nov 18, 2012 11:16 pm
by Jakkalsgat
Kalahari

Weet jy hy sit redelik stewig, op my geweer het ek hom opgesit toe KD nog koud was en het hy nie geskuif nie maar op Willem se geweer het ons hom opgesit toe KD warm geskiet was en omdat ons KD nie kon hanteer nie was hy nie stewig genoeg vas nie en het hy geskuif. Ek sal tog voorstel en ons sal so aanpas dat mens hom maar met 'n toutjie vastrek ook en sal ek more myne 'n "eyelid" insit om hom met tou vas te maak.

Ons wag net vir Ludwig se terugvoer en as hy se dit werk is ek gemaklik om hom in die mark en produksie te druk.

Groete
Jaco

Re: Jagters Toerusting - Jakkalsgat

Posted: Sun Nov 18, 2012 11:30 pm
by Kalahari
Dankie Jaco

Ek kyk uit vir julle terugvoer.

Re: Jagters Toerusting - Jakkalsgat

Posted: Wed Nov 28, 2012 8:35 am
by Jakkalsgat
Enige Bestellings?

Re: Jagters Toerusting - Jakkalsgat

Posted: Wed Nov 28, 2012 8:45 am
by Kalahari
More Jaco

Ek gaan eers uitsit, my begroting is na die maan :'(, onvoorsiene uitgawes met veldbrande, kampers, slegte arbeid ens ens.
Sorry man, glo jy bestellings kry, want die produkte is reg.

Re: Jagters Toerusting - Jakkalsgat

Posted: Thu Dec 06, 2012 11:58 pm
by Jakkalsgat
Bump

Re: Jagters Toerusting - Jakkalsgat

Posted: Wed Dec 12, 2012 10:29 pm
by Jakkalsgat
bump bump

Re: Jagters Toerusting - Jakkalsgat

Posted: Thu Dec 13, 2012 8:58 am
by FCLoretz
Ek sal in Januarie by jou kom draai maak vir Sandsakke.

Ek is in Bloemfontein een van die naweke.

Re: Jagters Toerusting - Jakkalsgat

Posted: Wed Jan 16, 2013 12:52 pm
by Marius Botha 10
Hallo,

Ek sal graag 'n groot "X Bag" by jou wil bestel. Laat asb weet wat is die totale koste en waar ek die deposito kan maak. Dit moet asb ook posgeld na Witbank in Mpumalanga insluit. Dankie, hoor graag van jou.

Re: Jagters Toerusting - Jakkalsgat

Posted: Thu Jan 17, 2013 4:00 pm
by Jakkalsgat
Marius

Dankie sal vir jou bank besonderhede en bedrag laat weet.

Groete
Jaco

Re: Jagters Toerusting - Jakkalsgat

Posted: Thu Mar 07, 2013 5:03 pm
by Jakkalsgat
Naand Almal

Soos belowe is hier so paar dinge wat beskikbaar is voor Kersfees

1. X-Bag in 2 grootes Small 350mm x 150mm x 200m @ R 250 en Groot 350mm x 200mm x 250mm @ R280, hierdie sakke word leeg verkoop en besluit elkeen self waarmee hy hom vul. Plek vir ammunissie.

http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/P1020328.jpg
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/P1020321.jpg

2. Sandsakke, beskikbaar in 2 grootes, small 250mm x 250mm R 50 en Large 250mm x 500m R 100

http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/P1020330.jpg
3. Kamaste, beskikbaar in Camo, Swart, Bruin en Groen R 180 per stel

http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/Bloemfontein-20121113-00698.jpg
4. JS KD Cover, vervaardig uit Canvas met Nomex Voering Camo of Swart, werk op KD se groote R 280 vir KD tot en met lengte van 200mm

http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/P1020292.jpg
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/Bloemfontein-20121107-00665.jpg
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/P1020312.jpg
Hierdie produk sal eers teen 20 November 2012 gefinaliseer wees

Pryse sluit nie aflewering in nie maar sal ons sover moontlik stuur met geleenthede.
Skakel ons asb as jy die as geskenk na iemand toe wil stuur.
Hierdie Produkte is ook beskikbaar by Stanwell uitrusters, Krausestraat, Bloemfontein
Bestellings kan per PM geplaas word by my of Bond 007 of skakel my gerus 082 494 5587

Loop Mooi

Re: Jagters Toerusting - Jakkalsgat

Posted: Mon Apr 08, 2013 2:30 pm
by PaulM
Ek het my X-bag uiteindelik gekry, na die poskantoor se voetesleep sessie.

Dankie Jaco, puik diens en 'n puik produk!

Re: Jagters Toerusting - Jakkalsgat

Posted: Thu Apr 25, 2013 8:01 am
by Jakkalsgat
More Paul

Skuus sien eers die vanoggend, hoop hy werk vir jou

Groete
Jaco

Re: Jagters Toerusting - Jakkalsgat

Posted: Thu Apr 25, 2013 10:32 am
by PaulM
Jaco,

Dit werk uitstekend, dankie. Ek het jou nommer vir 'n vriend gegee, wat ook belangstel. Hy sal jou kontak.

Wederom,
Paul.

Re: Jagters Toerusting - Jakkalsgat

Posted: Thu Apr 25, 2013 12:15 pm
by Geno
My X-Bag ry Dinsdag saam Prieska toe. Kwaliteit van die produk is baie goed.

Re: Jagters Toerusting - Jakkalsgat

Posted: Thu Apr 25, 2013 5:21 pm
by Jakkalsgat
Paul /Geno

Baie dankie, ek sal tog kyk of ek nie foto geneem kry met een met pype onder in nie.

Volgende klomp is volgende week gereed

Groete
Jaco