Page 1 of 1

Klokkies/King collars

Posted: Sat Feb 07, 2009 8:04 pm
by Izak02
Naand manne, ek het albei die bg. metodes gebruik by my en soos julle tereg s? werk dit vir `n ruk goed. Dan raak tanneman slim en vang agter die klokkie/collar laer af teen die keel. Die omruil na `n tyd kan lol, want veral die klokkies is `n werk om af te haal en om die ou staples uit te trek(hulle steek vrek seer) die collars werk/verstel makliker. Die beste jakkals bly ma `n dooie een!

Re: Klokkies/King collars

Posted: Sat Feb 07, 2009 8:55 pm
by johan
n Dooie een ja,n dooie een,hoe dooder hoe beter ;D

Re: Klokkies/King collars

Posted: Sat Feb 07, 2009 10:57 pm
by MEERKAT
Hallo Izak

Daar is 'n nuwe PVC collar nou ook beskikbaar.

Die verstellings is baie eenvoudig en die collar het 'n baie lang leeftyd.

MEERKAT

Re: Klokkies/King collars

Posted: Sat Feb 21, 2009 9:42 pm
by Skillie
Ja, probeer alles om verliese te beperk. Gebruik ook king collars. Het al 1 gekry wat Jakkie deur coller doodgebyt het.

Skillie

Re: Klokkies/King collars

Posted: Mon Nov 30, 2009 7:49 pm
by Dawie
"Mnr Steyn,

Gawie van Wyk het gevra dat ek hierdie fotos aan jou stuur.

Ek het die lammetjie een oggend by sy ma in die veld gekry. Die eerste reaksie was om die vreetwond probeer ontsmet (pers kleur).  Dit was egter gou duidelik dat hy was te diep weggevreet was om te kon oorleef. Na die foto geneem is het ek sy kop afgesny om hom te verlos. As ek hom nie gekry het nie sou hy `n verskriklike dood in die veld gesterf het.

Die staal halsbande wat op die foto gesien word beperk wel die skade maar skakel dit nie uit nie. As die jakkals nie aan die nek kan vang nie maak hy `n ander plan. Daar is geen grense aan die wreedheid van `n jakkals nie.

Ek moet besluit wat is die minste wreed: `n slagyster vir die jakkals  of  lammertjies wat `n verskriklike dood moet sterf.

Johan Viljoen"

Image
Image

Re: Klokkies/King collars

Posted: Mon Nov 30, 2009 8:29 pm
by Ambessa
Hallo Dawie
Dawie wrote:...Ek het die lammetjie een oggend by sy ma in die veld gekry.
Dit is om van te ween.

Ambessa

Re: Klokkies/King collars

Posted: Mon Nov 30, 2009 8:42 pm
by Ambessa
Hallo almal
Ambessa wrote:
Dawie wrote:...Ek het die lammetjie een oggend by sy ma in die veld gekry.
...  ...Dit is om van te ween.
...jammer dat dit ou Klaas se Dead Stop Collar is wat so 'n slegte advertensie kry...

Wys net weer daar is nie een enkele metode (nie-dodelik of dodelik) wat op sigself 'n wonderkuur is nie...

Ambessa

Re: Klokkies/King collars

Posted: Mon Nov 30, 2009 8:48 pm
by Dawie
Hallo Ambessa

Ja.  Ek wens hulle kan 'n slag 'n boer se reaksie, wat klaar sukkel, op video afneem as hy vir die soveelste keer op so iets afkom.  Watter groot man het nog nie 'n traantjie innie veld waar niemand kan sien nie gestort.  Dit word nie gewys nie.  Ongelukkig is ons te "barbaars" om te ween.  Dis waaraan ons sal moet gewoond raak as ons net lekker "HOLISTIES" moet boer.

D

Ps.  Ek's glad nie teen nie-dodelike metodes nie,  Klaas se collar het ook sy plek...saam met die roer en die yster

Re: Klokkies/King collars

Posted: Mon Nov 30, 2009 8:57 pm
by Ambessa
Hallo Dawie
Dawie wrote:...Watter groot man het nog nie 'n traantjie innie veld waar niemand kan sien nie gestort.  Dit word nie gewys nie.  Ongelukkig is ons te "barbaars" om te ween.  Dis waaraan ons sal moet gewoond raak as ons net lekker "HOLISTIES" moet boer...
Stem 100% saam.

Die volle spektrum of arsenaal van metodes (nie-dodelik en dodelik) moet gebruik word. Selfs dan is dit nog nie vrywaring dat verliese gaan stop nie. Op die beste sal die negatiewe impak net laer wees...

Ambessa

Re: Klokkies/King collars

Posted: Mon Nov 30, 2009 9:45 pm
by LMB
Dawie,

Na 'n moeilike dag wil 'n ou se moer sommer reg rondom strip as jy die aand nog sulke fotos moet aanskou!!

Lukas

Re: Klokkies/King collars

Posted: Mon Nov 30, 2009 9:51 pm
by Ambessa
Hallo LMB / Dawie
LMB wrote:...Na 'n moeilike dag wil 'n ou se moer sommer reg rondom strip as jy die aand nog sulke fotos moet aanskou!!
...soos reeds ges?, dit is om van te ween...

Ambessa

Re: Klokkies/King collars

Posted: Tue Dec 01, 2009 6:46 am
by Kruger
Na 'n moeilike dag wil 'n ou se moer sommer reg rondom strip as jy die aand nog sulke fotos moet aanskou!!
Na selfs 'n maklike dag wil my moer sommer strip as Bool en trawante vir my probeer vertel collars werk.

Re: Klokkies/King collars

Posted: Tue Dec 01, 2009 10:13 am
by Foxhound
Kruger

ek stem 200% met jou saam,as jakkie of katjie net een keer op n ander manies as die keel gevang het dan is die tickets, dis soos om net met jou kop in n haai cage te sit en jou agterlyf is n oop target, wonder wat sal die groenes se as jy kom met hierdie tipe van benadering!!!!!!!

Groete

Foxhound