Page 1 of 1
Vlakvark tande - hoe gemaak ?
Posted: Thu Jul 15, 2010 7:24 pm
by Spanner
Ek het 'n paar vark tande wat ek wil skoonmaak en vassit op 'n stukkie hout. Ek het die snoet afgesaag en skoongesny van al die vleis en gemors. Die vraag is nou, wat maak ek nou met die snoet om dit skoon te kry ? Party ouens s? ek moet die snoet kook maar ander s? die tande gaan kraak ! Ek is nie vreeslik haastig nie en kan seker die ding net op die dak gooi en die natuur sy gang laat gaan, maar ek wil tog iets doen met die snoet ! Hoe kry ek die snoet (been en tande) skoon sonder om die tande te beskadig sodat ek dit kan bleik met peroksied ?
Re: Vlakvark tande - hoe gemaak ?
Posted: Thu Jul 15, 2010 7:39 pm
by tafjak
Moersleutel
Die vraag is nou, wat maak ek nou met die snoet om dit skoon te kry ?
.. gee vir ou hond, die lek dit sommer skoon.
Re: Vlakvark tande - hoe gemaak ?
Posted: Thu Jul 15, 2010 7:48 pm
by Beyers
Re: Vlakvark tande - hoe gemaak ?
Posted: Thu Jul 15, 2010 8:23 pm
by Mac
as jy nie te erg wil aangaan,kyk hierso.
Taffie, as ek so iets vir Nick gee, kry ek niks terug nie.
http://ag.arizona.edu/pubs/natresources/az1144.pdf
Re: Vlakvark tande - hoe gemaak ?
Posted: Thu Jul 15, 2010 9:19 pm
by tafjak
Mac
Ja, Nick sal hom gaan wegsteek en sal sorg dat niemand weet waar nie.
Mooiloop
Re: Vlakvark tande - hoe gemaak ?
Posted: Thu Jul 15, 2010 9:35 pm
by Spanner
Die hond-gee ding het my duur te staan gekom so twee jaar terug. Wel, my Jack Russels het hulle self gehelp aan my vark snoet in die garage, ek het dit nie vir hulle gegee nie, maar hulle het die snoet-been opgevreet tot die tande uitval en die agterkante van die tande so fyn gekou en in stukkies gebyt dat die tande 2 duim korter was ! Miskien moet ek die snoet vir buurman se poedel gee - die is 'n stoepkakkertjie en sal dit nie kan byt nie. Maar ek sweer daai gebroetsel is 'n vegatarieer want hy trek sy neus vir biltong op !
Thanx vir die links, dit word waardeer.
Re: Vlakvark tande - hoe gemaak ?
Posted: Thu Jul 15, 2010 9:56 pm
by Ambessa
Hallo Spanner
Spanner wrote:...is 'n vegatarieer ...
...kan nie wees nie?
Ambessa
Re: Vlakvark tande - hoe gemaak ?
Posted: Thu Jul 15, 2010 10:07 pm
by Spanner
Die gebroetsel word so opgepiep jy kan dit nie glo nie, hy bly in die huis maar word twee keer 'n week gebad en sy tande word geborsel ! Die brak is ongemaklik om oor die gras te hardloop - hy tel sy pote so hoog op hy lyk amper soos 'n wollerige skouperd. Hy k?f onophoudelik - ons het 'n wedersydse afkeur in mekaar. Hy is ook vrek bang vir 'n tuinslang nadat ek hom een keer nat gespuit het toe hy nie sy bek wou hou nie. My Jack Russels is gek oor 'n tuinslang, hulle kan hom nie uitlos as hy begin water spuit nie, probeer die "slang" doodbyt. My pa noem die brak 'n "converter" want al wat hy kan doen is ...hy convert kos in k_k !
Re: Vlakvark tande - hoe gemaak ?
Posted: Thu Jul 15, 2010 10:17 pm
by tafjak
Spanner
My pa noem die brak 'n "converter" want al wat hy kan doen is
.... ,my pa het hulle weer "skipper" genoem. "Skip" die stoep en doen sommer sy ding in die kombuis.
Re: Vlakvark tande - hoe gemaak ?
Posted: Thu Jul 15, 2010 10:17 pm
by Ambessa
Hallo Spanner
Ambessa wrote:Spanner wrote:...is 'n vegatarieer ...
...kan nie wees nie?
Ambessa
Re: Vlakvark tande - hoe gemaak ?
Posted: Fri Jul 16, 2010 8:21 am
by Cobus(Cobb)
Spanner, jy s? hy k?f onophoudelik - ons het 'n wedersydse afkeur in mekaar. Hy is ook vrek bang vir 'n tuinslang nadat ek hom een keer nat gespuit het toe hy nie sy bek wou hou nie.....
Eienaar van keffende brakke word nooit self wakker nie, wat jy doen is bel hom so tussen 2 en 3 in die oggend en s? vir hom daars 'n boef in sy tuin, want die hond gaan mal....
Oordosis adrenalien en gevoel-voel na skietding sal hom wakker hou tot opstaantyd...
Na die 3e of 4e aand van wakker bel, adrenalien en onnodig boewe soek, sal hy self sorg sy brak se bek bly toe
Dan kan jy weer lekker slaap en geen vyandskap sal tussen jou en buurman wees nie, hy sal nogal sy vrou vertel hoe oulik sy buurman(jy) is///ha ha
Re: Vlakvark tande - hoe gemaak ?
Posted: Fri Jul 16, 2010 5:19 pm
by hagar
cobb, "I like the way you think"!.
Sit die kop binne in n miershoop, die miere sal hom skoonmaak. Dan kan jy hom kook met n bietjie peroxide.
Ek het so n "rat terrier" hier, die ding is oulik maar is vrekbang vir alles, veral in die nag. Ek bly op n meer, en die paddas gaan tekere, en die meneer wil nie sy voete van die stoep afsit in die nag nie. Aan die ander kant is hy niks bang vir geweerskote nie, maar vuurwerke en donderweer gee hom die bibberasies!

Re: Vlakvark tande - hoe gemaak ?
Posted: Fri Jul 16, 2010 7:07 pm
by Spanner
Ek hou van die miershoop idee, ek dink dit kan werk, dankie.
Re: Vlakvark tande - hoe gemaak ?
Posted: Fri Jul 16, 2010 7:21 pm
by Mac
Ek hou van die miershoop idee,
Just remember that ants cannot clean grease or stains, and they do not remove any sinew or chitinous material. If you want to do a live clean, nature provides the perfect answer, and it is not ants. You also cannot boil HP, it has to be used at room temp or colder to be really effective.
Good luck,
Mac
Re: Vlakvark tande - hoe gemaak ?
Posted: Thu Oct 14, 2010 12:30 pm
by Stefan764
Middag maats
Hoe lank los n ou dan nou die gedoente in die miershoop? Ok n mier sal dam seker nie n stel enamel tande kan opvreet nie, maar wat van bok-horings? Kan n mier nie skade maak aan n stel horings as hulle klaar die safte vleisies verorber het nie? Vra mar net... Self lief vir trofee teen die muur, maar ek het myne nog altyd by my neef afgelai, hys n Taksidermis. Sal lekker wees as n ou dit self kan doen en nie 12 maande hoef the wag vir die "son-en-sinkdak" manier nie...
Groete
Stefan