Page 1 of 1
7.62 vrystaat kolf
Posted: Sat Dec 29, 2012 10:38 am
by cassie_calvinia
ek het gehoor die boyds, kolwe pas nie op die rsa nie.
is daar enige klaar kolf wat 'n mens kan maak pas op die rsa?
of moet 'n mens 'n blank stock kry?
myne het nog nie vol hout, bo en onder loop.
Re: 7.62 vrystaat kolf
Posted: Sat Dec 29, 2012 5:59 pm
by Hein M.
Cas
Armtec maak sintetiese kolwe wat spesifiek vir die RSA pas, soos jy op hul webblad kan sien.
http://www.armtec.co.za/product.html
Praat nou die dag met Erwee Basson op Vredendal en hy is van mening dat hierdie kolwe minder probleme met akkuraatheid gee as houtkolwe... Boyds se thumbhole-kolwe is hopeloos te groot vir my hande. Jy moet kloue he om die sneller lekker by te kom...
Ek kyk ook uit vir iets vir my Plank - vir die toekoms... Is nou te arm...
Kyk hierdie beauties:
[img width=560 height=179]
http://i936.photobucket.com/albums/ad20 ... bc17d0.jpg[/img]
[img width=560 height=188]
http://i936.photobucket.com/albums/ad20 ... 932ac2.jpg[/img]
Ek soek so 'n rollover vir 'n linkshandige. Gaan 'n plaas se prys kos...
Mooiloop!
Hein M
Re: 7.62 vrystaat kolf
Posted: Sat Dec 29, 2012 6:46 pm
by cassie_calvinia
hel hein
dis vrek mooi!
sal bietjie luister by daai manne.
dankie!
Re: 7.62 vrystaat kolf
Posted: Wed Jan 02, 2013 10:58 pm
by Daan Els
Stem saam, dit is uiters mooi hout. Ons moet onthou dat hout reageer op klimaatstoestande en sinteties natuurlik nie!
Daar is egter n klomp keuses wat besluite maar moeilik maak.
Groete
Daan