Page 1 of 1
Bobbejaan voorsit
Posted: Wed Nov 14, 2012 7:18 pm
by JHS
Naand almal
Ek wil graag I bobbejaan skiet nou in Desember en wil hom inlok met iets wwil graag met die boog skiet maar as dit baie moeilik gaan wees geweer skiet. Nou wil ek net hoor is daar iemand wat dalk kan raadgee oor watse aas die beste sal werk om die bobbejaan in te kry. En moet dit by wwater of weg van water wees en watse tyd van die dag. Hier is baie bobbejane so dis nie die probleem nie net om hulle van die berge af te kry is.
Re: Bobbejaan voorsit
Posted: Wed Nov 14, 2012 7:42 pm
by grumpy
Kan ek kom help???

Re: Bobbejaan voorsit
Posted: Wed Nov 14, 2012 8:03 pm
by Silent Hunting
grumpy wrote:
Kan ek kom help???
+1
Re: Bobbejaan voorsit
Posted: Wed Nov 14, 2012 8:25 pm
by grumpy
Silent hunter, jy moet nie hier op die forum wees nie!!! Jy het werk om te doen.
Ek is volgende Vrydag daar!!!!

Re: Bobbejaan voorsit
Posted: Thu Nov 15, 2012 3:21 am
by Gerhard
Skiet hom met die geweer...
Bobbejaan met die boog is bitter moeilik as jy nie reeds hulle vaste roetine ken nie.
Hulle is vlym skerp en sien beweeging binne in n hide ook.
Re: Bobbejaan voorsit
Posted: Thu Nov 15, 2012 8:53 am
by Dawie Malan
Sit net 'n bicycle in die veld neer.....
Re: Bobbejaan voorsit
Posted: Thu Nov 15, 2012 9:25 am
by Eugene
Gerhard wrote:
Skiet hom met die geweer...
Bobbejaan met die boog is bitter moeilik as jy nie reeds hulle vaste roetine ken nie.
Hulle is vlym skerp en sien beweeging binne in n hide ook.
Dankie vir die waarheid! Daai manne is nie stupid nie, jy moet jou storie ken om een van hulle met die boog te skiet! Ek sal voorstel dat jy solank jou hide opsit (sorg dat hy sterk en stewig is) sodat hulle aan hom gewoond kan raak en sit mielies ( of wat ook al daar beskikbaar is) uit. Makliker om hulle in die winter, wanneer veldkos skaars is, in te lok!
Re: Bobbejaan voorsit
Posted: Thu Nov 15, 2012 12:38 pm
by JHS
Dankie ek sal hom dan maar met die geweer skiet dankie. Dink julle dit is nodig om hide uit te sit ek kan ek nie somer net bv tussen die bosse I ent weg sit nie en dan somer so skiet nie. Of tussen die klippe le en skiet? Sal hulle my so maklik spot?
Re: Bobbejaan voorsit
Posted: Thu Nov 15, 2012 1:38 pm
by Gerhard
JHS wrote:
Dankie ek sal hom dan maar met die geweer skiet dankie. Dink julle dit is nodig om hide uit te sit ek kan ek nie somer net bv tussen die bosse I ent weg sit nie en dan somer so skiet nie. Of tussen die klippe le en skiet? Sal hulle my so maklik spot?
As jy beweeg wanneer jy nie moet binne 200m is jy gebol...
Soek n mooi plek waar jy kan lekker sit in die skadu en n goeie uitsig het.
Maar die belangrikste is om eers die loop gewoontes van die trop te leer voor jy voorsit plek soek
Re: Bobbejaan voorsit
Posted: Thu Nov 15, 2012 4:15 pm
by johnny
Ek het gereeld bobies binne in n ou kraal geskiet as hulle kom water drink in warm somer dae, was gelukkig plaas het net 4 krippe gehad , dan maak ek ander toe dan moet hulle daar suip, gewoonlik vanaf 1400 in middag ingekom , ek het binne ou skuur gesit so 30m weg en deur n 30cm x30cm gat geskiet, maar jy moet stil sit. Na ek 5 geskiet het het hulle nie weer gekom nie en by buurman gesuip, maar ek sien hulle is nou weer gereeld terug.
groetnis
Johnny
Re: Bobbejaan voorsit
Posted: Wed Dec 26, 2012 10:10 pm
by Christo
Kommetjie en Rooiels en Tokia is ideale plekke vir boogjag. As jy die greenies se 11:1:11 daarna kan handel. Paar huiseienaars sal jou like.
Re: Bobbejaan voorsit
Posted: Wed Dec 26, 2012 10:43 pm
by PWV
JHS
Hier is langafstandskiet die ideale ding - lekker geweer en 'n "range finder" wanneer die wind stil is. Goed gekamoefleer en 'n oordentlike KD. As jy hul gewoontes ken, kan jy begin dink soos 'n bobbejaan en kan jy dan twee of drie uithaal. Daarna gaan jy weer 'n paar maande wag voordat hulle op dieselfde plek weer verskyn.
Re: Bobbejaan voorsit
Posted: Thu Dec 27, 2012 7:45 am
by PWV
Fanie wrote:
Meeste van ons doen reeds, Pieter.
Faanman, party ouens se bobbejaan-IK is net hoer as ander s'n.
Re: Bobbejaan voorsit
Posted: Thu Dec 27, 2012 4:11 pm
by Martin Marais
Bobbejaan jag is nie maklik nie,daai ouens se sig is uitstekend. Soos die manne hier noem,moet jy maar voorberei vir 'n paar lang skote. Ek reken ook 'n knaldemper is 'n moet. Wanneer jy voorsit,sit altyd in die skaduwee van 'n boom of bos. As Kees iets sien blink vanwaar jy sit,dan boggom hy net een keer en die hele trop hardloop weg. Probeer oplet vir die Kees wat lyk of hy die heeltyd gespanne is. Hy is gewoonlik die een wat die gevaar eerste raaksien en die ander waarsku. Dit is my ondervinding dat waar jy hierdie "brandwag"eerste omdop daar amper 'n soort Babelse verwarring onder die res losbars. Elkeen kies sy eie koers. My persoonlike rekord in so geval was 5 kese. Kon seker meer geskiet het met 'n geweer met groter magasyn kapasiteit,maar dan weer,wil ek regtig meer op een dag skiet?
Groete
Martin Marais.
Re: Bobbejaan voorsit
Posted: Sun Jan 27, 2013 10:55 pm
by jeep
as jy seker is waar hulle slaap gaan dan volgende ogend sorg dat jy daar is voor sonop as son op kom sit hulle hoog in die bome of kranse en bak in die son dan kry jy gewoonlik so n paar plat
groete jeep
Re: Bobbejaan voorsit
Posted: Wed Mar 06, 2013 9:52 am
by Grystoppie
Danie
Die man wil n bobjaan skiet, nie hobaas nie. LOL
Groete
Grystoppie