Page 1 of 1
Weihrauch H97K. Is dit die moeite werd?
Posted: Fri Jan 11, 2013 12:29 pm
by Gawie(13mm)
Goeie dag manne en manninne.
Ek het gister by ons plaaslike geweersmous gaan inloer en daar vang my oog toe die gelamineerde kolf tussen die ander windroere.
'n Weihrauch H97K!
Hier is my dellema. Ek het 'n Hatsan Striker en 'n CZ200 PCP in die kluis.
Ek het besluit om albei te verkoop en die Weiruach aanteskaf.
Ek het op Weiruach se web-tuiste gekyk en volgens doe "specs" dink ek ons twee sal mooi regkom.
My vraag is. Het enige van julle manne so 'n roer en tot hoe ver kan 'n man akuraat lood gooi?
Nee ek kan nie net nog 'n geweer koop nie, want my vrou sal my skei. Ek moet vanjaar meer gebalanseerd omgaan met my tyd en geld.
Re: Weihrauch H97K. Is dit die moeite werd?
Posted: Fri Jan 11, 2013 12:37 pm
by Jean Marais
http://www.airgunshop.co.za/index.html
Gaan lees op die link. My Boet het so een. Al wat ek kan sê is dat dit 'n ongelooflike windbuks is, wat baie akkuraat skiet. Met my chrony - so 1200 fps
Re: Weihrauch H97K. Is dit die moeite werd?
Posted: Fri Jan 11, 2013 12:45 pm
by bex
Die HW97k is dit werd.
Die HW 97k het net baie keer bietjie te veel smeermiddels in as jy hom nuut koop en kan doen met n vinnige oopmaak en inspeksie.
Jy kan op
www.airrifle.co.za vir MZE kontak , hy voorsien ook die HW97K , en doen dan gratis daai inspeksie en "delube".
AS jy n geweer soek van dieselfde kwaliteit maar wat niks nodig het van die rak af nie kyk na die Air Arms TX200.
Die akuraatheid wat haalbaar is met beide die gewere is ongelooflik.
Re: Weihrauch H97K. Is dit die moeite werd?
Posted: Fri Jan 11, 2013 1:16 pm
by rakker
Ek het een en hy skiet baie akkuraat. Die geweer is redelik swaar. Ek het al gedink om myne te verkoop, ek werk oorsee en is lank van die huis af en skiet bitter min met die geweer. Ek dink nie daar is al eers 250 koeels deur die loop nie. PM my as jy belangstel.
Re: Weihrauch H97K. Is dit die moeite werd?
Posted: Fri Jan 11, 2013 1:22 pm
by JTM
Jip die 97K is 'n uitstekende luggeweer. Jy kan tot 'n wêreld FT kampioen word met dit.
Ek self het een gehad en soos Bex noem het myne te veel smeermiddels in gehad. Sodra dit 'n warm dag is of jy skiet baie op een slag begin die smeermiddels in kruip voor die piston seel en dan begin jy die "diesel" effek kry. Ek het myne self uitmekaar gehaal en skoon gemaak en net die regte hoeveelheid ghries ingesit soos en waar nodig. Dit help baie om die verrigting dan konstant te hou.
Die FT ouens skiet met hulle 97K's gemaklik en akkuraat uit tot op 50m. As jy eers daai skiet tegniek reg het sal die geweer jou bly beloon en veras met sy besonderse verrigting.
Re: Weihrauch H97K. Is dit die moeite werd?
Posted: Fri Jan 11, 2013 2:03 pm
by G-force
So ver as springers loop is die HW97!puik.Is dit n 4,5 of 5 of 5,5mm?Ek het die 5mm gehad.Goeie kwalitiet,swaar en akkuraat.MAAR ek sal liewers self met die CZ200 skiet.Daai springer is baie hold sensitive,maar hy kan jou skiet tegniek ook verbeter as jy hard oefen daaraan.Die pcp bly beter vir my...wat is jou hoof doel vir die geweer?
Re: Weihrauch H97K. Is dit die moeite werd?
Posted: Sat Jan 12, 2013 9:29 am
by LUAN
Jean Marais wrote:
http://www.airgunshop.co.za/index.html
Gaan lees op die link. My Boet het so een. Al wat ek kan sê is dat dit 'n ongelooflike windbuks is, wat baie akkuraat skiet. Met my chrony - so 1200 fps
Defnitief nie 1200fps. Hulle doen nie sommer meer as 800-850fps met 8.4gr pellets
Verkoop die hatsan hou die cz200 en koop die hw97. Dan het jy 2 oulike akkurate windbukse. My Tx200 het al groepe op 50m geskiet wat net ongelooflik is vir n windbuks. Hulle is baie akkuraat jy moet net weet hoe om hulle te skiet.
Re: Weihrauch H97K. Is dit die moeite werd?
Posted: Sat Jan 12, 2013 9:38 am
by Jaco Bezuidenhout
More
Die Weirauch h97k is def die moeite werd,ekt eers met n Gamo geskiet en hy was ook goed.Koop toe die 97k en kon nie glo hoe akkuraat hy is nie,op 20 tree skiet ek met JSB Matc Diabolo koeeltjies een gat van omtrent 5mm! Glo my, die bosduiwe en indian mynas weet van hom. Groete
Re: Weihrauch H97K. Is dit die moeite werd?
Posted: Sat Jan 12, 2013 9:47 am
by Gawie(13mm)
Dagsê manne. Dankie vir almal se terugvoer.
Ek het vir Rakker ge pm.
Ek het ongelukkig nie die finansies om nog 'n windbuks by tekoop nie al wil ek hoe graag.
Die CZ is ongelooflik, maar ek het nie my eie silender vir volmaak nie en die pomp storie laat my hartklop so opgaan dat ek nie 'n tien voet groep op vyf meter kan skiet nie.
Ek skiet hoofsaaklik kransduiwe en eekorings hier by die kelders en groot fabrieke in die Paarl.
Dws. pesbeheer.
Die CZ doen sy ding, maar kopskote op 25m is die norm en as die druk begin daal is dit soms ver loop terug bakkie toe om vol te maak.
Groete van huis tot huis.
Gawie
Re: Weihrauch H97K. Is dit die moeite werd?
Posted: Sat Jan 12, 2013 10:45 am
by LUAN
Ja die silinder storie is n probleem maar as die manne by die brandweer vir jou volmaak is dit lekker. Die pcp is net soveel makliker om ver akuraat te skiet en met n magasyn is dit net nog lekkerder om te skiet, die goed is net ongelooflik. Ek skiet die ander dag 2 witbors kraaie langs mekaar op 61m(gerange) albei nekskote.
Re: Weihrauch H97K. Is dit die moeite werd?
Posted: Thu Jan 24, 2013 8:37 pm
by vossie1
7mm gee my n lui as jy die cz200 wil verkoop asb 0845133544 ek weet nie of ek dit mag doen nie so soory by voorbaat
Re: Weihrauch H97K. Is dit die moeite werd?
Posted: Thu Jan 24, 2013 8:53 pm
by De beer
Ek het die Airarms s400 fac 5.5 mm. Manne die geweer skiet darm vir jou bitterlik lekker. Nou die dag op coligny n paar meerkatte geskiet. N laar was lekker ver maar hy het hulle gerol hoor. Moet se ek sal hom nie sommer verkoop nie.
Re: Weihrauch H97K. Is dit die moeite werd?
Posted: Thu Jan 24, 2013 11:01 pm
by BenG
Die HW97k is in my beskeie mening die beste windbuks wat met n spring werk wat nog ooit gemaak is. Skiet ten minste 200 skote per maand met myne.
Re: Weihrauch H97K. Is dit die moeite werd?
Posted: Fri Jan 25, 2013 7:51 am
by Gawie(13mm)
Dagsê manne.
Ja die silinder storie is my grootste probleem.
Die brandweer hier in die Paarl het my al gehelp, maar dit is 'n saak van gebed en die naaste ander volmaak plek is 60 km hiervandaan.
Dit lyk my ek en Rakker gaan regkom as hy in Maart terug is.
Ek probeer om die finansies bymekaar te skraap maar my naels is al in die lewe in stomp.(Enige iemand wat dringend kaste soek?)

Vossie, vra is vry. As ek die CZ wil smous sal ek jou kontak.
De beer, die lewe is nie regverdig nie en my vrou gaan my nie weer help om 'n skiet-yster tekoop nie. Die Howa het amper 18 jaar se getroude lewe opgedons.

BenG, ek hoor jou maat.
Groete van huis tot huis.
Re: Weihrauch H97K. Is dit die moeite werd?
Posted: Thu Jan 31, 2013 5:48 pm
by .20 Air Ranger
As jy weet wat jy met hom wil doen en aanvaar dat 5 raak skote op n enkele laai jou tevrede sal stel kan jy nie fout maak nie. Onthou om die nuweling te leer ken voor jy in die bos beland.
Re: Weihrauch H97K. Is dit die moeite werd?
Posted: Sun Jun 09, 2013 8:13 pm
by brianh
BenG wrote:Die HW97k is in my beskeie mening die beste windbuks wat met n spring werk wat nog ooit gemaak is. Skiet ten minste 200 skote per maand met myne.
Dis die waarheid daai!!
