Page 1 of 1
Haelgeweer Motiveering
Posted: Thu Nov 15, 2012 12:53 pm
by hencohugo
Dags? manne
Ek is op 'n "roll" met die aankoop van vuurwapens en kort asb 'n motiveering vir 'n pomp aksie en over/under haelgeweer en 'n pistool. As iemand my weer sal kan help soos met die ander (30-06 en .22) sal ek dit baie waardeer?
Groete uit Worcester
Henco
Re: Haelgeweer Motiveering
Posted: Thu Nov 15, 2012 2:02 pm
by Eugene
Waarvoor gaan jy dit gebruik? Selfverdediging, jag of sportskiet? Het jy toegewyde jagter/sportskiet status? Anders gaan jy sukkel...
Re: Haelgeweer Motiveering
Posted: Thu Nov 15, 2012 2:47 pm
by hencohugo
Hi Eugene
Ek wil dit gebruik vir jag en selfverdediging en later ook vir sportskiet. Ek is lid by Kaapjag, maar het nie toegewyde status nie. Moet ek maar eers wag tot ek die toegewyde status het voor ek een aanskaf?
Re: Haelgeweer Motiveering
Posted: Thu Nov 15, 2012 3:49 pm
by Pvdw
hencohugo as ek mooi lees het jy reeds 'n 22 en 30-06. Nou jy het plek vir nog 2 wapens as jy nie toegewyd is nie. 4 is maks.
Die O/U sal maklik wees vir duiwe/voels skiet en die pistool sal ek opsit vir sportskiet slegs vir die rede dat jy dan 10 jaar lisensie het
Die pomp aksie sal moet wag as jy die pistool of O/U vat.
Hier is baie motiverings op die forum loer onder "kan ons mekaar help met motiverings" Daar is voorbeelde en klompie manne wat hulp aanbied.
Peet
Re: Haelgeweer Motiveering
Posted: Thu Nov 15, 2012 3:53 pm
by hencohugo
Dankie Peet ek sal daar kyk.
Re: Haelgeweer Motiveering
Posted: Fri Nov 16, 2012 7:58 am
by Eugene
Pvdw wrote:
hencohugo as ek mooi lees het jy reeds 'n 22 en 30-06. Nou jy het plek vir nog 2 wapens as jy nie toegewyd is nie. 4 is maks.
Die O/U sal maklik wees vir duiwe/voels skiet en die pistool sal ek opsit vir sportskiet slegs vir die rede dat jy dan 10 jaar lisensie het
Die pomp aksie sal moet wag as jy die pistool of O/U vat.
Hier is baie motiverings op die forum loer onder "kan ons mekaar help met motiverings" Daar is voorbeelde en klompie manne wat hulp aanbied.
Peet
Goeie raad!
As jy die o/u opsit vir jag, kan jy die pompaksie vir selfverdediging motiveer en die pistool vir sportskiet! Maar dan moet jy toegewyde jagter en verkiestelik ook toegewyde sportskut wees!
Sterkte en groete
Eugene
Re: Haelgeweer Motiveering
Posted: Fri Nov 16, 2012 10:40 am
by hencohugo