Page 1 of 1

Kook Olie

Posted: Fri Jan 04, 2013 8:23 am
by Mars67
Hier is 'n goeie Boereraad wat ek lankal êrens raakgelees het. Dikwels as mens kamp (ten minste gebeur dit met my) eindig ek op met vuil olie of ghries besmeerde hande. Mens stop mos maar en help die ouens of iemand se Jennie pak op in Moz ens.

Smeer net bietjie kook olie aan jou olie hande en dit kom beter af as met die meeste hand reinigers. Veral daardie taai vuil ou olie wat aan enjin blokke ens. vassit wat so sukkel om af te kom. Dan droog ek dit af op 'n stuk koerant of 'n lap en was dan my hande met gewone seep.

Werk soos 'n bom!

Re: Kook Olie

Posted: Fri Jan 04, 2013 9:09 am
by THOMAST
Dit gaan ek onthou, dankie!

Re: Kook Olie

Posted: Fri Jan 04, 2013 11:38 pm
by theedge
Dankie moet die een n try gee en onthou dankie

Re: Kook Olie

Posted: Sat Jan 05, 2013 7:31 am
by smitjs
Kookolie is ook uitstekende medisyne vir slym op die bors.
Sommige mense het 'n weersin daar in, maar dit het nie werklik smaak nie.
Moenie dit insluk nie, spoel dit net deur jou tande heen en weer. Dit word 'n wit skuim, en trek die gif uit.
Spuug dit dan uit. Soek vir "oil pulling" op die internet. Ek kan bevestig dat dit werk.
Groete
Johan Smit

Re: Kook Olie

Posted: Sat Jan 05, 2013 7:50 am
by Dawie D
Mars67

Ek sal dit bietjie probeer volgende keer, dit klink na n handige plan.

Ns: As ek so aflui ry jy seker n Landrover, so jy is gewoond aan olie kole en lekke :angel: ;D

Groete Dawie

Re: Kook Olie

Posted: Sat Jan 05, 2013 8:13 am
by Johan22
Ja as jy naby ATF dit is die olie wat in jou voertuig se steering sisteem is dit werk net so mooi as jy remme of disc brakes vervang het. Smeer aan jou hande en vee af en was met sunlite seep maak mooi skoon en sag ook.

Groete
Johan22

Re: Kook Olie

Posted: Sat Jan 05, 2013 1:01 pm
by immelmanw
Johan22 wrote: Ja as jy naby ATF dit is die olie wat in jou voertuig se steering sisteem is dit werk net so mooi as jy remme of disc brakes vervang het. Smeer aan jou hande en vee af en was met sunlite seep maak mooi skoon en sag ook.

Groete
Johan22
Nog beter, vir al die manne wat vleiswerk, karre werk en wie se hande baie vuil en skurf raak!

Vat kookolie gooi in jou hande, gooi dan bietjie suiker by die kookolie, skrop hande.........
Was af met warmwater en sunlight liquid..........
Jou hande sal sagter en skooner as die sagste sag wees wat julle nog gevoel het (yip, nog gevoel het....)

Probeer dit en laat weet!

Re: Kook Olie

Posted: Mon Jan 07, 2013 9:52 am
by Mars67
Dawie D wrote: Mars67

Ek sal dit bietjie probeer volgende keer, dit klink na n handige plan.

Ns: As ek so aflui ry jy seker n Landrover, so jy is gewoond aan olie kole en lekke :angel: ;D

Groete Dawie
Goeie een Dawie.  ;D Nee ek ry 'n Hilux. Ek is een van daardie suckers wat nie by die manne in die landies kan verby ry nie. - Behalwe een keer en dit was 'n man met 'n Range Rover wat hom op 'n manier in die warm sand ingewoel gekry het. Ek het gereken as hy so 'n kar ry en hy sit so daar is dit omdat hy wil.

O ja en my besigheid se bakkie is 'n Isuzu!  :laugh:

Re: Kook Olie

Posted: Mon Jan 07, 2013 9:57 am
by Mars67
Nog een wat die meeste manne seker ken. As jy sukkel om jou kampvuurtjie aan die brand te kry met klammerige houtjies kan jy net so 'n bietjie kookolie oor gooi.