Page 1 of 1

2 gemsbokke en 2 kudu's gesoek in die Noord kaap

Posted: Fri Jan 25, 2013 9:48 am
by Smirre
More
"n maat van my is na bg opsoek die winter

Laat weet maar

Re: 2 gemsbokke en 2 kudu's gesoek in die Noord kaap

Posted: Fri Jan 25, 2013 10:40 am
by Jakkalsgat
Andre

Is dit vir George en Abre? Gemsbokke is skaars in Noordkaap die jaar, ek is besig met klomp maar probeer vir CF ek weet hy laat elke jaar Gemsbokke skiet.

Redelik beskikbaar daar na Ashkam se kant toe.

Groete
Jaco

Re: 2 gemsbokke en 2 kudu's gesoek in die Noord kaap

Posted: Fri Jan 25, 2013 11:41 am
by Smirre
Nee en JA
Dis George en sy 2 seuns

Re: 2 gemsbokke en 2 kudu's gesoek in die Noord kaap

Posted: Fri Jan 25, 2013 11:43 am
by Jean Marais
Is BritsTown Noordkaap genoeg?

Re: 2 gemsbokke en 2 kudu's gesoek in die Noord kaap

Posted: Fri Jan 25, 2013 11:53 am
by Smirre
Altyd gedog Britstown is die Hoofstad van die Noord Kaap

PM my jou Detail asb

Re: 2 gemsbokke en 2 kudu's gesoek in die Noord kaap

Posted: Fri Jan 25, 2013 1:37 pm
by Herman Venter
Praat biki hardop dat ons Noord kaap manne ook kan sien? :P

Re: 2 gemsbokke en 2 kudu's gesoek in die Noord kaap

Posted: Fri Jan 25, 2013 1:46 pm
by Jean Marais
Herman

Dis net 'n kontak waarvan ek weet in die Britstown Rooipoort omgewing. Het nog nie self daar gejag nie. Oorweeg om die jaar daar 'n paar springbokke te gaan jag.

Ek het sy details op die BASA webblad raakgelees, en sy pryse die jaar is dieselde as laasjaar s'n.

Hier is die link: http://www.bigbore.org/index.php?option ... 7&Itemid=0

Re: 2 gemsbokke en 2 kudu's gesoek in die Noord kaap

Posted: Fri Jan 25, 2013 2:21 pm
by Herman Venter
Ai dit is vir my so sleg dat die mense min 6 jagters soek ! Baie plekke verwag dit en dit maak dat ek hulle nie kan gebruik nie! Waar moet ek nou nog 5 ander jagters kry?

Die man se pryse lyk rerig nie sleg nie! Sal dit darm geniet!

Groete
Herman

Re: 2 gemsbokke en 2 kudu's gesoek in die Noord kaap

Posted: Fri Jan 25, 2013 3:18 pm
by Eugene
Herman, praat eers met die man. Ek sien deesdae elke advertensie het dit in en ek bel maar altyd en sê ons kan 6 jagters kom wat elkeen 'n rooibokooi skiet of ons is net twee en ons skiet groot. Nog nooit iemand gehad wat nee sê nie. Die boere is maar net altyd bang daar kom twee manne wat elkeen 'n springbok skiet en dan die res van die week vakansie hou....

Re: 2 gemsbokke en 2 kudu's gesoek in die Noord kaap

Posted: Fri Jan 25, 2013 6:42 pm
by Herman Venter
Want ek kan 2 van ons kry wat 'n pakket sal skiet maar moet maar die oom bel en vra.

Dankie