Page 1 of 1
dagroep jakkals
Posted: Thu Dec 13, 2012 9:26 am
by johans
Re: dagroep jakkals
Posted: Thu Dec 13, 2012 9:32 am
by marno
Baie mooi man!!
Daai brak is lekker vet!
Re: dagroep jakkals
Posted: Thu Dec 13, 2012 10:10 am
by Bunz
Dag se
Mooi man. Het sy vinnig in gekom?
Groete Nicky
Re: dagroep jakkals
Posted: Thu Dec 13, 2012 10:12 am
by Henry 7
Hoe oud skat julle haar----4j+?--------- sy is droog.
Re: dagroep jakkals
Posted: Thu Dec 13, 2012 12:44 pm
by Spanner
Re: dagroep jakkals
Posted: Thu Dec 13, 2012 1:14 pm
by marno
Re: dagroep jakkals
Posted: Thu Dec 13, 2012 1:37 pm
by johans
nicky dit was presies 30min,syt soos n trein ingekom

Re: dagroep jakkals
Posted: Thu Dec 13, 2012 2:09 pm
by Bunz
Dag se
Maak my sommer lus om te gaan roep. Maar partykeer kan jy ook maar lank sit en wag voor n jak in kom.
Groete Nicky
Re: dagroep jakkals
Posted: Thu Dec 13, 2012 2:50 pm
by Henry 7
Hel
Nou sien ek eers jou naam! Spanner pas goed by Goose of is dit nou Flooze? Nou maak alles sin en kan ek aanmerking verstaan..
Re: dagroep jakkals
Posted: Thu Dec 13, 2012 3:11 pm
by Spanner
Ontspan Henry, jy klink heeltemal te styf opgewen jong.

Dit was in ligte luim, askies tog as ek jou eer gekrenk het, dit was nie my bedoeling nie.
Party ouens kan 'n g?kskeerdery vat, ander ouens is wel, net anders...
Forum, eerwaardige lede, manne van inborsting, skone dames, ...en Henry. Hiermee wil ek dit tog net onomwonde stel dat ek geen ondervinding het, of inklinasie het om ooit aan 'n jakkalsteef te soog nie.

(hoe ou Henry dan vasgestel het dat die teef droog is, sal ons maar daar laat...)
Ek vra om verskoning vir my (klaarblyklike) aanstootlike verwysing daarna , hoe onskuldig ook al van my bedoel, wat U, eerwaardige lede (en ou Henry) geaffronteer het.
Vasbyt, dis amper verlof ....

Re: dagroep jakkals
Posted: Thu Dec 13, 2012 3:24 pm
by johans
dit is baie maklik om te sien of daar aan die spene gesuip word of nie,en in die geval word daar nie
Re: dagroep jakkals
Posted: Thu Dec 13, 2012 3:53 pm
by Reggie Gerber
Johans
Vertel bietjie meer oor hoe jy haar uitoorle het
Reggie
Re: dagroep jakkals
Posted: Thu Dec 13, 2012 7:05 pm
by visstok
Baie geluk Johans!
Ek moet nog my eerste jak in die dag rol. Ekt al 2 dagroepe gedoen, eerste een met caller n reen gaan soek wie se teef ek gerol het. Hy wou glad nie in die aand inkom nie, net oe gewys op +- 500m en dan weer weg, hom nie gekry nie. My 2de dag roep het ek met die fluitjie gaan probeer by n gronddam waar ek weet n stel uithang. So 30 min in die roep in, kom die skaapwagters op perde kyk watse haas skree so! Het maar opgepak.
Groete Alex
Re: dagroep jakkals
Posted: Fri Dec 14, 2012 10:43 am
by johans
reggie ekt ekt eers begin met klein jak omdat ek in hul gebied was,niks het gebeur toe speel ek haas en nogsteeds niks.ekt seker 10 min gewag toe speel ek abrie jakkals,2min later toe skree sy 50meter van my af en hardloop soos n trein op die speaker af.visstok ek sal nie in die dag sommer met die fluitjie roep nie omdat jy dan al die aandag op jou vestig en so raakgesien kan word met die fynste beweging odat dit daglig is,dis maar hoe ek dink.die dagroep is net vir my lekkerder
Re: dagroep jakkals
Posted: Sat Dec 15, 2012 6:58 am
by Reggie Gerber
Dankie Johans