Page 1 of 1

Musgrave navraag

Posted: Mon Jan 14, 2013 3:35 pm
by HJA
Hallo daar,

My 243 Win het die volgende op sy loop. R80030.
Dit is 'n musgrave. Geen korrel of visier op gehad nie.
Gladde loop kon net teleskoop monteer.
Dit is al inligting wat ek gekry het vanaf die geweer.

Dankie
Henk

Re: Musgrave navraag

Posted: Mon Jan 14, 2013 4:53 pm
by James Wilson
Staan daar musgrave and son? Of net Musgrave op die geweer?  Watse slot het die geweer?

Re: Musgrave navraag

Posted: Tue Jan 15, 2013 1:55 pm
by HJA
James,

Daar staan net Musgrave op. Die safe sit ook nie op die slot nie maar
agter aan die regter kant. Het al gehoor manne praat van 'n Santa Barbara aksie.

Groetnis
Henk

Re: Musgrave navraag

Posted: Wed Jan 16, 2013 5:55 pm
by Daan Els
Hi Henk, Jy is reg, dit is n SB aksie wat ons gebruik het in die oorgangsfase tussen die Vrystaat en Mod 80. Puik aksie & lekker akkuraat!
Groete,
Daan

Re: Musgrave navraag

Posted: Thu Jan 17, 2013 11:54 am
by HJA
Hallo daar,

Bietjie meer inligting oor die sekere geweer asseblief.
Enige inligtin sal welkom wees. Bv. akkuraatheid, enige negatiewe terugvoering.
Die geweer het 'n besondere lang freebore.

Dankie
Henk

Re: Musgrave navraag

Posted: Thu Jan 17, 2013 5:05 pm
by Daan Els
Die geweer is normaalweg baie akkuraat en ek weet nie van enige negatiewe aspekte op die wapens. As die geweer mooi groepeer, vergeet van al die tegniese aspekte, indien die wapen wel swak presteer, kyk dan na die verskeie faktore.
Groete
Daan