Page 1 of 1

My seun se eerste mossie

Posted: Sun Jan 06, 2013 12:58 pm
by Spanner
Kêrels, waar ek hier sit en tik kan ek nie ophou glimlag nie.  My vyf jarige seun het gister sy eerste mossie met my windbuks geskiet.  Daai uitdrukking op sy gesig toe die skoot klap en die bondel vere op die grasperk bly lê, terwyl die ander mossies wegvlieg, was absoluut wonderlik !  Dit was ‘n mengsel  van absolute skok, groot verbasing, opgewondenheid en baie trots.

Ons oefen al geruime tyd met my Gamo CF30, maar die kannetjie is nog hopeloos te klein om die geweer reg te kan vashou (hy is net-net langer as die windbuks).  Ek het baie teikens al opgesit en hy het geduldig prober om die raad te absorbeer en toe te pas.  Die teiken skiet het nie goed begin, of verloop nie.  Dit is bloot te vervelig om na papier te skiet wat nie reageer nie !  Ek het begin om ysblokkies op die gras te pak sodat hy kan sien as hy raak skiet.  Dit het die regte uitwerking gehad.  Nadat hy gesien het hoe die ys in stukke spat elke keer as ek dit getref het, het hy begin om te konsentreer om dit ook reg te kry.  En sy mogge-troffe  manier om die lang geweer vas te hou het begin werk.  Hy het met elke ysblok wat in stukke spat, meer selfvertroue begin kry en was meer vasberade om sy skote te maak tel.  Op die ingewing van die oomblik het ek hom geroep toe daar weer ‘n swerm mossies op die grasperk gaan sit het.  Hy het so gebewe toe ek die windbuks in sy hand stop en hom help om aan te lê…  Na die skoot het hy amper die windbuks van hom af weg gegooi asof die ding warm was, in sy haas om die mossie te gaan optel voor my twee Jack Russels om die hoek storm en dit verorber !  Ons het ‘n foto geneem, en hy het dadelik vir Oupa gebel om die groot nuus te vertel !

Image


Dit het my laat dink aan my eie ervaring toe ek my eerste voël geskiet het toe ek so rapsie groter as Ruben was.  Ek het steeds daai ou BSF windbuks.  Ek onthou dit so duidelik asof dit gister was !  Ek is baie dankbaar dat my seun en familie my passie vir skiet kan deel. 

Image

Ek het onthou dat ek nog êrens daai foto het, en het dit gaan soek !  Die foto is 32 jaar oud, ek was ses gewees.

Spanner

Re: My seun se eerste mossie

Posted: Sun Jan 06, 2013 1:08 pm
by vlakvark1
Geluk spanner sê vir die jongman ook geluk
Ja dit is darem n groot vreugde vir n pa as sy seun in die voetspore volg. Waar bêre jy n foto so lank dat hy nie wegraak nie

Re: My seun se eerste mossie

Posted: Sun Jan 06, 2013 1:09 pm
by James Wilson
Geluk ou maat, maar ek is bevrees jou moeilikheid is nou geboek

Re: My seun se eerste mossie

Posted: Sun Jan 06, 2013 2:18 pm
by Frederik
Baie geluk my seun Aaron 7 het die vakansie sy eerste aap, vink en duif geskiet weeet hoe jy voel.

Re: My seun se eerste mossie

Posted: Sun Jan 06, 2013 4:57 pm
by Marc
Baie geluk, "like father, like son" voëls van enerse vere  ;D

Ek het ook so begin, wat 'n vooreg dat ons kinders dit ook mag deel

Re: My seun se eerste mossie

Posted: Sun Jan 06, 2013 5:32 pm
by prohunt
Baie mooi en geluk Spanner. Dis darem maar 'n voorreg!!!

Groetnis
Johan

Re: My seun se eerste mossie

Posted: Sun Jan 06, 2013 5:56 pm
by Sam Kelbrick
Baie geluk, Spanner. Ek kan net dink hoe trots jy gaan wees as hy sy eerste bok skiet.

Re: My seun se eerste mossie

Posted: Mon Jan 07, 2013 8:14 am
by Spanner
Dankie kêrels.  Ja, dis net 'n mossie, maar vir die knapie is dit 'n groot ding en ek geniet dit om hom so opgewonde te sien.  My ma het 'n klomp skoenbokse vol fotos wat sy getrou gehou het, en die ou fototjie van my was gelukkig daar bewaar.  Ruben is vreeslik trots dat hy op 'n jonger ouderdom as ek sy eerste voël kon skiet - dit beteken vir hom baie. 

Ek het nooit kon dink dat ons so opgewonde kan raak oor een ou mossie nie ...  Hy beplan klaar sy opgradering na Kransduif, Fisant en Tarrentaal !  Hy kan nou oor niks anders praat nie, hy maak die huishouding mal ! 

Re: My seun se eerste mossie

Posted: Mon Jan 07, 2013 2:30 pm
by PITSMIT
pragtig spanner  dis great man  se die kleinman geluk daar  dis die begin van groot dinge vir hom  pa voel darm baie trots daar as so eerste gebeur

nou moet hy nog net hulle leer skoonmaak en bak op die vuur hehehe  koningskos vir n laaitie

Re: My seun se eerste mossie

Posted: Mon Jan 07, 2013 4:38 pm
by johnny
Baie mooi klein spanner , bou so voort.

groetnis

Johnny

Re: My seun se eerste mossie

Posted: Tue Jan 08, 2013 8:08 am
by marno
Aitsa baie geluk aan die jong man en aan pa!!

Dit was verseker vir hom die begin van groot dinge!!

Ek het die vakansie my seuntjie 'n skoot met die .22 laat skiet.  Hy word sondag 2 jaar oud so nog nie regtig 'n begrip van als nie.  Hy weet hoe om die gewere al reg vas te hou en wat die sneller is.  Ek het vir hom help vashou en sommer op 'n groot drom die sneller laat trek.  Daai smile was al klaar genoeg en al wat hy gese het was "nog pappa nog". 

So hopelik kan ek oor so paar jaar ook foto opsit van die mannetjie se eerste "kill"

Re: My seun se eerste mossie

Posted: Tue Jan 08, 2013 10:37 am
by Spanner
Ja manne, ons moet hulle vroeg al reg leer - dit hou hulle voor die TV en games weg.  En as ons eeeeendag te oud is om self te gaan jag, kan ons altyd staat maak dat daar biltong by hulle huis gaan wees !  ;D