Page 1 of 2

Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Sat Dec 22, 2012 9:40 pm
by Charles.308
Hoekom is almal so stil,wil net weet of iemand iets gekoop het vir hulle Musgrave met BONUS,vir die wat gekry het??????????????
Ek het lapua scenar 155g punte gekoop en baie happy met groeppering

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Tue Dec 25, 2012 8:43 am
by NicoSmit
myne het 'n vroee kersfees gehad 'n nuwe teleskoop en 'n knaldemper

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Tue Dec 25, 2012 6:08 pm
by mw
Jong ek het nou nie iets gekoop vir my musgrave nie maar wel n Musgrave 300 wm, lekker kersgeskenk, een van daardie van MW aan MW. Sal vroeg in die nuwe jaar aansoek inhandig!

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Tue Dec 25, 2012 6:45 pm
by Daan Els
Ek het maar klippie premuim vir ons twee gekoop. Hy mag nie, maar ek mag!.
Groete,
Daan

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Wed Dec 26, 2012 11:40 am
by Hein M.
Daan Els wrote: Ek het maar klippie premuim vir ons twee gekoop. Hy mag nie, maar ek mag!.
Groete,
Daan
:laugh:

Dit is altyd 'n bargain ;)

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Wed Dec 26, 2012 1:17 pm
by Marc
My Mod80 .243 het 'n Boyds kolf gekry, tans by die Smit om 'n KD op te sit.

Gaan by Huntex vir hom 'n Oom Teleskoop gaan soek ;)

Image

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Wed Dec 26, 2012 7:27 pm
by bengogga
Gun lyk netjies, Marc.

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Wed Dec 26, 2012 8:29 pm
by Marc
bengogga wrote: Gun lyk netjies, Marc.
Dankie, gaan soos een van Tolla se grappies lees as ek klaar is : "Letjies bos, jy sal daai plek nie ken " hehehee

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Wed Dec 26, 2012 10:26 pm
by Hein M.
;)

Dit is 'n bitter mooi geweer!

Ek hoop jou hande is baie groot, want Boyds cater vir ouens met KLOUE...

Hein M

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Wed Dec 26, 2012 11:31 pm
by bengogga
Boyds wil he jy moet raak vat...

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Thu Dec 27, 2012 8:09 am
by Marc
Hein M. wrote: ;)

Dit is 'n bitter mooi geweer!

Ek hoop jou hande is baie groot, want Boyds cater vir ouens met KLOUE...

Hein M
Dis nogals waar Hein, daai greep was iets verskrikliks !?!

Die Oom wat hom vir my gepak het, het sommer bietjie geskaaf en skuur ook. Hy ken sy storie !!!

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Fri Dec 28, 2012 10:59 pm
by Charles.308
Ek weet Lapua punte is vir papeir ,maar het wel gehoor dat daar met hulle al gejag is en mense gelukkig is,wil net weet of iemand al met lapua punte ondervinding in die jag veld het.
Dankie

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Sun Dec 30, 2012 12:21 pm
by Problem Animal Control
Charles

Ek skiet en jag nou al vir omtrent 4/5 jaar met 167gr Scenars en sal nie maklik na n ander punt oorskakel nie,miskien na n ander gewig. Ek het al die volgende gejag met hulle en almal het bakkie gery sonder probleme; Koedoe,Rooihartebees,Gemsbok,Rooibok,Blesbok,Takbok,Ribbok,Vlakvark,Jakkals,Rooikat. Ek sal aanraai dat jy bietjie detail gee aan skootplasing alhoewel ek nou die dag n vark reg van voor op 160m reg van voor op die linkerkant van die snoet ingeskiet het en die vark het net daar neergeslaan met n groot bol stof(hy het reguit na my toe gehardloop). Ek probeer net drie skote skiet: Kop,nek en agter die blad. Ek het ook my eie toetsie gedoen op n lee klein gasbottel op 100m het die ingangsgat baie na aan 7,62 gemeet en die uitgangsgat was omtrent 4 keer die ingangsgat se groote,wat my verstom het is dat die staalwand van die silinder nie "geflair" en geskeur het by die uitgangsgat nie,dit het net n mooi "bulge" gemaak met die groot gat. Jammer vir die engels,die beskrywing klink partykeer net beter daarin. Vra as  jy nog iets wil weet.

Groette

PAC

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Sun Dec 30, 2012 8:22 pm
by Charles.308
Dankie, ek verstaan wat jy bedoel met skootplasing en se vir my hoe was die vleisskade op die wild gewees? Die wild wat jy geskiet het,wat se afstand was die verste een.Ek het by n vriend gehoor dat die punte redelik goed bind en die skote/punte regdeur van die wild gaan.Dit maak nou sin wat jy beskryf het van silinderbottel.

Groette

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Sun Dec 30, 2012 9:09 pm
by Problem Animal Control
Charles

Daar is nie rerig vleisskade nie, verste skoot was +-400m gemeet op n cruiser se speedo. Koedoe koei wat quatering away gestaan het,net agter die regter blad in en die linker blad vergruis. Dit was die ergste vleisskade wat ek nog gehad het.

Groette

PAC

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Thu Jan 03, 2013 2:23 pm
by De beer
My ou musgrave het n nuwe geweerband gekry en sy KD is ook amper oppad

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Thu Jan 03, 2013 11:02 pm
by Hein M.
8)

Kom ons gooi hom vir 'n 2de keer.  Hoop nie die post raak nie weer weg nie...

Ek het vir my plank die volgende gekoop / aangebring:

Tap van aksie vir basis
Pas van basis:  Dit moet aangepas word vir die spesifieke geweer...
Sny van loop vir KD
Maak, pas en toets van nuwe KD vir geweer
Gespesialiseerde pasmaak van sneller
Pak van aksie
Freefloat van aksie
Lap van ringe

Als teen R2000

Koop van basisstel
Koop van scope

Een standaard bef*kte, memo*rde vrou na afloop van die oefening...

Sal die pics opsit  as als klaar is...  Net van die geweer...

Hein M

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Fri Jan 04, 2013 3:55 pm
by Charles.308
Hi Hein
Wat se model,kaliber is die PLANK--soos ek kan aflui.308 Bisley geweer,want hulle het nie dovetales vir basis nie.

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Fri Jan 04, 2013 9:59 pm
by Hein M.
Charles

Dit is 'n Musgrave RSA Lyttleton - 7.62.

Die geweer kom nie uit met 'n basis nie aangesien dit ontwerp is vir F-klas Bisley met 'n gaatjieversier.

[img width=560 height=420]http://i936.photobucket.com/albums/ad20 ... 00x450.jpg[/img]

Hein M

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Sat Jan 05, 2013 10:00 pm
by Charles.308
Hein ek het die selfde geweer(wel myne is net n RSA ) ,want hy kom met n verstelbare sneller,ek het myne self gestel,hoekom het jy joune verander en hoekom het jy jou aksie gepak,myne is nie gepak.Ek gebruik my geweer vir jag en nou en dan S.A jagter skiete.Toe ek myne gekoop het het die geweer nog stukkie hout bo op loop gehaat,het kolf laat afskuur en olie,sal kyk om foto later to post.Jou knox lyk langer as myne.Ek het nog n Musgrave loop op.Wat dink jy is die verskil tussen die 2 gewere?
Nou na iets anders ek het die naweek 2 kudus geskiet met lapua scenar punte 155g ,Al 2 skote het die ander kant uitgekom en het die selfde vleisskade gekry toe ek PMP/Highlands geskiet het,maar moet se dat ek minder vleisskade gekry het met Hornady GMX 165g.Ek het al 2 kudus op blad geskiet +- 220m.Sie lapua punte groepeer beter as GMX.

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Sat Jan 05, 2013 10:12 pm
by Charles.308
My plank

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Sat Jan 05, 2013 10:13 pm
by Monrique (SJ)
Charles

Die lang knox soos Hein het op sy Plank is die laaste modelle, soos ek dit het en die 1ste soos jy met die kort knox en hout oor die loop.

Daai Lapua Scenar's is mos teiken skiet koeels, nie waar? Jy kan gelukkig wees hulle het nie baie vleisskade gegee, maar glo jy het nie groot bene geslaan.

Geniet daai roer. Het vandag met myne n 5.35mm en 7.9mm groep geskiet op 100m

Groetnis

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Sun Jan 06, 2013 5:01 pm
by Hein M.
Charles.308 wrote: Hein ek het die selfde geweer(wel myne is net n RSA ) ,want hy kom met n verstelbare sneller,ek het myne self gestel,hoekom het jy joune verander en hoekom het jy jou aksie gepak,myne is nie gepak.Ek gebruik my geweer vir jag en nou en dan S.A jagter skiete.Toe ek myne gekoop het het die geweer nog stukkie hout bo op loop gehaat,het kolf laat afskuur en olie,sal kyk om foto later to post.Jou knox lyk langer as myne.Ek het nog n Musgrave loop op.Wat dink jy is die verskil tussen die 2 gewere?
Hallo Charles,

Skuus was vir die laat terugvoer.  Was in SBos by die skoonouers...

Ja, my geweer se aksie is van die lateres - soos SJ - genoem het en is deur Lyttleton vervaardig - vandaar die naam RSA Lyttleton.  My geweer het ook 'n Musgrave loop.

Ek het die aksie laat pak sodat die hout - wat mos die heeltyd uitsit en krimp - nie 'n groot invloed op die aksie het nie.  Nadat ons die kolf afgehaal het, kon ons sien waar dit oral druk en die plekke was nie nie goed vir akkuraatheid nie.

Ja, my geweer se sneller is ook verstelbaar, maar dit was steeds hopeloos te swaar en glad nie so "crisp" soos my 243 s'n nie. So ek het dit ook laat aanpas.

Stuur gerus 'n paar foto's aan.  Ek is nuuskierig...

Mooiloop!

Hein

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Sun Jan 06, 2013 5:16 pm
by Sam Kelbrick
My Musgrave 30-06 het 'n ERA sneller gekry. Nou loop hy mooi.  ;D

Re: Wat het jy gekoop vir jou Musgrave

Posted: Mon Feb 04, 2013 10:01 am
by gillie
Kolf laat langer maak (ek het lang arms :) ) en teleskoop laer laat monteer.... fits like a glove soos die enegelsmans sê.
Image