Page 1 of 1
Die 60'' koedoe van die rotshengelaar
Posted: Sat Jul 24, 2010 11:55 pm
by Nico de Jager
Jis Manne
Ken julle MYL 108'ers die vis?

Re: Die 60'' koedoe van die rotshengelaar
Posted: Sun Jul 25, 2010 9:39 am
by AndreW
Ja Ribok,Dis net mense wat van ons mooi wereld af kom wat daai klas vis ken.Jy moet slag in
die Bokkeveld kom kuier.
AndreW
Re: Die 60'' koedoe van die rotshengelaar
Posted: Sun Jul 25, 2010 12:33 pm
by Biker
Hye Ribbok
Waar kry jy nog van hulle van die kant af

Dit het ek jaaaaaare laas gasien.
Mooi man en hulle kan baklei
Biker
Re: Die 60'' koedoe van die rotshengelaar
Posted: Sun Jul 25, 2010 12:36 pm
by Rooies
Ribbok
Waar het jy daai mooi poensie raakgeloop?? vertel bietjie
rooies
Re: Die 60'' koedoe van die rotshengelaar
Posted: Sun Jul 25, 2010 6:42 pm
by Nico de Jager
Jis Manne
Ek het hom tussen Blombos en Jongensfontein gevang, hy het 18 kg geweeg. Ons kry hulle nog gereeld aan maar om hom uit te kry is n ander storie. Jy moet swaar hengel- ek gebruik 29 kg Maxima, n 10/0 hoek en groot aas soos heel seekatkop of heel strepie.
Groete
Re: Die 60'' koedoe van die rotshengelaar
Posted: Sun Jul 25, 2010 6:52 pm
by Biker
Ribbok wrote:
Jis Manne
Ek het hom tussen Blombos en Jongensfontein gevang,
Jammer weet nog nie waar dit is nie

Suid Kaap

Re: Die 60'' koedoe van die rotshengelaar
Posted: Sun Jul 25, 2010 6:55 pm
by Nico de Jager
Jammer Biker
Dis in die Suidkaap so ongeveer 90km wes van Mosselbaai. Jy moet beslis hier n draai kom maak as jy nog nie hier was nie!
Groete
Re: Die 60'' koedoe van die rotshengelaar
Posted: Mon Jul 26, 2010 1:06 pm
by Ponkie
Ribbok
Jammer as ek verkeerd is, maar die man op die foto lyk op 'n druppel net soos Oom Nico de Jager van Suid Kaap Jagters???
Groete
Ponkie
Re: Die 60'' koedoe van die rotshengelaar
Posted: Mon Jul 26, 2010 3:40 pm
by hagar
My Amerikaanse vrou was beindruk! Ek het haar ontmoet toe sy vir haar niggie in Arizona kom kuier het, en n visstok saamgebring het. Sy wil weet watse vis dit is.
Re: Die 60'' koedoe van die rotshengelaar
Posted: Mon Jul 26, 2010 10:19 pm
by Nico de Jager
Hello Hagar
Dit is n Cymatoceps nasutus of Bloustomkop\Poenskop\Swart Mosselkraker. Hy kom op diep riwwe voor en is geweldig sterk, as jy hom haak swem hy agter n rif of in n grot in. Hy kom nie meer so algemeen voor soos voorheen nie maar is ook nie so skaars soos beweer word nie, hy word net min geland. In sy onvolwasse staduim word hy deur vakansiegangers verwar met ander spesies en beland baie ongelukkig in die pan.
Ponkie,
ek kon nie verstaan wat reply jy op n visfoto nie, toe onthou ek die onderwerp van die plasing! Ek hou jou en kleinboet al lankal dop op die forum, groete vir Pappabeer.
Re: Die 60'' koedoe van die rotshengelaar
Posted: Wed Jul 28, 2010 9:56 am
by Ponkie
Oom Nico
Ek wou darem se daai man ken ek! Ek het twee weke terug my eerste ram by Piet Lotz hulle geskiet. Die foto van die ram is ook op die forum! Dis lekker om van Oom te hoor. Ons praat weer!
Groete
Ponkie
Re: Die 60'' koedoe van die rotshengelaar
Posted: Wed Oct 06, 2010 12:03 am
by Chucky
myl 108 is net die plek. . .