Page 1 of 1

Jack Russel teef

Posted: Mon Feb 11, 2013 8:43 am
by Geno
Manne,
My broer bel my nou. Lucy, my getroue brakkie, het laasnag die buurman se katte vrekgebyt. Sy moet van die werf af.
Ek kan haar nie aanhou nie, omdat die klomp yuppies in die estate waarin ek bly dit nie toelaat nie.
Sy is 7 jaar oud, reggemaak, en sy kan redelik goed bloedspoor vat. Al wat sy vra is 'n bord kos, slaapplek, en geselskap.
In ruil daarvoor, sal sy jou bure se katte vrek byt, graag saam met jou in die bakkie ry, saam jag, en selfs bly wees om jou te sien as jy gesuip by die huis aankom.
Ek wil graag hĂȘ dat sy na iemand toe gaan wat jag, die arme hond kannie oud word buite die veld nie.

Laat weet asb so gou moontlik, indien iemand haar kan vat. Sy is in Secunda, MP.

Hier is fotos:
Net bo die hakke:
https://fbcdn-sphotos-a-a.akamaihd.net/hphotos-ak-ash3/541094_10150673451406994_1328921018_n.jpg

https://fbcdn-sphotos-f-a.akamaihd.net/hphotos-ak-snc6/261854_10150230148811994_606182_n.jpg

https://scontent-b-fra.xx.fbcdn.net/hphotos-xaf1/t1.0-9/1924160_40738336993_4014_n.jpg

Re: Jack Russel teef

Posted: Mon Feb 11, 2013 9:03 am
by cassie_calvinia
dit is hartseer storie. as ek nader was, sou ek defnitief gehelp het.

Re: Jack Russel teef

Posted: Mon Feb 11, 2013 9:05 am
by BRNO (Pierre)
Dit kan nie lekker wees nie. Jammer Geno! :'(

Ek kan ongelukkig nie vir Lucy vat nie, maar kan wel vir haar nog een of twee van my buurman se katte bring as dit sal help >:D

Re: Jack Russel teef

Posted: Mon Feb 11, 2013 9:21 am
by Geno
Manne,
Lucy het huis gekry by Frederick. Baie dankie!

Re: Jack Russel teef

Posted: Mon Feb 11, 2013 9:22 am
by FCLoretz
Dankie Eugene,

Sorry manne sy het by my huis gekry. Ek het 'n nuwe jagmaat gekry!!

Re: Jack Russel teef

Posted: Mon Feb 11, 2013 9:26 am
by G-force
Lekker man,geniet haar Frederick.

Re: Jack Russel teef

Posted: Mon Feb 11, 2013 9:36 am
by FCLoretz
Dankie Ge,

Sy gaan al Mei maand saam my jag.

Re: Jack Russel teef

Posted: Mon Feb 11, 2013 10:11 am
by Roger
Baie geluk. Ek het self n tefie wat nou n jaar oud is. Great jagmaats!!

Re: Jack Russel teef

Posted: Mon Feb 11, 2013 12:31 pm
by bishop3006
Great Frederick! PAs haar mooi op, dit klink na 'n goeie een. Geno, net 'n vraag - as sy nie in die estate mag nie. hoekom mag daar dan katte wees? Was dit in JOU erf of in die algemene area? Ja, mense darem...

Re: Jack Russel teef

Posted: Mon Feb 11, 2013 12:40 pm
by Geno
Bishop,
Die hond het by my broer gebly. Hy is op 'n plaas, waar daar 'n paar huurhuise is. Dis die een buurvrou se katjies wat Luce vrekgebyt het.
In ons estate mag ons slegs diere aanhou volgens jou erf grootte. Ons het nie 'n erf nie...

Re: Jack Russel teef

Posted: Mon Feb 11, 2013 9:03 pm
by theedge
Jamer om van jou hond te hoor maat - bly die verhaal het n mooi einde

Re: Jack Russel teef

Posted: Mon Feb 11, 2013 9:48 pm
by bishop3006
Jammer om te hoor.

BTW, watse roer en scope het jy daar by die vlakvark? Is dit die CZ 550 .308? Lyk darem baie soos my Musgrave .30-06 met sy 1994 Japanese Tasco!

Re: Jack Russel teef

Posted: Wed Feb 13, 2013 10:53 am
by stan man
sy is pragtig. as ek die post vroeer gesien het sou ek haar ook met liefde geneem het.
ek is jammer dat sy van jou moes vervreemd geraak het.

Re: Jack Russel teef

Posted: Wed Feb 13, 2013 10:56 am
by Geno
bishop3006 wrote:Jammer om te hoor.

BTW, watse roer en scope het jy daar by die vlakvark? Is dit die CZ 550 .308? Lyk darem baie soos my Musgrave .30-06 met sy 1994 Japanese Tasco!

Jip, CZ550 .308 met 'n Leupold Vari-X3 3.5-10x50 scope.