Page 1 of 1
Sniper spotlights
Posted: Thu Dec 27, 2012 10:40 am
by Cobus(Cobb)
Manne, hoop julle X mas was lekker,
Eks nog steeds in die mark vir skiet spotlights...Lightforce is maklik en volop maar duur
Nightstalker is minder volop..
Wat van SniperSpotlights? meer bekostigbaar... is hulle goed genoeg vir jakkels uitken?
Ek luister graag
Cheers
Re: Sniper spotlights
Posted: Thu Dec 27, 2012 12:44 pm
by Dawid
Cobus,
Wat van daardie Landingslig idee van jou, het jy hom al getoets???
Daai goed skyn n barshou.
Groetnis
Re: Sniper spotlights
Posted: Thu Dec 27, 2012 3:07 pm
by cassie_calvinia
cobus
enige lig kan seker met gejag word.
al wat ek wil se is, ja LF is duur, maar, nou sien jy oe op 220m. jy nie seker wat dit is. jy skiet, dan is dit steenbok. of, jy skiet nie, dan was dit jakkals. nou gaan vang daai nog 'n ford lorrie vol lammers. en hy is slim.
koop LF, parte volop, en jy sien ver, en helder in die nag.
Re: Sniper spotlights
Posted: Thu Dec 27, 2012 4:23 pm
by Martin Marais
Stem saam met Cassie. LF is duur,maar ek reken jy kry kwaliteit vir die prys. LF sien baie ver in die nag.
vreugde.
Re: Sniper spotlights
Posted: Thu Dec 27, 2012 5:35 pm
by Cobus(Cobb)
Dawid wrote:
Cobus,
Wat van daardie Landingslig idee van jou, het jy hom al getoets???
Daai goed skyn n barshou.
Groetnis
wag nog vir nuwejaar,my contact kan dan eers kry.
Cheers
Re: Sniper spotlights
Posted: Thu Dec 27, 2012 8:13 pm
by tripodmvr
Cobus(Cobb) wrote:
wag nog vir nuwejaar,my contact kan dan eers kry.
Cheers
Lyk my asof jy beplan om die jakkals te verskroei en nie te skiet nie.
Re: Sniper spotlights
Posted: Fri Dec 28, 2012 10:49 am
by Pvdw
Cobus ek het die Sniper se halogeen lig gekoop as 'n 2de /handlig vir die jakke. Alhoewel die LF die beste is en die Nitestalker in sy skadu staan is selfs die Nite Stalker beter as die Sniper.
Ek gebruik die Nite Stalker. As hy die regte gloeilamp in het is hy defnitief goed genoeg vir jakke skiet. Al wat jy sal merk is dat die LF se fokus beter is as die van die Nite Stalker.
Ek het egter gesien dat die kwaliteit van jou gloeilamp baie belangrik is. Op 'n stadium my NS vergelyk met iemand se LF. Myne het nuwe lampie in gehad en die LF se lampie was al amper 3 jaar oud

My Goedkoop lamp het daai man se LF op sy neus laat kyk
Ek sal vir dit wat ek doen weer die Nite Stalker koop.
Peet
Re: Sniper spotlights
Posted: Fri Dec 28, 2012 11:05 am
by Hugov
Suburbun guns in kaapstad is die agente vir die manne. Hulle pos landwyd
http://www.deben.com/tracer-sport-lights.html
Het van hulle op huntex gesien dink dit was die 170 hy skyn n barshou met ingeboude dimmer, Wat 100 % stil was.
Groete H
Re: Sniper spotlights
Posted: Fri Dec 28, 2012 4:51 pm
by smitjs
Vriend van my het een van daardie vliegtuig landingsligte op sy motorfiets gesit.
Een rit en die filament (en daarmee die lamp) het gegroet.
Dalk kan dit nie juis skokke hanteer nie, ek weet nie.
Groete
Johan Smit
Re: Sniper spotlights
Posted: Thu Jan 03, 2013 8:55 am
by Freek
[img]
http://Vriend van my het een van daardie vliegtuig landingsligte op sy motorfiets gesit.
Een rit en die filament (en daarmee die lamp) het gegroet.[/img]
Maak seker dis 'n 12V lig en nie 6V nie... Ek het al op rowwe terrein (grond en gras aanloop baan) met die aeries geland en op gestyg, daai ligte kan skokke vat. Hoe effektief dit vir jak jag gaan wees sal ek nie kan sê nie... My raad, hou op jakkals draaitjies hardloop en koop 'n Lightforce vir die geweer lig, vir hand lig sal ek Peet se raad volg (as die LF te duur is) - dit gaan julle baie onnodige madibas spaar. Al die fancy truuks bring mens op die ou end van die dag maar net weer terug by die oorsdpronklike punt. Al die "die hards" hier het my "way back" toe ekke begin jakke ernstig skiet het daai raad geggee, glo my ek het ook die goedkoper paadjies probeer - "been there, done that, got the T-shirt".

Re: Sniper spotlights
Posted: Thu Jan 03, 2013 9:11 am
by Jassie
Freek ja jy's meer as reg. Voeg net by "and PAID for it"
Groete
JAS
Re: Sniper spotlights
Posted: Thu Jan 03, 2013 9:36 am
by Cobus(Cobb)
Dankie manne....die LF is seker al vanmiddag oppad....
Cheers