Page 1 of 1
Kabeljou braai resep!
Posted: Sun Jun 27, 2010 9:07 pm
by KSV
Ek het die naweek die volgende resep probeer. Nogal gaaf gewees.
Kabeljou ongeveer 2 tot 2.5 kg.
1 telepel knoffel vars of "chrushed"
3 eetlepels mayonaise
1 eetlepel appelkoos konfyt
2 suurlemoene se sap uitgedruk
3 eetlepels botter
Sout en vars gemaalde swart pepper na smaak.
Metode
Smelt botter appelkoos konfyt en. En suurlemoensap.
Sit vis in toeknyp rooster met foelie aan die velkant wat met die botter mengsel gesmeer is. Smeer die botter bo op ook saam met die sout en pepper na smaak. Braai oor warm kole sonder om te draai en gereeld met botter mengsel te smeer. Meng die mayonnaise en knoffel. Sodra die vis gaar is smeer mayonnaise en sit voor.
Hoop julle geniet hom.
Hein
Re: Kabeljou braai resep!
Posted: Sun Jun 27, 2010 9:13 pm
by Francois Marais
Hein
Daai een klink heel gaaf.
Mooi loop
Francois
Re: Kabeljou braai resep!
Posted: Sun Jun 27, 2010 9:19 pm
by KSV
FM,
Het een van daai Nam kabeljoue vanmiddag gebraai. Die vorige een het my vrou nie baie van gehou nie.
Moes toe ander een soek.
Moet se hy was nogal goed. Ek is gewoonlik vol voor die vis oppie tafel is.
Hein
Re: Kabeljou braai resep!
Posted: Sun Jun 27, 2010 9:24 pm
by Louis102
Kalahari Sands Varminting wrote:
......Ek het die naweek die volgende resep probeer....
Hein, ek ken 'n soortgelyke resep en kan beaam dat dit baie lekker is. Naby aan hoe sommige mense snoek gaarmaak. Het jy darem nog 'n kabeljou oor na 108? Sien Christo is al weer hier verby (glo lekker gevang daar by Rondbos rond)
Mooiloop
Louis
Re: Kabeljou braai resep!
Posted: Sun Jun 27, 2010 9:36 pm
by KSV
Louis,
Die eerste probeer met die tamaties en uie was nie baie suksesvol nie.
Die een loop mooi. Die snoek een is ook baie naby al verskil is alles word gemeng en dan gesmeer.
Sal seker nou meer braai die ander resep moes ek alleen eet.
Hein
Re: Kabeljou braai resep!
Posted: Tue Jul 12, 2011 7:31 pm
by JohanvB
Ek is nogal vol nonsens met vis, is nie baie lief vir die visserige smaak nie, maar 'n kablejou is koningskos.
My twee maniere;
Op die braai:
Sny die vis op in fillets, gooi hom sommer goed met Robertsons Hoender spesery.
Verf dan goed met Olyfolie
Spuit jou rooster met Spray en Cook.
Warm kole gooi daai vis op, draai gereeld sommer vinnig, en lig elke keer die rooster se bokant van die vis af sodat die vis nie aan die rooster vas sit nie.
So 10 minute, pikant s? ek julle.
In die Pan:
Meng "selfraising"meel met Roberson hoender speserye,(kan maar daai spesery goed gooi, ek vat so twee voleetleps op 'n koppie meel), so bietjie vis masala spesery, die is nou alles in 'n plastiek sak.
Goi so paar stukke vis daarin, skud goed, haal uit en sit eenkant weg van mekaar af, doen die res.
Laat staan vir so uur, dat die meelmengsel goed klam raak op die vis.
"Start" daai pan op met olyfolie, en bak daai stukkies vis mooi goudbruin, julle sal terug stap vir nog!!
Lekker eet
My vangste in April vanjaar , of my grote by Henties..