Page 1 of 1
RSA enkelskoot sneller
Posted: Sun Jan 13, 2013 10:17 pm
by Charles.308
Hein,wanneer kry ons fotos van geweer upgrade? Is daar n verandering met die nuwe sneller teenoor die oue en wat se maak is die nuwe sneller? Ek het nog die ou musgrave sneller en is happy met hom,hy is better as die sneller wat op my .308 Bruno is-ZKK601(Hairtrigger)
Re: RSA enkelskoot sneller
Posted: Wed Jan 16, 2013 5:57 pm
by Daan Els
Die RSA sneller is ok as hy reg saamgestel was. Daar was uiteraard verskeie monteerders en net sommige het hom mooi verstaan, so jy het seker een van hulle gekry.
Daan
Re: RSA enkelskoot sneller
Posted: Wed Jan 16, 2013 6:07 pm
by tripodmvr
Daan Els wrote:
Die RSA sneller is ok as hy reg saamgestel was. Daar was uiteraard verskeie monteerders en net sommige het hom mooi verstaan, so jy het seker een van hulle gekry.
Daan
Ek het ook 'n RSA en sal graag wil weet wanneer is die sneller reg en wanneer nie?
Re: RSA enkelskoot sneller
Posted: Thu Jan 17, 2013 5:25 pm
by Daan Els
Hallo Tripod of soos ek sien die manne se "driepoot"
Die Musgrave sneller is tipies van daardie era waar CNC masjineering nie bestaan het nie. Die sneller konsep of ontwerp is egter puik. Die onderdele in die sneller is almal gietstukke met hier en daar n growwe en haak plekkie. Jy kan hom uitmekaarhaal en al die bewegende dele liggies poleer totdat dit lekker glad beweeg. Die glipnok of "sear" bo-op die sneller asook die bo-kant van die sneller is krities kontak punte en wrywingsvlakke. Hierdie vlakke was selde perfek en dit het veroorsaak dat die sneller nie altyd dieselfde "breek" of "glip" nie. Met moeite kan jy bv n swart "coukie"?? pen gebruik om die oppervlakkes se raakvlakke te bepaal wat n aanduiding sal wees oor hoe die raakvlakke op mekaar le en beweeg.
Maak ook seker dat jou glipnok se haakvlak aan die cockingpiece (slagpen) haaks koppel en dat daar nie enige obstruksie plaasvind nie.
Die volgende intervlakke speel die hoofrolle in die werking van n sneller.
1. Die vrylike beweging van die sneller en glipnok. Geen onnodige sywaartse spelings of haakplekke nie.
2. Die kontakvlakke van die glipnok bo-op die sneller, lekker glad en geen haakplekke.
3. Die oppervlakke van die glipnok waar hy aan die slagpen haak, weereens, lekker glad en haaks.
Die Musgrave sneller kan met TLC werklik n juweel wees.
2lb breekslag was algemeen.
Groete
Daan
Re: RSA enkelskoot sneller
Posted: Thu Jan 17, 2013 10:00 pm
by Hein M.
Charles.308 wrote:
Hein,wanneer kry ons fotos van geweer upgrade? Is daar n verandering met die nuwe sneller teenoor die oue en wat se maak is die nuwe sneller? Ek het nog die ou musgrave sneller en is happy met hom,hy is better as die sneller wat op my .308 Bruno is-ZKK601(Hairtrigger)
Hallo Charles
Jammer vir die no-show die afgelope paar dae. Kom nie by die forum uit nie...
Die rede hoekom ek aan die sneller laat werk is omdat hy baie swaar trek. Die smid doen presies wat Daan hierbo beskryf - en hy het het baie ervaring daarmee. Die RSA se sneller is goed genoeg en ek gaan nie R800+ spandeer op 'n ander sneller nie. Ek haat ook hairtriggers - is te gevaarlik met my lomp vingers...
Ek gaan haal die geweer binnekort en sal beslis 'n paar foto's opsit. Ek het al 60 patrone - met verskillende ladings gelaai

en kan nie meer wag om lood te gooi nie.
Mooiloop!
Hein
NS! Mensig Daan. Jy MOET jou kennis op skrif begin sit. Jy is lewende Africana.
Re: RSA enkelskoot sneller
Posted: Fri Jan 18, 2013 5:17 am
by tripodmvr
Daan Els
Dankie vir raad om die sneller mooi glad te kry. Sal 'n bietjie 'n hand op my 243 moet lê.
Re: RSA enkelskoot sneller
Posted: Sat Feb 02, 2013 11:43 am
by Daan Els
Stem saam met Hein, jy kan met bietjie moeite n lekker "skoon breek" sneller he.
Groete
Daan