Page 1 of 1
Danielle wil 'n bok skiet
Posted: Sun Nov 25, 2012 9:57 pm
by Cobus(Cobb)
My dogter, en Dewie se suster Danielle, nou 12jr oud, wil met elke jagtrip waarop ek en Dewie gaan saam gaan.
Ek het so jaar terug vir haar laat begin windbuks en .22 skiet..met gemengde gevolge, die "swart" in die scope was die groot probleem en die gewig vd gewere het ook gepla.
Die naweek het sy weer aanhou kla oor "saamskiet" en ek het haar belowe dat sy kan vo?l skiet as sy 'n blikkie 10 keer na mekaar kan omklits..
Nou ja, 10 skote later is die blikkie Play, op so 15 tree, vodde....en daar gaan sy agter die duiwe aan...
Eerste skoot....hier is die trofee!!
[img width=560 height=335]
http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... AG0135.jpg[/img]
[img width=560 height=335]
http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... AG0137.jpg[/img]
Cheers
Re: Danielle wil 'n bok skiet
Posted: Sun Nov 25, 2012 10:44 pm
by morne smith
Vatso dametjie!!!
Daardie duif se bek lyk of dit sal kwalifiseer vir Rowland Ward.
Baie geluk
Morne
Re: Danielle wil 'n bok skiet
Posted: Mon Nov 26, 2012 6:17 am
by Frederik
Netjies almal moet iewers begin

Re: Danielle wil 'n bok skiet
Posted: Mon Nov 26, 2012 6:17 am
by BRNO (Pierre)
Baie kosbaar. Geluk aan pa en meisikind!
Re: Danielle wil 'n bok skiet
Posted: Mon Nov 26, 2012 8:25 am
by Spanner
morne smith wrote:
Daardie duif se bek lyk of dit sal kwalifiseer vir Rowland Ward.
Morne
Nee , by duiwe meet jy die lengte van die middelste twee stertvere... Maar hy behoort steeds die boek te maak !
Baie geluk, vat haar saam bos toe, laat sy haar tande begin sny op vlakvark en daarvan af op werk en 'n gat in jou jagbudget skiet ...
Spanner
Re: Danielle wil 'n bok skiet
Posted: Mon Dec 03, 2012 1:14 pm
by PITSMIT
baiw geluk Danielle pragtig meisiekind nou kan jy pa torring vir daai eerste varkie of daai eerste rooibok of springbok
ek is bly om te sien hier is nou al n twede dametjie wat vir valkie en dewie gaan druk vir n plek met die skiet
hou so aan hoor my meisiekind is nou 20 en wil ook bok skiet maar as sy die lewer en smeer storie hoor dan staan dit weer oor vlgd jaar toe dit het al op 13 begin hahahahahahahaha
groetnis
Re: Danielle wil 'n bok skiet
Posted: Mon Dec 03, 2012 9:10 pm
by BLOUVALKIE
baie geluk danielle dis n mooi torrie het jy hom gebraai en geeet
ek braai my duiwe wat ek skiet hulle is vrek lekker
Re: Danielle wil 'n bok skiet
Posted: Mon Dec 03, 2012 9:35 pm
by Cobus(Cobb)
Blouvalkie en al die manne wat so mooi reply, dankie, sy geniet julle insette.....sy wil nou met alle geweld opgradeer en die Blou ape aanvat, ek briek nog eers met haar, sy moet nog baie duiwe dril voor sy kan aap skiet.
Blouvalkie, nee sy het hom vir my gegee, die torrie het diens gedoen aan my no.3 basshoek en baber gelok...wat ek vroegoggend verloor het, 20pd lyn gebreek, die baber was slim en om 'n ou jettie paal loop swem, lyn stadig deurgewerk.
Cheers
Re: Danielle wil 'n bok skiet
Posted: Tue Dec 04, 2012 5:39 am
by tripodmvr
Ek sien pa sal 'n 243 moet kry vir Kersfees - van pa aan kinders. Net die roer vir springbok.
Re: Danielle wil 'n bok skiet
Posted: Tue Dec 04, 2012 6:38 am
by Herman Huyser
Ai Cobus, dis darem lekker as die kinders begin belang stel. En ja, e stem .243 gaan jou voorland wees.
Re: Danielle wil 'n bok skiet
Posted: Thu Dec 06, 2012 7:20 am
by Monrique (SJ)
Cobus
Daai is mooi gedoen deur die meisiekind. Se baie geluk vir haar. Sy gaan jou en die laaitie begin wikkel nou, PASOP!!!
Ek dink jy sal in die nuwejaar n plan moet sien vir n Howa .223 vir die "kinders".
Wel gedaan.
Groetnis