Page 1 of 1

Holland & Holland 20ga

Posted: Wed Dec 19, 2012 6:30 pm
by Ralph Badenhorst
Dag Manne

Ek deel graag met julle my projek.

Ek is deur n klient gevra om hom te help om sy Holland & Holland Dominion 20ga te resoreer. Eenige wapen verslaafde sal hul niere gee om hierdie Kunswerke te hanteer , ek is bevoreg om aan die meesterstuk te werk.

Die projek sal more kla wees, n paar parte is besig om ge-rust blue te word en sal more kla wees.

Ek heg aan n foto van die aksie voor en na die tyd.

Voor

[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... c6b5b5.jpg[/img]

Na

[img width=560 height=300]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... c992c2.jpg[/img]
[img width=560 height=373]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 9999ce.jpg[/img]
[img width=560 height=438]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... db3d46.jpg[/img]
[img width=558 height=480]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 711efb.jpg[/img]
[img width=560 height=373]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 8a7eac.jpg[/img]
[img width=560 height=382]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... cccbce.jpg[/img]
[img width=560 height=373]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 2de692.jpg[/img]
[img width=560 height=282]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 2ea0e4.jpg[/img]

Wat dink julle sover?

Groete

Ralph jr.

Re: Holland & Holland 20ga

Posted: Wed Dec 19, 2012 6:35 pm
by DWB
Baie mooi Ralph!

Ek was gister in Ermelo en wou kom draai toe dink ek julle is dalk al toe.

My tyd was ook maar min!

Mooi man!

Re: Holland & Holland 20ga

Posted: Wed Dec 19, 2012 6:37 pm
by Ralph Badenhorst
Hi DWB

Ja nee kyk ons is ook besig. Ons skiet daardie .470 N.E Vrydag. Ons gaan 2 champagne bottels he, een om te drink en die ander om die eerste skoot met die .470 stukkend te skiet

Groete

Re: Holland & Holland 20ga

Posted: Wed Dec 19, 2012 6:41 pm
by DWB
Jy moet dit geniet!

Ons soek fotos!

Re: Holland & Holland 20ga

Posted: Wed Dec 19, 2012 6:44 pm
by Ralph Badenhorst
Dankie , sal video neem, net dalk wen een van ons die Kwela Funnies. Grap net.

Geniet die aand verder ;)

Re: Holland & Holland 20ga

Posted: Fri Dec 21, 2012 1:55 pm
by Ralph Badenhorst
Dag manne!

Die Holland & Holland is klaar en aanmekaar.

Dankie aan Mnr. Andrew Tonkin vir die voorreg om aan die wapen the kon werk en n 22 jarige daarmee vertrou.

Ek plaas graag fotos.

Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image

Groete en n Geseende Kersfees

Ralph jr.

Re: Holland & Holland 20ga

Posted: Fri Dec 21, 2012 1:57 pm
by DWB
Ralph dit lyk pragtig!

Hoe lyk dit? Het die bottel al gebars?

Re: Holland & Holland 20ga

Posted: Fri Dec 21, 2012 2:04 pm
by Ralph Badenhorst
Hi DWB

Jong nee man , oom Murphy en se maaikies het kom kyer. Ons CNC masjien se cutter het gechip so die nuwe een kom more oggend dan masjien ons die express sight kla.

Hier is die sight sover.

Image

Groete

Re: Holland & Holland 20ga

Posted: Fri Jan 25, 2013 2:58 pm
by Frikkie Coetzee
Ralph

Ek sien jy het die case hardening oorgedoen.

Hoe vergelyk die LOOKS, nie die KWALITEIT met die oorspronklike H&H afwerking?

Ek kry altyd die idee dat hulle ( en die ander engelse makers) n baie uniforme kleur gehad het. jou afwerking lyk anders en nie so uniform nie. Is dit hoe hulle case hardening ook eers gelyk het?Ek is bewus van hulle roes blou process.

Let op asb ek weet nie veel nie, ek vra om te leer, nie om te kritiseer nie.

Frikkie

Re: Holland & Holland 20ga

Posted: Mon Jan 28, 2013 11:40 am
by Johan Nel
Ralph,
Die werk lyk uitstekend. Weereens verwonder ek my aan die kwaliteit van julle werk.
Ek het Andrew Tonkin se naam al verskeie kere in Magnum raakgeloop. Ek glo hy is 'n bekende versamelaar van ou engelse dubbel en haelgewere. Dit moet beslis 'n pluimpie in 'n man se hoed wees wanneer so 'n persoon jou nader vir restorasie werk.
Groete,
JHN

Re: Holland & Holland 20ga

Posted: Mon Jan 28, 2013 3:18 pm
by MONTIE
Hallo Ralph,  Hoop my Bernadelli lyk net kwartpad so.
Groete
Montie

Re: Holland & Holland 20ga

Posted: Mon Jan 28, 2013 3:29 pm
by Frikkie Coetzee
Dit lyk mooi.

Dit is n proses wat ek graag meer van wil weet en sien maar aanvaar dit is vir beste graad gewere alleen.

Frikkie

Re: Holland & Holland 20ga

Posted: Wed Feb 19, 2014 11:54 am
by 470rigby
Ek kry altyd die idee dat hulle ( en die ander engelse makers) n baie uniforme kleur gehad het. jou afwerking lyk anders en nie so uniform nie. Is dit hoe hulle case hardening ook eers gelyk het?Ek is bewus van hulle roes blou process.

Let op asb ek weet nie veel nie, ek vra om te leer, nie om te kritiseer nie.

Frikkie

Frikkie

Die Ingelse se werk het net so gelyk, ook vandag nog. Gewoonlik is dit wat ons sien al oud en het 'n patina op.


_________________