Page 1 of 1
Hoe oud is my 30-06 Musgrave???
Posted: Tue Nov 20, 2012 11:07 am
by Gerhardu
Dag se mense.
Wonder of iemand my kan help?Sy serial nr begin met n R.
Dis nie n enkel skoot nie en ek weet hy is in bloem gemaak.
Sal dit regtig wardeer.
Lekker dag
Re: Hoe oud is my 30-06 Musgrave???
Posted: Tue Nov 20, 2012 5:28 pm
by Sandban(g)k
Gee sy hele serial nr, Daan Els op die forum sal jou kan se!
Re: Hoe oud is my 30-06 Musgrave???
Posted: Wed Nov 21, 2012 10:57 am
by Gerhardu
Sy nr is R/40425
Re: Hoe oud is my 30-06 Musgrave???
Posted: Mon Nov 26, 2012 8:53 am
by Daan Els
Sjoe, hys oud, moontlik hier in die 1970's.
Groete
Daan
Re: Hoe oud is my 30-06 Musgrave???
Posted: Mon Nov 26, 2012 10:18 am
by Gerhardu
Baie dankie Daan!
Lekker dag
Re: Hoe oud is my 30-06 Musgrave???
Posted: Tue Nov 27, 2012 10:11 pm
by At308
Hi Daan en die manne,
Beteken dit R37597 is nog ouer? (ook 30-06)
Het hom by 'n oom in Jeffreys gekoop, hy reken daar is minder as 10 skote deur die loop asook die man wat vir my gaan kyk het.
Ek het liksens vandag gekry, die wapen behoort teen vrydag in die kluis te wees, sal fotos opgooi sodra ek kan..
Groete,
Attie
Re: Hoe oud is my 30-06 Musgrave???
Posted: Wed Nov 28, 2012 10:48 am
by Daan Els
Wens ek kon die registers in die hande kry dan kon ek met meer akkuraatheid geantwoord het.
Daan