Page 1 of 1
1 persoon jag geleenthede
Posted: Thu Feb 07, 2013 9:16 pm
by uitenwaj
Is daar nog plase wat n persoon sal toelaat om net as 1 persoon te jag?
Ek doen een keer 'n jaar n gesins jag(ouers,susters etc) maar wil tussen dit ook jag aan gesien ek vir mense by die werk ook moet skiet. My vriende skiet glad nie en ek is die enigste een wat jag so dit is moeilik vir my om 4+ jagters te wees om te kan jag.
Dink julle dit sal die moeite werd wees om n enkel jagters hoekie te stig waar sulke jagters met mekaar kan praat om jag geleenthede te reel.
Re: 1 persoon jag geleenthede
Posted: Thu Feb 07, 2013 9:30 pm
by Heinf
Klink na n goeie idee . Ek kan ook dalk in so iets belangstel
Re: 1 persoon jag geleenthede
Posted: Thu Feb 07, 2013 10:43 pm
by Johan22
Ja dit kink na 'n baie goeie idee. Maar die pryse moet billik wees
Johan22
Re: 1 persoon jag geleenthede
Posted: Fri Feb 08, 2013 8:47 am
by Eugene
Uitenwaj, reel dit dalk sommer hier op die forum, daar is dalk baie ouens wat sal belangstel in so iets!
Dit maak my gat ook lam as 'n plaas min 4 jagters vereis. Dit is nie altyd moontlik om 4 pelle te kry wat dieselfde naweek kan gaan jag nie en ek is, na 'n paar lelike stelle wat ek afgetrap het, bang om saam met vreemde ouens te gaan skiet (selfs al is hulle pelle van pelle....)!
Re: 1 persoon jag geleenthede
Posted: Fri Feb 08, 2013 8:59 am
by WitWillem (Charl)
Stem .. ek is ook in ..
Re: 1 persoon jag geleenthede
Posted: Fri Feb 08, 2013 9:40 am
by uitenwaj
reg so manne, gaan dit probeer reel met fie forum en kyk of hulle so iets wil skep vir ons.
Re: 1 persoon jag geleenthede
Posted: Fri Feb 08, 2013 10:56 am
by ou Bles - Gert
Jy kan my ook laat weet stel ook belang
Re: 1 persoon jag geleenthede
Posted: Fri Feb 08, 2013 10:57 am
by ou Bles - Gert
Van waar is jy?
Re: 1 persoon jag geleenthede
Posted: Fri Feb 08, 2013 10:59 am
by uitenwaj
is van secunda in mp
Re: 1 persoon jag geleenthede
Posted: Fri Feb 08, 2013 10:59 am
by Chevvy SS
Maks 2. Ek wil altyd een bloedbroer saamvat, al skiet hy nie. 4 is a crowd.
Re: 1 persoon jag geleenthede
Posted: Fri Feb 08, 2013 1:44 pm
by MONTIE
Ek het 'n een persoon jag vir 'n week gedoen met Ian Hattingh van Hatting Safari's op Murraysburg in die Karoo. Was uitstekend. Probeer gerus .Verskeidenheid wild beskikbaar. Montie
Re: 1 persoon jag geleenthede
Posted: Fri Feb 08, 2013 1:47 pm
by MONTIE
O ja. Vergeet om te se maar my gesin was saam. Montie
Re: Jagmaats
Posted: Fri Feb 08, 2013 7:15 pm
by uitenwaj
jaracal, het spesiaal vir ons enkel lopende mense n afdeling geskep onder JAG/HUNTING en dit genoem JAG MAATS/ HUNTING BUDDIES.
http://jaracal.com/viewforum.php?f=167
Kom ons doen nou ons deel en help mekaar. Ek gaan n paar plase se besonderhede opsit wat ek sover kon opspoor
Re: Jagmaats
Posted: Fri Feb 08, 2013 7:38 pm
by MONTIE
Hallo almal. Ek kan Hattingh Safaris aanbeveel vir alleen jagters of families. My gesin het my weer laat bespreek vir volgende jaar. Jy jag op die voet in die karoo. Ek het 10 springbokke en 2 ribbokke gekry in 5 dae te voet. Diens 5 ster. Google Hattingh safaries
Montie
Re: Jagmaats
Posted: Sun Feb 10, 2013 1:02 pm
by Jake1
hi
Ek het vir julle die ideale plek gekry waar jy alleen kan gaan jag in die Thabazimbi area, pryse is baie goed, plek het dubbelbed kamers en enkel bed kamers met air conditioning, asook Jacuzzi en 'n baie goeie PH as jy hom verlang. Koelkamer, slagters - die works.
Die plek het mooi gesonde wild en as jy nie 'n vlakvark skiet nie is jou geweer uitgestel- daar is baie.
Die eienaar van die plaas is 'n baie joviale ou en julle sal lekker saam met hom kuier, julle maagspiere gaan seer wees van te veel lag- hy like van jokes.
Laat my weet per pm as julle belangstel, julle sal dit regtig geniet, ek was al baie daar.
Jake1
Skakel vir mervan (Sandilands Safaris) by 0817899686
Re: Jagmaats
Posted: Tue Jul 23, 2013 11:35 pm
by nepol
Self by Ian hatting 2jaar terug gejag. Baie goeie en vriendelikke diens. Was vir my een van lekkerste jagte in lang tyd gewees. Ons het net bitter ver geloop terwyl ons daar was. Net een ding sy pryse het skerp gestyg. Maar verder baie goeie mense en lekker kuier daar.
Re: Jagmaats
Posted: Wed Jul 24, 2013 6:54 am
by Born2Late
More manne.
Ek hou ook daarvan om my ding alleen te doen. n Plek wat ek kan aanbeveel is Kolobe Safaris naby Marble Hall.Bietjie duur maar fantastiese mense en wild.
Groete.
Charles
Re: Jagmaats
Posted: Wed Jul 24, 2013 6:54 pm
by Jake1
Sandilands Safaris se nommer is 0817899686 soos hierbo verduidelik, hy laat ook in die week daar jag.
Jake1