Ek dog ek deel my opwinding en n paar fotos met julle!
My pa is besig om vir my n .470 Nitro Express Dubbel te bou. As n Natuurbewaarder moet mens mos n roer he wat daardie gediertes met skerp tande of skerp "voorkante" weghou en jou g@t red so nou en dan.
So paar punte inligting oor die wapen:
Aksie: Hand gebou
Loop: 2x Truvelo lope wat afgesny is na 26"
Hout: Exibition Graad Trukish Walnut
Ander: Skelaton Gripcap (color case hardening) , Buffel leer skokstuk , 1/4 rib met 3 V-Express visiere
Die wapen is nog in die proses maar is amper klaar! Die aksie gaan n "Holland & Holland Coin Finish" he en die lope gaan ge- "Best British Black" word - n hoe glans afwerking.
Aksie
n Sidelock aksie met 2 snellers

Locks

Lope - 26"


Die lope word geregulate op 50m

Ek sal vanmiddag n paar fotos oplaai van die Loop ribbe wat ons vandag vervaardig het.
Ons het n vir n klasieke styl gegaan en geen nut gesien vir "ejectors" nie en ek wil nie my doppe oorals optel in die veld nie so toe sit ons maar n "extractor" in.


Hout
Ons hout het laasweek van Turkye geland

Gripcap

Hier is die monster aan mekaar gesit vir n vinnige kiekie

N paar parte is in die proses op ons CNC toeristing om vervaardige te word. As die kla is sal ek nog fotos plaas.
Groete
Ralph jr.




