Page 1 of 2
Ysterperde
Posted: Fri Dec 07, 2012 10:23 am
by Hugov
Watse motorfietse ry julle manne?
Hier is my eerste fiets.
Kawasaki Versys KLE 650. ek mis haar baie lieflike bike
[img width=560 height=420]
http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... CF0960.jpg[/img]
Het haar vervang met die perd.... Triumph Tiger 1050.

[img width=560 height=420]
http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... tiger2.jpg[/img]
Mooiloop en veilig ry!!
Re: Ysterperde
Posted: Fri Dec 07, 2012 10:56 am
by tau
Ek het sopas motorfietse afgesweer. het lank gevat.
1994 begin MX ry tot 2000
2000- 2012 Enduro's en off roads.
Ek het in 2009 begin DS ry eers GS 1200
[img width=560 height=420]
http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... ure217.jpg[/img]
, toe GS 800, toe my beste fiets BMW HP2 Enduro
[img width=560 height=420]
http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... C00102.jpg[/img]
. Bou toe Dakar bike en verkoop my HP2 om te help betaal skryf in doen insamelings etc bou bike en toe op 11 Aug 2011 laat weet hulle my ek het nie plek gekry nie.
[img width=358 height=480]
http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... ure045.jpg[/img]
Hulle gee toe wel ander suid afrikaners plek wat nie 'n 10de van my ervaring het nie. Money talks en ek was te budget vir hulle. Het my lus vir bike ry gebreek dit was my droom vandat ek verstand gehad het en sukkel nou nog om vir enige iets te opgewonde te raak.
Elk geval toe sommer Yamaha Xt 660 Z Tenere om te toer, maar te stadig vir my.
[img width=560 height=418]
http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... e024-1.jpg[/img]
Koop toe maar weer nuwe YZ 450 F en bou om vir Off road racing een race in 8 maaande toe verkoop ek hom maar weer ek het darem nog my Dakar bike.
[img width=560 height=418]
http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... e008-4.jpg[/img]
Oja en my pa se Yamaha TT600 wat ek besig is om te restoreer.
[img width=560 height=418]
http://i1091.photobucket.com/albums/i39 ... e014-2.jpg[/img]
Ek sal seker eendag weer ry. Maar tans jag ek en vang vis. Dit kos baie minder en die vrou is minder moeilik.
Re: Ysterperde
Posted: Fri Dec 07, 2012 11:06 am
by Chevvy SS
In 1979 'n 750 Yamaha shaft vir 'n jaar.
2003 'n Yamaha XT600
2004 Yamaha FJR 1300
2006-2009 BMW RT 1200
As ek nou die geld by Krismisvader kry sal dit 'n BMW K1600 GT wees.
Re: Ysterperde
Posted: Fri Dec 07, 2012 11:15 am
by Geno
My fiets:
2006 Honda CR250-R 2 Stroke.
http://i779.photobucket.com/albums/yy80/geno308/14102010146.jpg
Re: Ysterperde
Posted: Fri Dec 07, 2012 11:16 am
by Geno
O ja, een dag as ek groot is, wil ek baie baie baie graag 'n BMW F800 GS, of 1200GS Adventure h
Re: Ysterperde
Posted: Fri Dec 07, 2012 11:30 am
by Hugov
Geno jy moet gerus kyk na die nuwe Triumph Tiger explorer 1200......
GS se baas
Cheers H
Re: Ysterperde
Posted: Fri Dec 07, 2012 11:37 am
by PITSMIT
Kawasaki KLR 650
die KLR staan vir Lekker Ryding hahaha
het darm al een ongewenste pedestrian plat gery met hom

en hy het amper niks oorgekom nie klipharde fiets daai lekker bloudraad en tang bike sal hom nie maklik ruil nie maar as ek eendag groot is en ek het n regte werk soek ek n Ducati Multistrada 1200
is my droom fietsie daai
Re: Ysterperde
Posted: Fri Dec 07, 2012 11:39 am
by savage(P Coetzer)
Het op n tyd n YZ426 gehad maar toe pak my linker skouer en knie op toe verkoop ek maar.
Ry nou met n Teryx 750 side by side op die plaas rond. Baie stadiger maar ok vreeslik lekker, kan die hond, geweer en vir mamma saam vat en nog plek vir n coolbox ook.
Re: Ysterperde
Posted: Fri Dec 07, 2012 12:07 pm
by Frikkiedbr
Die is my ysterperdjie, soek nog een dag die regte ding.
Stem saam Geno so bmw sal lekker wees.

Re: Ysterperde
Posted: Fri Dec 07, 2012 12:26 pm
by kopskoot
My eerste bike was BMW 650 Dakar, maar ek het hom baie vinnig ge-"upgrade" vir hierdie 1150 Adv
[im[img width=560 height=373]
http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 034A-1.jpg[/img]g]
Na 4 van hulle ,het ek weer upgrade 1200ADV
[/i[img width=560 height=373]http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/PS8-00114M.jpg[/img]mg]
Later ook 'n HP2
[i[img width=560 height=420]
http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... JumpM2.jpg[/img]mg]
Sederdien het ek 4X 1150 ADV besit, 4 HP2's, en 9 1200 ADV
Die goed is ongelooflik, en ek het baie mooi en onvergeetlike plekke op hulle gesien. Afrika op 'n bike : iets wat jy nie kan oorvertel nie, jy moet dit beleef
hier is 'n paar specials
[i[img width=560 height=420]
http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 06-210.jpg[/img]mg]
Bo-op Duin 7 Walvisbaai
[/i[img width=560 height=420]
http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... /Duin7.jpg[/img]mg]
Makgadi-kgadi
[i[img width=560 height=324]
http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 3-Copy.jpg[/img]mg]
Ek het selfs die voorblad van die wegbreek gehaal[im[img width=560 height=315]
http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 000028.jpg[/img]g]
[im[img width=324 height=480]
http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... orblad.jpg[/img]g]
Van Zyl's pas
[im[img width=360 height=480]
http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 06-092.jpg[/img]g]
Epupa valle
[/i[img width=560 height=397]
http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 06-058.jpg[/img]mg]
Gorangoza
[/im[img width=270 height=480]
http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... ie-138.jpg[/img]g]
Doodsakker -Angola[/i[img width=560 height=277]
http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... Angola.jpg[/img]mg]
Re: Ysterperde
Posted: Fri Dec 07, 2012 12:30 pm
by hencohugo
Hoe verlang ek nou terug skooltoe, toe alles na 2-stroke geruik het. Ek het het op skool 'n MT 50, RZ50 en DT50 gery. Op kollege het ek 'n Suzuki GS 550 gehad wat soos die ouens van Chips se bike's gelyk het met 'n groot screen. Daarna het ek 'n Suzuki DR BIG 750 gehad (dit was nog my gunsteling fiets ooit). Na hom was dit 'n Yamaha XT 600 en 'n Honda Varadero. Nou het ek 'n Yamaha XTZ 125 wat ek op 'n Poskantoor veiling gekoop het waarmee ek saam met die klong op sy PW in die veld rond karring. Volgende op my lys sal 'n BMW 1200 GS wees.
Re: Ysterperde
Posted: Fri Dec 07, 2012 1:07 pm
by kopskoot
Tau
Dit sou darem ongelooflik gewees het. Een van my drome daai.
Jammer ek vra, maar vir interesantheid, wat sou die ekskursitjie gekos het. Pm maar as jy wil,of as jy nie wil nie sal ek verstaan
Re: Ysterperde
Posted: Fri Dec 07, 2012 1:46 pm
by tau
Inskrywing - R155 000 toe die euro swakker was teen die rand
bike - Ek het Yamaha met JVO kit vanaf Spanje R150 000
KTM 450 RR net die bike nuut R275 000.00
Ek sou Malles Moto gedoen het (ysterman klas) so parte en tyres so R60 000 anders as jy soos Darryl Curtis en hulle gaan nog R160 000 sonder parte!!!!
Vlugte + verskeeping na Suid Amerika en dan FIM lisensies. Jy kyk soos ek met een spaar engine en limited spares en uit 2 trommels lewe na so R 380 000. Jy gaan nie goedkoper as dit wegkom nie. As jy wil kompeteer met die swak rand R750 000 - R1 miljoe hang af hoeveel parte jy uit die parte trok neem.
Ek het nou bietjie baie hooi op die vurk by die werk en twee klein kindertjies so ek kan nie nou nie. Tweedens wil ek volgende keer tenminste genoeg geld he as ek begin met die ding om my bike en inskrywing self te kan betaal.
Re: Ysterperde
Posted: Fri Dec 07, 2012 1:50 pm
by SV MAD (Henk)
Hier is my ysterperd gewees, het hom 6 jaar gery en toe verkoop omdat ek te min gery het
SV 1000 V-Twin motor, ongelooflike klank en torque!
[img width=560 height=420]
http://i1031.photobucket.com/albums/y37 ... 1_9427.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i1031.photobucket.com/albums/y37 ... 1_9426.jpg[/img]
Re: Ysterperde
Posted: Fri Dec 07, 2012 1:55 pm
by kopskoot
tau wrote:
Inskrywing - R155 000 toe die euro swakker was teen die rand
bike - Ek het Yamaha met JVO kit vanaf Spanje R150 000
KTM 450 RR net die bike nuut R275 000.00
Ek sou Malles Moto gedoen het (ysterman klas) so parte en tyres so R60 000 anders as jy soos Darryl Curtis en hulle gaan nog R160 000 sonder parte!!!!
Vlugte + verskeeping na Suid Amerika en dan FIM lisensies. Jy kyk soos ek met een spaar engine en limited spares en uit 2 trommels lewe na so R 380 000. Jy gaan nie goedkoper as dit wegkom nie. As jy wil kompeteer met die swak rand R750 000 - R1 miljoe hang af hoeveel parte jy uit die parte trok neem.
Ek het nou bietjie baie hooi op die vurk by die werk en twee klein kindertjies so ek kan nie nou nie. Tweedens wil ek volgende keer tenminste genoeg geld he as ek begin met die ding om my bike en inskrywing self te kan betaal.
Dis n Lord Derby jag saam Terry Labat se prys daai.
Die lekker van die terleurstelling, is dat jy toe, n lekker kersgeskenk kon koop met die refund

Re: Ysterperde
Posted: Fri Dec 07, 2012 3:21 pm
by grumpy
Het self n Suzuki TL 1000 R gery en so 3 maande terug verkoop. Ek jeuk om weer een te koop maar die keer sal dit die ZX 10, R 1 OF GSXR. 1000 en niks minder. Speed freak en adrenalin junkie!!!

Re: Ysterperde
Posted: Fri Dec 07, 2012 3:28 pm
by Chevvy SS
Grumpy, die manne s? jy is dik......
Het jy dan nie ten minste 'n 1800 cc nodig nie?
Re: Ysterperde
Posted: Sun Dec 16, 2012 11:16 pm
by jenn
My ysterperde is 'n Yamaha S10 en 'n Honda 600 Transalp.
Re: Ysterperde
Posted: Mon Dec 17, 2012 8:52 am
by grumpy
Re: Ysterperde
Posted: Mon Dec 17, 2012 10:42 am
by MEERKAT
[img width=560 height=420]
http://i647.photobucket.com/albums/uu19 ... c2b150.jpg[/img]
Wanneer swartstrepe my moedeloos maak klim ek en vroutjie op die ding ry paar draaie kom met 10 nuwe planne terug waarvan 9 nie lekker wil werk.
Groetnis
MEERKAT
Re: Ysterperde
Posted: Mon Dec 17, 2012 1:07 pm
by Kalahari
Manne, ai ai, bitter mooi fietse! Die wat die teerpaaie kan verlaat veral.
Re: Ysterperde
Posted: Mon Dec 17, 2012 7:27 pm
by Piet Pille
Ek het 'n KTM Adventure 950 S.
Ek het al baie wonderlike tye met daai fiets in my lewe beleef.
[img width=560 height=420]
http://i1075.photobucket.com/albums/w43 ... ae4474.jpg[/img]
Een van die hoogtepunte was laasjaar toe ons 'n klomp manne gaan toer het in Damaraland/Kaokoland saam met die Nampharm "Ride for a Smile" projek. Ons was or die 40 fietse wat saam getoer het. Wat 'n belewenis!!
[img width=560 height=420]
http://i1075.photobucket.com/albums/w43 ... cbad2c.jpg[/img]
In die Huab Rivier:
[img width=560 height=420]
http://i1075.photobucket.com/albums/w43 ... 942bad.jpg[/img]
Re: Ysterperde
Posted: Tue Dec 18, 2012 7:18 am
by Geno
Pieter,
Daai lyk nou vir jou lekker!!!!!
Re: Ysterperde
Posted: Tue Dec 18, 2012 8:34 am
by Piet Pille
Kopskoot- Ek moet se ek is beindruk met die plekke waar jy daai Beemers al ingevat het!!! Daai van Zyl's pas het my op my senuwees met die Cruiser in low-range, wat nog van 'n fiets!!
Ek was baie lus om 2010 BMW se sandry kursus in swakopmund by te woon- waar hulle die manne geleer het om die perde daar in die diksand baas te raak. Moes ongelukkig werk. Ek sien jy is iemand wat nie skrik vir diksand nie- wou nog altyd weet hoe kry mens dit reg om daar teen die duine met 'n swaar fiets uit te kom!
Ons het met ons toer laasjaar ook daar by Epupa oorgebly- wanneer was julle daar? Dis darem maar mooi wereld daardie en fantasties vir 'n adventure fiets vir toer!
Ek sit nog so paar fotos op wat dalk vir jou bekend sal lyk:
Epupa valle:
[img width=560 height=420]
http://i1075.photobucket.com/albums/w43 ... 153d12.jpg[/img]
Oppad deur Damaraland:
[img width=560 height=420]
http://i1075.photobucket.com/albums/w43 ... 0be5ca.jpg[/img]
White Lady lodge, Uis:
[img width=560 height=420]
http://i1075.photobucket.com/albums/w43 ... 93455d.jpg[/img]
Re: Ysterperde
Posted: Tue Dec 18, 2012 10:29 am
by kopskoot
Hi Pieter
Ja, dis ook maar net comitment& momentum wat jou tot bo- op duin 7 vat.Sand is mos maar meeste ouens se doodsteek.Waar ek by Jan du Toit se" Countrytrax " betrokke was met off-road opleidings kursusse, was dit die oefeninge wat meeste van die ouens mee gesukkel het.Sand is egter maar net intimiderend en nie regtig so moeilik nie. Dit vat net comitment, spoed( momentum) en opkyk en jy's gewax!
Met die adventures, moes ons hom skuins benader, maar die HP loop reguit boontoe. 3 de rat ,in die limiter, en dan dadelik aftap as jy die kruin breek.
Ons het in 2007 Kaokoland getoer, en is toe oor van Zyl's en Epupa toe. Die Marionfluss was natuurlik ongelooflik. Die gras het n meter hoog gestaan daai jaar, en daar was betreklik baie wild.
Die gedeelte tussen Puros en sesfontein was net so mooi, en dan natuurlik was daai rivier lope fantasties. Huanib en nog n klompie ander( kan nie al daai name onthou nie).