Page 1 of 1
Het haelpatrone 'n vervaldatum?
Posted: Tue Dec 04, 2012 5:04 pm
by Fluffa
Ek het so pas my pa se haelgeweer op my naam gekry. Dis 'n Caspar Aryaga (Spaanse oorsprong) 12 boor side-by-side en van die patrone is seker goed 40+ jaar al in die rondte, Peters, RMC Hugon, SP.
Ek sal graag wil lid word van 'n skietklub in die area, woonagtig in Kyalami. Kleiduif, herlaai van patrone, ensovoorts, inligting asseblief!
F
Re: Het haelpatrone 'n vervaldatum?
Posted: Tue Dec 04, 2012 5:28 pm
by Jacquesb
Fluffa
Gaan maak 'n draai by nuwe aansluitings, stel joueslf voor en vertel ons van jouself, dan gesels almal lekker.
Groetnis
Jacques
Re: Het haelpatrone 'n vervaldatum?
Posted: Tue Dec 04, 2012 5:37 pm
by JPS
Hi Fluffa,
Baie welkom hier. Oom Baretta en Remington sal jou goeie raad gee.
Groetnis
JP
Ps. Stel jouself voor en geniet dit hier.
Re: Het haelpatrone 'n vervaldatum?
Posted: Tue Dec 04, 2012 7:50 pm
by blaser
Solank die hael patrone nie vog gekry het nie kan hulle maar oud wees
Laas seisoen baie eende geskiet met 40 jaar oue eleys nog die met die klapper haar in
Re: Het haelpatrone 'n vervaldatum?
Posted: Tue Dec 04, 2012 10:27 pm
by Fluffa
Die patrone lyk besonders goed, geen aanslag nie, ons sal die naweek die sneller moet gaan trek op 'n paar van hulle, dan is die " suspense" vir eers verby.......
Re: Het haelpatrone 'n vervaldatum?
Posted: Wed Dec 05, 2012 6:43 am
by tripodmvr
Vriend van my se huis het deurgeloop onder 'n rukwind wat die dak afgewaai het. Water het tot in sy inloopkluis beland en die haelgeweer ammunisie het ook nat geword. Daar was baie "hang fires" en selfs die wat glad nie wou afgaan nie. Pasop dat jy nie van die "wads" kry wat in die loop vassteek nie - dit kan gebeur as die kruit nie mooi ontbrand nie en dan gaan jou loop ontplof met die volgende skoot. Wees dus maar versigtig wanneer julle die ou ammunisie afvuur. Let op vir snaakse reaksies.