Page 1 of 1
Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Tue Feb 12, 2013 7:52 pm
by Gert Odendaal
Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Tue Feb 12, 2013 8:01 pm
by VdWalt
My broer het n kameelperd met syne geskiet.
Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Tue Feb 12, 2013 8:06 pm
by mariusr
Ja as mens nou nie die nuwe dubbels kan bekostig nie is die verseker die antwoord ek sal ook net 'n swartkryt dubbel koop baie mooi!
Groete
Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Tue Feb 12, 2013 8:46 pm
by Gert Odendaal
Ek het daarna na Johan se versameling 18 de eeuse swart kruit dubbels gaan kyk...die ou gewere is ongelooflik swaar, het lang lope en swaar 1/4 ribs met baie opslaan afstand plaatjies...maar die een ding wat uitstaan is die ongelooflike vakmanskap van staal/houtpassing wat die gewere het...onthou daardie tyd was daar nie masjiene wat die fyn werk gebou het nie ...kinder arbeid...goedkoop arbeid...die ou manne kon ....
Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Fri Feb 15, 2013 1:41 pm
by Pitbull
Dit is baie mooi, wat prys so ene Gert?
Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Fri Feb 15, 2013 2:21 pm
by mariusr
Het gesien jy kry Kodiak dubbel vir so R15000!
Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Fri Feb 15, 2013 8:54 pm
by Gert Odendaal
Pitbull/Marius
As ek werk vir so `n mooi geweer gehad het sou ek sonder arseling vir my een gekoop het...ek wil nie in die slaggat trap om gewere link en regs aan te skaf net omdat ek meer gewere wil he nie...ek dink op die staduim is drie gewere vir my genoeg...ek jag net twee keer `n jaar. Maar ek gaan definitief meer te wete probeer kom oor die swart kruit skiet vaardighede...miskien verander ek my standpunt vorentoe...ek weet ook nie of ek sal nee se vir `n "bargain" op so `n geweer nie...dit was regtig baie lekker om die geweer te skiet...dink ek gaan more weer skiet...

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Mon Feb 18, 2013 8:48 am
by Mars67
Ek het ook een. 'n Africa Express m.a.w die slotplate het 'n Olifant en Buffel op gegrafeer as ek reg onthou. Dit is 'n 72 kaliber of .72 van 'n duim wat beteken dit is 'n 18.2mm. Daardie geweer skiet geweldig lekker en as die ouens eers begin skiet wil hulle hom nie neersit nie. Die koniese koeël weeg so 780 grein so mens draf sommer gougou deur 'n klomp lood. Omdat hy 'n relatiewe groot kaliber het met kort lope kom mens gou by die punt uit wat jy ongebrande kruit by die loop uitblaas. Dit beteken ook dat jy beperk is tot hoe vinnig jy die koeël kan dryf. 80 grein 2F is omtrent die maksimum voordat hy begin omdraai.
Ek dink mens kan 'n buffel met hom aandurf as jy 'n verharde koeël gebruik. Ou het darem twee skote maar dan moet jy iemand betroubaar agter jou hê met 'n geweer wat stromlope kan stop.
Ek wil hom nou met 'n vetlappie en bal probeer want hy het eintlik 'n stadige groef loop en dit behoort goed te werk.
Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Mon Feb 18, 2013 7:14 pm
by Gert Odendaal
Naand Mars67
Ek glo dit is dieselfde geweer...ek het regtig min tot geen kennis rakende swart kruit gewere......dit was regtig lekker om met die dubbel te kon skiet.......ek sou regtig graag met swart kruit wou begin maar soos ek voorheen gese het...op die staduim sal ek by drie gewere bly....ek sal eers die gewere goed mee jag en vorentoe miskien my standpunt verander...maar ek het ook gesien dat daar nie `n swart kruit afdeling is nie en gedink om te begin met `n skakel...ek glo daar is baie manne wat tog `n swart kruit afdeling regverdig...ek het dit so aan Hein/Wouter genoem gestel en hulle was so gaaf gewees om vir ons die geleentheid te skep....as ek vorentoe weer `n geleentheid kan kry sal ek definitief weer die .72 Dubbel skiet...baie krag en baie rook...dit was lekker...

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Mon Feb 18, 2013 9:15 pm
by Mars67
Ja dit is definitief dieselfde geweer. Gemaak deur Perdersoli. Die Kodiak express het net tonele van 'n Kodiak beer en dalk 'n ander amerikaanse dier (eks nie so seker nie) op en toe besluit hulle om een met afrika motiewe ook te maak. Identies dieselfde met ander grafering op die slotplate.
Dit is maar 'n gelol. As mens 'n jeuk het moet jy hom krap. Onthou jy het nie 'n lisensie nodig nie so tegnies tel dit nie as nog 'n geweer nie!

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Tue Feb 19, 2013 5:12 am
by henrygriffiths
ek het n 72 persent gekry by een van my buitelandse jagters, dit was n lekker speelding met daai 780gr conicals!
het klomp varke met hom geskiet.
baie spuit ek het hom verkoop, het nou weer n 50cal gekoop vir n R1000 2de hands
vir ons gewone mense is die naaste wat ons sal kom om n dubbel loop te besit.
Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Tue Feb 19, 2013 10:24 pm
by johan
Henry troos jouself daaraan dat ek mooi na jou 72 kyk.
Mars67 het my ook gehelp om die kolf wat in twee gebreek het te vervang.
Jy het seker te veel varke geskiet..

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Wed Feb 20, 2013 4:19 am
by henrygriffiths
johan vertel meer oor die kolf, ek dink nie ek het 50 skote gekiet nie!
Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Wed Feb 20, 2013 7:46 am
by Mars67
Nee jong. Daardie Johan is 'n duidelike outjie. Hy hou 'n 4 boor vas dat hy nie roer nie so daar was nêrens vir daardie kolf om heen te gaan behalwe kant toe nie!
Die slank nek en 'n moontlike swak plek het ook nie gehelp nie. Pedersoli het hom kosteloos vervang.
Plus daar in die karoo het hulle nie kruitmate nie. Hulle werk nog op 'n hand vol kruit soos in toeka se tyd en as jou hande soos skopgrawe lyk dan kan dit seker maar lol!!!!

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Thu Feb 21, 2013 10:14 am
by johan
1770grein bal op 450grein swartkruit kan soms ongemaklik word
Neewat Henry, ons het jou roertjie vinning ontgroei en opgegradeer na die 4br, al verskil is ons kry nie die 4br mooi ingestel nie
Dit neem jou twee dae om genoeg moed bymekaar te skraap vir die volgende skoot..
Natuurlik is Marnus se plek geboek die winter vir n instelsessie

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Thu Feb 21, 2013 10:50 am
by Mars67
Sal maar vir 'n week moet kom sodat ek darem so 3 skote kan inkry!!!

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Wed May 08, 2013 10:16 am
by mariusr
Manne weet dis nou gat juken ek weet niks van swart kruit kan nou kodiak dubbel .72 kry met die buffel en olifant graveer werk vir R11500 wat dink julle moet ek nog laat af stry!

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Wed May 08, 2013 10:22 am
by Mars67
Druk hom vir nog!
Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Wed May 08, 2013 10:33 am
by mariusr
Wat dink julle is goeie prys vir my het gaan kyk die geweer is baie mooi en is pedosili het punte kruit en geweer kas by!

Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Wed May 08, 2013 11:09 am
by Mars67
Baie manne gee nou moed op omdat swartkruit bietjie van 'n pyn is om te kry. Classic verkoop hom vir R15500. Bied hom R10000 aan.
Re: Kodiak Express .72mm Dubbelloop jag geweer
Posted: Wed May 08, 2013 11:14 am
by mariusr
Dankie Mars het ook so ged

ink!