Page 1 of 1
BOSLUISKOORS
Posted: Tue Jan 01, 2013 3:27 pm
by johans
my hond het bosluiskoors,ek het hom berenil gespuit maar hy word nie regtig beter nie.so dalk is dit bosluisbytkoors.het iemand dalk n boere raad?lewer het ek ook al gegee
Re: BOSLUISKOORS
Posted: Tue Jan 01, 2013 3:31 pm
by Jakkalsgat
Blousel en melk saam met half disprin
Re: BOSLUISKOORS
Posted: Tue Jan 01, 2013 3:33 pm
by vlakvark1
Jakkalsgat wrote:
Blousel en melk saam met half disprin
Ja hy werk het hom al baie gegee vir honde
Re: BOSLUISKOORS
Posted: Tue Jan 01, 2013 4:07 pm
by johans
o.k dankie maar wat is blousel
Re: BOSLUISKOORS
Posted: Tue Jan 01, 2013 4:43 pm
by Jakkalsgat
Johans
Blousel het die oumense onder anderre gebruik voor Jik daar was om hul wit goed wit te maak.
Groete
Jaco
Re: BOSLUISKOORS
Posted: Tue Jan 01, 2013 5:29 pm
by WingsandThings
die regte naam daarvoor is rickets blue. Maar julle manne sal dit nou ni weet ni

Re: BOSLUISKOORS
Posted: Tue Jan 01, 2013 5:47 pm
by johans
dankie manne ek waardeer,die veearts se hy weet nie wie die rou lewer storie uitgedink het nie ma dis poef
Re: BOSLUISKOORS
Posted: Tue Jan 01, 2013 7:44 pm
by vlakvark1
''Phenimadine'' werk ook kry by veearts
Re: BOSLUISKOORS
Posted: Thu Jan 03, 2013 8:43 am
by Johan22
johans wrote:
dankie manne ek waardeer,die veearts se hy weet nie wie die rou lewer storie uitgedink het nie ma dis poef
Die rou lewer in vir katgriep. Glo die yster in die lewer wat die ding doen so hoor ek
Groete
Johan22
Re: BOSLUISKOORS
Posted: Thu Jan 03, 2013 9:00 am
by ROBBIE1
vlakvark het die regte een daar beet, die veearts gaan dit dalk nie vir jou gee nie (jou hond gaan verseker gesond word en dan maak hy nie geld nie), dan kry jy dit sommer by die apteek. Meng sommer n eetlepel sout en 2 eetlepels suiker met n 1lt water, laat woef baie water drink, as hy nie wil nie, gooi maar in sy keel, hulle vrek van dehidrasie ook.
Re: BOSLUISKOORS
Posted: Sun Jan 06, 2013 6:41 pm
by 222
Kry Forray 65 werk die heel beste en mens kan hom n opvolg-spuit gee as hy nog nie wel lyk nie.
Re: BOSLUISKOORS
Posted: Thu Apr 06, 2017 3:17 pm
by Sterkgrond
Wou graag weet, waar sou mens in ons tyd "blousel" kry deesdae?
Sal mens kan gewone jik gebruik?
Re: BOSLUISKOORS
Posted: Thu Apr 06, 2017 3:21 pm
by PWV
Min hoop as dit bosluisbytkoors is. Het selfs 'n bloedoortapping probeer, maar was onsuksesvol.
Re: BOSLUISKOORS
Posted: Thu Apr 06, 2017 9:46 pm
by Plaashaas
Sterkgrond wrote:Wou graag weet, waar sou mens in ons tyd "blousel" kry deesdae?
Sal mens kan gewone jik gebruik?
Koop by veearts of apteek. Trypan Blue. Moet verkieslik IV toegedien word maar SC kan werk as jy hom vroeg vang. Drip is n moet.
Re: BOSLUISKOORS
Posted: Fri Apr 07, 2017 10:34 am
by Sterkgrond
Maak so, dankie