Page 1 of 1

Conveyer belt

Posted: Wed Dec 12, 2012 10:07 pm
by Cobus(Cobb)
Ek ry annerdag naby Bapsfontein verby en hier l? 'n pragtige stuk conveyer belt in die pad....stop en tel op...OOOPS...ek het vergeet hoe bleddy swaar die goed is...
Dit laat my toe wonder....
Hoe en met wat sny mens die goed??

My stuk l? nog iewers so ek soek weer 'n stuk...waar kry mens dit??

Ek luister graag
Cheers

Re: Conveyer belt

Posted: Wed Dec 12, 2012 10:17 pm
by Carl
Versigtig met n hoeksnyer

Re: Conveyer belt

Posted: Wed Dec 12, 2012 10:19 pm
by Jakkalsgat
Cobus

Hier by ons in Bloem kry jy dit by die "scrapmetal" plekke. Jy kan dit of met hoekslyper met dun 1mm lem sny of jy sny hom met 'n mes met water, vat jou tynslang en laat hom dun straaltjie aanmekaar loop op jou mes se lem, solank daar water op die lem is sny hy lekker. Jy kan ook buitebande op dieselfde manier sny. Ek weet party manne vat blikkie met olie en sny daarmee maar ek persoonlik verkies die water. Onthou net as jy hoekslyper gebruik om hom eerder maar paar keer op dieselfde plek vlak snitte te gee maar dit is maar morsig en pasop vir lem wat vasbyt. Weereens verkies ek die water opsie.

Hoop dit help.

Groete
Jaco

Re: Conveyer belt

Posted: Wed Dec 12, 2012 10:28 pm
by 243Songdaug
Cobb

Ek was 15 jaar in die besigheid en ons het plylon conveyor(die tipe met die materiaal binne-in) met 'n Stanleymes(matmes) gesny/geslag - Staalkoord vervoerband(die tipe met die staal kabels binne-in) het ons met 'n hoekslyper(grinder) gesny.

Soos Jaco reeds genoem het is dit raadsaam om 'n paar snitte te maak eerder as een diep kragtige snit - en dit sluit in wanneer jy met 'n stanley mes asook 'n hoekslyper sny.

WAARSKUWING:
As jy met 'n Stanleymes sny - snye op so 'n wys dat sou die mes of lem uit die conveyor ruk jy nie jouself sal raaksny nie - ons praat van "Sny langs jou lyf verby".  Beserings waar Conveyor Splicers hul knie? en hande raaksny is algemeen wanneer hulle te veel krag op 'n snit wil plaas.

Die water/olie idee is nie sleg nie, maar as jy die conveyor met 'n stanleymes sny met 'n nuwe lem kan jy hom maar plat op die grond sny - wees gewaarsku - conveyor vreet 'n lem.

Groete
Jaco

Re: Conveyer belt

Posted: Wed Dec 12, 2012 10:31 pm
by Jakkalsgat
Jaco

Daai water maak dat jou lem nie so vinnig stomp raak nie maar jy moet maar lopende water he.

Groete
Jaco

Re: Conveyer belt

Posted: Wed Dec 12, 2012 11:03 pm
by 243Songdaug
Jaco, jys heeltemal reg ja.

Re: Conveyer belt

Posted: Thu Dec 13, 2012 8:54 am
by FCLoretz
Cobb,

Watse conveyer belt soek jy? lengte en dikte, ek mag dalk kan help.

Re: Conveyer belt

Posted: Wed Dec 19, 2012 3:24 pm
by toy
Ek sny ook daagliks belt en n stanley mes is jou antwoord. Vir ons waterkrippe gebruik ons die belt met staal in. 16mm dik. Ek sny hom met n grinder en laat hom oor n teerpaal le sodat sy wond kan gaap. Dan sny hy beter. Die rubber choke jou grinder se revs en die lemme kom nie ver nie. Moet net nie in daai swart gesmelte rubber trap nie daai goed is lelik taai. Groete.