Page 1 of 1

SA Jagter lidmaatskapkaart

Posted: Wed Nov 14, 2012 12:45 pm
by PJS
Middag manne

Ek wag nou al baie geduldig vir my lidmaatskapkaart na die jaarlikse hernuwing. Ek dag ek bel sommer vir interessantheid SA jag om uit te vind hoe lank ek nog gaan moet wag. (Ek wag alreeds 6 weke van dat my debietorder afgegaan het) Die vrou wat die foon antwoord s? aan my dit vat 7-10 weke!  :o :o :o :o
Ek weet die poskantoor werkers het gestaak, maar kan dit aanvaarbaar wees om so lank te wag? :-\
As jou kredietkaart verval kry jy die nuwe een voor die oue verval! Nou moet julle onthou die nuwe SA jag kaarte het nou n magnetiese "strip" op wat jy gaan swipe by die baan waar jy oefen, vergadering bywoon of skiet kompetiesie bywoon. Die inligting is van waarde as jy n TJ/TS is.
So ek kan vir die eerste 2 maande nie my kaartjie elke jaar gebruik nie. >:( >:(

Hoe voel julle wat ook aan SA jag behoort? Is dit aanvaarbaar?
Ek dink dit is pateties om die minste te s?. Die 2 maande wat ek nou aktiwiteite gaan bywoon moet nou weer met die hand ingevul word ens.
Die afslag wat n lid  ontvang by sekere winkels, kan  ook nie van gebruik gemaak word in die 2 maande nie, omdat jy nie jou nuwe kaart kan toon nie.
Ek luister by die radio.
Mooiloop
PJ

Re: SA Jagter lidmaatskapkaart

Posted: Wed Nov 14, 2012 5:47 pm
by GERT vd M
Dit is lagwekkend om te dink dat jy jou kaart moet swipe by geleenthede om jou toegewyde status te behou. Ek se so want ek hou nie daarvan om te kompeteer nie en skiet gewoonlik op my eie saam met mede jagters en ook omdat ek n gehoorprobleem het. lyk my die bestuur van SAJWV kry n brainwave dan pas hulle dit sommer toe ongeag wat die lede daarvan dink. Of is ek nou te rof?
              GROETNIS
                GERT

Re: SA Jagter lidmaatskapkaart

Posted: Wed Nov 14, 2012 5:52 pm
by Eugene
Gert, ek praat onder korreksie, maar jy hoef nie noodwendig net baanskiete by te woon vir TJ status nie, jy kan ook net gaan jag (3 keer 'n jaar) vir TJ status.

Ek het hierdie jaar TJ status gekry en was 5 jaar laas op 'n baan tydens 'n formele skietdag. Het wel meer as 5 keer gaan jag.

Groete

Re: SA Jagter lidmaatskapkaart

Posted: Wed Nov 14, 2012 6:00 pm
by RV
Jy het nie nodig om skietdae by tewoon nie.Jy moet net twee aktiwiteite he.Dit kan jagte,skietdae of vergarderings wees.As jy n rede het hoekom jy nie aktiwiteite kon bywoon nie is daar ook n vorm wat jy kan invul en redes verstrek soos byv.siekte,werksomstandighede ens. So die bestuur van SAJWV het niks verkeerd gedoen nie.

Re: SA Jagter lidmaatskapkaart

Posted: Wed Nov 14, 2012 6:42 pm
by 243Songdaug
PJ, ek het reeds 'n E-pos na Inyathi Park gestuur - sal more oggend die saak telefonies opneem - dis gladnie toelaatbaar nie.  Ek sal kyk om jou more terugvoering te gee. Kan jy asseblief jou takvoorsitter of streekskoordineerder versoek om die saak ook op te vat?

Gert, SA Jagters het die swipe opsie inwerking gestel om die getroue baanskieters te help om dinge vir hulle maklik te maak - meer manne en vroue as wat ons dink is lui en hou nie getrou boek van hul skiet aktiwiteite nie en dan as dit einde van die jaar raak moet takbesture baie ure spandeer om bewys van die lede se aktiwiteite te loop opsoek. So 4 maande terug het my hardeskyf na opgepak - ek het 10 jaar se klub/tak aktiwiteite verloor.  Die stelsel is gladnie inplek gesit om jou te benadeel of teen 'n man wat nie kompterend skiet te diskrimineer nie.  Dit gaan slegs ons manne en dames wat op takbestuur is se lewe makliker maak

Voorts is die magneetband inisiatief 'n poging vanaf die UK om geld te bespaar - waar ons tans jaarliks kaartjies uitreik gaan ons voortaan slegs elke 3de jaar kaartjies hoef te vervang - dis 'n redelike groot besparing.  Die kaartjies word geborg en lede kan van die swipe opsie gebruik maak om besparings te verkry - 1 van die punte waaroor PJ ongelukkig is en dis 'n geldige punt.

Om lid te wees van SAJWV bly 'n voordeel.

Re: SA Jagter lidmaatskapkaart

Posted: Wed Nov 14, 2012 9:14 pm
by PJS
Dankie 243 Songdaug ek waardeer dit.
Ek wil net noem dat ek nie met my Tak of streeks mense gepraat het nie, omdat ek gevoel het ek kan dit met Inyathi park opneem. Ek is baie opgewonde met die swipe aksie. Ek dink dit is n stap in die regte rigting. Ek skiet baie gereeld op die baan en dit vergemaklik net my rekords.  Ek ondersteun ook SA Jag en is trots om n lid te wees. Ek wou net hoor of dit net ek is wat die tipe van probleem het. Dit blyk nou so  :'( .
Ek het laasjaar ook na 7 weke nie my kaartjie gekry nie en het in Nov 2011 weer n kaartjie aangevra, so dit is nou die 2de jaar dat ek sukkel. Ek het dit daar gelos, want ek het gedink dit was maar die posstelsel. Ek wil ook nie loop en kla oor alles nie.
Die jaar was ek egter ontevrede en dis hoekom ek hier so bietjie raad kom soek het.
243Songdaug wrote: Voorts is die magneetband inisiatief 'n poging vanaf die UK om geld te bespaar - waar ons tans jaarliks kaartjies uitreik gaan ons voortaan slegs elke 3de jaar kaartjies hoef te vervang - dis 'n redelike groot besparing.  Ek is baaaaai bly om dit te hoor

Om lid te wees van SAJWV bly 'n voordeel. VIRSEKER
Mooiloop
PJ

Re: SA Jagter lidmaatskapkaart

Posted: Fri Nov 16, 2012 5:24 pm
by GERT vd M
Dankie manne. Skuus, lyk my ek was te haastig :-X :-X
Ek verstaan dit ook so en gebruik maar my jagte en die dae wat ek op n skietbaan skiet waar daar n log boek is wat ek kan invul, as motivering vir my toegewyde status.
        Groetnis
            Gert
                :)