Page 1 of 2
Uitvoer veld slagpale
Posted: Mon Jul 26, 2010 10:39 pm
by Francois Marais
Manne
Aangesien hier nog nie veel gese was op die topic nie het ek gednk ek gaan ma n paar fotos opsit v/d slagpale wat ons in die veld gebruik om die uitvoer Springbokke op te veldslag.

Hier hang die slagpale omtrent vol, so 150 Springbokke

Hier kan gesien word hoe goed die slagpale ingerig is, volgens EU voorskrifte, warm lopende water, seep dispencers, mes slyper, drukpompie. Daar mag egter GEEN water op die bokke kom nie, en die drukpomp word net gebruik om die vloer skoon te hou.

Hier kan gesien word die hele slagpale is op n ou botterkop Mercedes lorry gebou, is maklik om op en af te slaan en is baie beweeglik.

Van die oeskarre, ou Safari en n Uri, en Krummel.

Nog Springbokke oppi slagpale.

My Cruiser met n paar bokke op, nogal n mooi ram heel voor.
Gaan een van die dae weer uit en sal nog npaar fotos neem en kom las.
Mooi loop
Francois
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Mon Jul 26, 2010 10:52 pm
by Izak H
Hallo Francois,
Hoe lyk die gewigte daar by julle van die bokke ? Ramme, ooie, gemiddeld, ens. ? Net vir interessantheid om te vergelyk.
Die opset lyk goed ingerig en dit maak die werk net soveel makliker vir almal.
Groete Izak
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Mon Jul 26, 2010 10:57 pm
by .220 Swift
Very impressive
Die slagpale ...en daai Kalahari bokke !
.220 Swift
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Mon Jul 26, 2010 11:08 pm
by Francois Marais
Izak
Vir die uitvoer mark mag daar slegs bokke swaarder as 14 kg in die koeler trok gelaai word, in die verlede was dit 12kg. Ek het nie vir jou aparte gewigte nie, maar die gemiddeldes gaan so 18-18.5kg, neem egter in ag dat daar omtrent 40-45% jonger bokke ook geskiet word. Net volwasse bokke sal in die 20kg gemiddeld weeg. As ek moet raai oor die duim, ramme 25-30kg, hier en daar n swaarder een, ooie 22-26kg, jongbokke so 14-18kg.
Swift
Thanks, sal weer n paar fotos neem en ook kom las.
Mooi loop
Francois
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Mon Jul 26, 2010 11:16 pm
by Raven
Francois ou maat,
Jy mag maar, dit lyk sommer baie profesioneel
Norton
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Tue Jul 27, 2010 5:53 am
by NICO
Francois
Dit lyk mos sommer reg as mens soo na die opset kyk. Baie profesioneel.
Nico
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Tue Jul 27, 2010 9:22 am
by Francois Marais
Manne
Baie dankie, maar alle prysings moet gaan aan Werdus Smit van Koes, een van die seuns van oom Ewert, die manne wat die Uris bou. Hy het die hele ding aanmekaar gesit.
Mooi loop
Francois
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Tue Jul 27, 2010 9:47 am
by Raven
Francois,
Ek wonder nou net, ek het die bokke mooi bekyk en sien geen bladskote nie, het jy alweer jou 308 by die huis vergeet???
Raves
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Tue Jul 27, 2010 9:49 am
by Taylor
FM
Daai lyk Soos iets wat nie regtig op verbeter kan word nie, baie geluk met so nice slagpale, dit lyk regtig super.
Se my, hoeveel mense skiet gewoonlik in julle spanne, en hoeveel bokke vat n koeltrok. Is daar nog n groot mark vir blesbokke ook?, ek weet hier by ons het hulle in die verlede honderde blesbokke ook geskiet.
Taylor
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Tue Jul 27, 2010 12:59 pm
by Freek
Franscois, lyk my jy is 'n yster as dit by tiepe van ding kom. Wel gedaan, daai patent lyk reg vir besigheid. As mens die werk oordentlik wil doen, het jy die regte gereedskap noodig... (punt)
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Tue Jul 27, 2010 2:25 pm
by Francois Marais
Raven
sien geen bladskote nie, het jy alweer jou 308 by die huis vergeet
Baie vroeg in my lewe al slim geraak, geweet iewers moes iemand ook moeg geraak het vir sukkel en aan n ander kaliber beginne werk het.
Taylor/Freek
Thanks man, soos ek gese het, nie my ontwerp nie, maar die man wat dit gedoen het, hy mag maar.
Mooi loop
Francois
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Tue Jul 27, 2010 2:29 pm
by KSV
FM,
Is een van die seuns se naam Frikkie?
Hein
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Tue Jul 27, 2010 2:51 pm
by Francois Marais
Hein
Ken net vir Werdus en Len.
Mooi loop
Francois
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Tue Jul 27, 2010 3:41 pm
by KSV
FM,
Dan is dit nou nie die mense wat ek aan gedink het nie.
Groete daar,
Hein
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Tue Jul 27, 2010 10:00 pm
by Agentkoos
FM
Het self vir n firma gewerk wat wild en volstruis uitgevoer het na die EU. Baie lekker opset wat jy daar het, die EU is baie vol nonsens en ons moes maar bontstaan voor inspeksies. As jy aan hulle standaarde voldoen moet jy weet dat jou opset van die beste is.
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Tue Jul 27, 2010 10:49 pm
by Korrel
So maak mens! Doen n ding reg of los dit. Wel gedaan julle Ko?s manne.
C
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Mon Aug 23, 2010 6:46 pm
by ELTIE
Francios
My mond hang oop! Probeer ook nou so ietsie hier in Natal, en is self besig om slagrame, tralies en n skietraam te probeer maak. Waardeer die foto's.
Groete
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Mon Aug 23, 2010 11:22 pm
by Francois Marais
Eltie
Laat weet as jy nog idees soek, ek het n klompie fotos van ander tipe slagrame ook, sal vi jou mail, asjy wil.
Mooi loop
Francois
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Tue Aug 24, 2010 11:16 pm
by ELTIE
Baie dankie Francois sal dit regtig waardeer. My e-mail is:
eltongross@yahoo.com
Groete
Elton
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Wed Aug 25, 2010 11:31 am
by Robert
Francois
Lyk na 'n plek wat werk.
'N oningeligte vraag:
Jy se daar mag nie water op die bokke kom nie

Word die bokke nie uitgespoel of gewas nie?
Gaan die bokke van daar na 'n slagpale waar dit verder geslag en verwerk word?
Robert
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Wed Aug 25, 2010 11:13 pm
by Francois Marais
Robert
Nee, die bokke word glad nie gewas, binne of buite nie, daar is te veel bakterie in plaas/dam/tenk water, bok se harslag en blaas/vetderm/anus word verwyder hier, ma bok se bors en eisbeen word nie oopgemaak nie, kan dan te maklik kontamineer.
Bokke moet binne 72 uur na geskiet in die slagpale (EU Gloedgekeur) afgeslag word.
Mooi loop
Francois
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Thu Aug 26, 2010 8:32 am
by JACQUES BOTHA
FM
Van die uitvoer bokke se borsbeen word oopgemaak hier by ons. Gebruik n elektriese saag wat by die kragopwekker ingeplug word. Daar is dan n beter oop area vir die inspekteur om mooi te sien as daar iets "gelek" het. Die saag se lem word na so paar keer weer deur die outoklaaf gesit om te steriliseer. Die beste is om 2 te he en dan te wissel tussen bokke om te steriliseer . Maar dis maar seker n persoonlike keuse of verkies die aankoper dalk dat die borsbeen nie gebreek moet word nie of gebreek moet word. Moet julle ook n inspekteur (vleis) op die site he of nie? Meeste van die jagspanne het self die inspeksie kursus geloop maar ek verneem deesdae moet daar n veerartseny man op die toneel wees soos n paar jaar terug?
Moet julle ook die plaasinspeksie laat doen ? EN so rukkie terug moes die hele span tot die ligter n gesondheids sertifikaat he om te bewys jy het nie van daai siektes wat kan verdwaal nie?
Groete
JB
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Thu Aug 26, 2010 12:36 pm
by Francois Marais
JB
Jong, jy is vol vragies vanmore.......
Die bors word oopgemaak, maar nie in die "Field Abbatoir" (FA) nie, maar by die slagpale waar die vel afgetrek word. Reken hulle het van daardie sae in die slagpale ook. Ons moes ook die kurus loop, en daar is n veearts wat spot checks maak inni veld. Plaasinspeksies word ook gedoen, en ja ons moet ook almal gesondheids sertifikate he, ligmanne en ek. Ons werk maar baie op die riglyne wat vir julle opgestel is, selle as met ons vuurwapen wet.........
Mooi loop
Francois
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Mon Oct 18, 2010 11:35 am
by Stefan764
Baie mooi opset Fransois!
Hoeveel vleis voer julle manne uit?
Sal jy dalk vir my ook n paar fotos kan email van julle slagrame? En as jy n paar het van julle skietrame sal ek dit baie waardeer.
stefan@thabile.co.za
Dankie!
Groete
Stefan
Re: Uitvoer veld slagpale
Posted: Wed Oct 20, 2010 11:09 am
by Francois Marais
Stefan
Ek weet nie regtig nie, het so 4500 Springbokke geskiet vir die EU mark die jaar, n koeltrok of twee (1200) SA toe en dan nog n paar wat binnelands verslag is.
Skietrame, bedoel jy wat aan/ op die bakkies is, en waraan die bokke hang?? Ek skiet sommer van agter die stuur uit.
Mooi loop
Francois