Page 1 of 6

Voertuig Besprekings

Posted: Thu Dec 06, 2012 2:42 pm
by Wouter Roets
Hallo Mede Forumlede

Hier is nou n plek waar elke persoon na hartelus voertuie kan bespreek.

Groetnis
Wouter

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Dec 06, 2012 2:47 pm
by Dawie Malan
Wouter

Dankie vir die plasing, maar dit gaan nie 'n lang bespreking wees nie. Daar is mos net een voertuig en dis 'n T O Y O T A !!!!!!


;D ;D ;D

Groete

Dawie

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Dec 06, 2012 2:49 pm
by Chevvy SS
Dankie Wouter!

Hier is manne wat skiet, EN ry!

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Dec 06, 2012 2:55 pm
by Wouter Roets
Dawie

Dankie vir die waarheid!

Alles loop reg, Altyd reg Toyotaaaa....!

Chevvy moet ek sommer klaar n nuwe hofie maak van bakkiejag? ;D Dan watter kaliber is die beste van n bakkie af? Of watter kaliber skiet die maklikste van n bakkie af?......ens,ens.

Groetnis
Wout

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Dec 06, 2012 2:57 pm
by Geno
Wouter Roets wrote: Chevvy moet ek sommer klaar n nuwe hofie maak van bakkiejag? ;D Dan watter kaliber is die beste van n bakkie af? Of watter kaliber skiet die maklikste van n bakkie af?......ens,ens.
Jaco Swart is self-erkende bakkiejagter. Ek nomineer hom vir Moderator in daardie afdeling!

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Dec 06, 2012 2:59 pm
by Chevvy SS
Str&nt Wouter!

Maak dit oop onder "lagspiere."

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Dec 06, 2012 3:05 pm
by Wouter Roets
Chevvy

Die lagspiere afdeling is uitsluitlik vir die Land Rover manne geresserveer! ;D

Groetnis
Wouter

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Dec 06, 2012 3:10 pm
by PWV
Beste tweedehandse voertuig om te koop is 'n NUWE Land Rover ;D

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Dec 06, 2012 3:15 pm
by Geno
Pieter Willem Vorster wrote: Beste tweedehandse voertuig om te koop is 'n NUWE Land Rover ;D
Wyse woorde Oom Pieter! ;D

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Dec 06, 2012 3:20 pm
by Chevvy SS
As hy vassit, kan hy darem annerkant toe ry!

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Dec 06, 2012 3:25 pm
by Wouter Roets
Chevvy

Kom hy of gaan hy? Hoe adverteer mens hom, swart met wit strepe of wit met swart strepe? Hy het seker twee olie lekke ook nou!

Groetnis
Wout

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Dec 06, 2012 3:27 pm
by Jaco Swart
Geno.

Ek is die VOORSITTER  van die" Bakkie spieel skiet vereeniging " van Afrika.

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Dec 06, 2012 3:28 pm
by Chevvy SS
Dis 'n sebra- jagbakkie.

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Dec 06, 2012 3:34 pm
by PWV
Jaco Swart wrote: Geno.

Ek is die VOORSITTER  van die" Bakkie spieel skiet vereeniging " van Afrika.
Versigtig nou!  Ek is al goed uitgetrap toe ek 'n storie vir 'n jagtydskrif geskryf het waar ek vertel het hoe ek oor die spieel geskiet het!

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Fri Dec 07, 2012 8:38 am
by Dawie Malan
Daar is darem een voordeel aan 'n Land Rover. Jy kry nie sonbrand nie, want die son kan jou nie bykom as jy onder hom l? en aan hom werk nie.

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Fri Dec 07, 2012 12:47 pm
by Frikkiedbr
Dankie Wouter,

Dink die manne gaan lekker hier ook kuier en gesels.

Groete

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Fri Dec 28, 2012 9:02 am
by Problem Animal Control
Net gou een feit: Jy KAN met n NISSAN!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Fri Dec 28, 2012 6:35 pm
by Jacquesb
Problem Animal Control wrote: Net gou een feit: Jy KAN met n NISSAN!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Jy KAN!! :)

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Sat Dec 29, 2012 12:36 pm
by JohanvB
Toyota....dit is 2012 amper 2013....nie meer Toyota nie... :)

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 02, 2013 6:55 am
by Geno
Problem Animal Control wrote: Net gou een feit: Jy KAN met n NISSAN!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Willie,
Ja maat. Soos jou Dordrecht trippie? ;D

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 02, 2013 9:36 am
by Herman Venter
Toyota is overated! Daar is niks wat Toyota kan doen wat Isuzu, Ford, Muzda en Nissan nie kan doen nie! Ek koop baie eerder vir my 'n ander bakkie en verseker nie 'n Toyota kan nie!

Maar dit is my opinie! Paar ooms gaan my nou lekker pakslae gee!

Groete
Herman

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 02, 2013 7:08 pm
by Problem Animal Control
Geno

Dis net jammer n mens hoor NOOIT van die ander fabrikate wat breek nie,dis altyd net OE die bakkie is so goed of daai maak is die beste maar nooit hoe hulle ook breek nie. Ek gaan julle by die Oos kaap se ops sien(met die NISSAN,hoe dan anders) ;D ;D ;D ;D ;D

Groette

PAC

NS: Die ander manne is seker te skaam om te erken dat hulle bakkies ook maar breek???????????????????

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 02, 2013 7:56 pm
by Wouter Roets
Herman

Kan enige van daai bakkies wat jy daar genoem het hulle waarde hou soos Toyota? Wag in spanning vir die een of beteken herverkoop waarde niks vir jou nie? Now go and pour us n drink! chick chik! ;D

Groetnis
Wouter

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Jan 03, 2013 7:01 am
by blaser
wouter
ek se jou n nissan navara 2.5 d verkoop beter as n hilux en ry ook lekkerder

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Jan 03, 2013 8:27 am
by PWV
Manne, die meeste van hierdie rygoed waaroor julle praat, (Nissan, Toyota, Isuzu) werk! 
Praat bietjie oor brandstofverbruik.