Page 1 of 1

Link na Herlaai Data vir 270 Winchester

Posted: Mon Jul 05, 2010 10:40 pm
by Francois Marais

Re: Link na Herlaai Data vir 270 Winchester

Posted: Mon Sep 27, 2010 2:41 pm
by pietjacobs
Het enige iemand al Hornady 130gr SST gelaai vir die .270 en Rhino 160gr? Ek is opsoek na lading informasie asseblief. Veral op die Rhino.

Re: Link na Herlaai Data vir 270 Winchester

Posted: Mon Sep 27, 2010 9:53 pm
by Jagtersdok
Piet

My 270 skiet baie stywe groeperings met Hornady SST

kruit S365
Lading 52.1gr
Primer PMP
Jump 0.7mm

Onthou net dat daai punte baie vleis mors op bladskote. SST= Super Shock Tip, die naam s? dit als.

Re: Link na Herlaai Data vir 270 Winchester

Posted: Tue Sep 28, 2010 9:57 am
by pietjacobs
Dankie Jagtersdok, ek sal hom laai en die naweek gaan toets.

Re: Link na Herlaai Data vir 270 Winchester

Posted: Fri Nov 05, 2010 8:58 am
by KSV
Wil net by julle manne hoor watter "jump" die 270 van hou.

Sien my "AOL" is nogal lank as ek die punt teen die landings sit.

Groete
Hein

Re: Link na Herlaai Data vir 270 Winchester

Posted: Mon Nov 08, 2010 5:17 pm
by Yalair
Hein
Hoe lank is jou TPL as hy mooi groepeer is jy reg anders moet jy met 0.5mm op 'n slag afkom, ek het ladings van 83mm en korter en hulle groepeer beter met jump as in keel. My MRX punte hou van teen die landings, dit sal van punt/geweer afhang so jy sal moet toets gewoonlik so 9 rondtes van 3 elk sal jou gou wys watter lengte/jump werk lekker. Kyk by 80g vir 270 my TPL daar is 82.1mm jump so 3mm as ek nou reg kan onthou.

Groete
Ben

Re: Link na Herlaai Data vir 270 Winchester

Posted: Mon Jan 03, 2011 9:31 am
by pietjacobs
Jagtersdok wrote: Piet

My 270 skiet baie stywe groeperings met Hornady SST

kruit S365
Lading 52.1gr
Primer PMP
Jump 0.7mm

Onthou net dat daai punte baie vleis mors op bladskote. SST= Super Shock Tip, die naam s? dit als.
Dankie vir die hulp Jagtersdok. Dit lyk of my geweer enige lading tussen 52.1 en 52.5 van hou. Hulle groepeer so dat al 3 skote mekaar sny. My TPL het ek op 83.00mm gestel. Ek het begin op 84.5mm en so af gewerk tot hulle begin groepeer het. Kan jy dalk vir my se wat is die ladings wat Arnold vir jou gegee het asseblief.

Dankie man.

Re: Link na Herlaai Data vir 270 Winchester

Posted: Mon Jan 03, 2011 1:25 pm
by Gerrit Visser
Ek het al 1200 skote deur my .270 se 2de loop. Die eerste loop het net meer as 4000 skote gehou [ nog steeds 5 skoot groep onder 1"] die probleem was die loop was kort en stadig. Het maar gesukkel om vinniger as my 308 te skiet. Vir altwee lope het ek die volgende gebruik.

Nosler 270 doppe - net neksize
52gr s365 toets spoed 3050f/s
CCI-200 Primers
135gr Sierra Match
TPL 83mm

Ek het net eers PMP doppe gebruik [uitgesoek en gesny] en kan nie s? dat die Noslers beter is nie. Die Sierra is sterker as SST. Ek skiet alles met die punt van kolgans tot Eland.  Net jammer die punt kos al amper R5, dit maak die punt al te duur vir teiken skiet.

Wat baie help is om 'n 'Lee Collet die' te gebruik vir nek size en Forster Bench Rest seater die om punt in te druk. Met die twee die's kan jy 80% van jou patrone onder 1thou laai. Jy gebruik ook geen smeermiddels nie en spaar baie tyd.




-

Re: Link na Herlaai Data vir 270 Winchester

Posted: Thu Jan 13, 2011 10:51 pm
by saimportsuplies
ja piet die resep werk baie goed vir my en n paar friende s355 52gr 130 sst pmp dop cci250  1mm van lans cheers

Re: Link na Herlaai Data vir 270 Winchester

Posted: Thu Jan 13, 2011 11:17 pm
by fanie17
Hi dok
Watter gewig is jou punte.Ek skiet 140gr Rhino S365 51.5g teen2970f/s en kry baie goeie akuraatheid.Ek gebruik PMP doppe.