Page 1 of 1

Waar kan ek n tenk kry?

Posted: Wed Feb 13, 2013 10:38 pm
by Nico Harris
Manne ek het vir my n cz200t gekoop maar hy het nie n scuba tenk by om hom meer op te vul nie! Weet iemand dalk waar ek so tenk kan koop? Die beste prys sover is R2800!!! Dan wil ek ook weet wat lug og mengsel mens presies in die tenk sit? Ek het nog net springers gebruik en het geen ondervinding met pcp nie- so enige tips is welkom!! Groete Nico

Re: Waar kan ek n tenk kry?

Posted: Thu Feb 14, 2013 6:28 am
by DEE
Nico
Gaan registreer op airrifle.co.za.
Daar sal jy sommer baie info kry oor PCP's.
Daar kom ook van tyd tot tyd tweedehandse duiksilinders op vir rondom die R1500.
As jy ver van 'n plek is wat duiksilinders kan volmaak (gewone lug), kan jy ook altyd 'n handpomp oorweeg soos die Hills.
Dit benodig bietjie meer "elbow ghries" maar maak jou meer onafhanklik. (Veral as jy bv in die N-Kaap bly wat nie groot is op diveshops nie)
Skree ma as jy nog hulp benodig, hier 'n hele paar PCP manne op die forum.
Groete

Re: Waar kan ek n tenk kry?

Posted: Thu Feb 14, 2013 6:50 am
by Nico Harris
Dankie Dee! Ek wou hoor - sal n paintball gun se filling tank werk? En is die lug dieselfde?

Re: Waar kan ek n tenk kry?

Posted: Thu Feb 14, 2013 6:57 am
by DEE
Ek ongelukkig nie kennis van paintball guns nie Nico, my beste raai is "Nee"

Re: Waar kan ek n tenk kry?

Posted: Thu Feb 14, 2013 7:34 am
by Roger
Ek praat onder korreksie, maar ek dink paintball tanks gaan net tot 120bar.

Shop rond, ek het n tenk op getel vir R900

Re: Waar kan ek n tenk kry?

Posted: Thu Feb 14, 2013 7:49 am
by vriell
Nico,
Koop die pomp.Bietjie meer moeite maar jou vulling is minder sensitief as met die bottel tensy jy 'n stel goeie kleppe op die bottel het en daai goed is duur ! Vir my werk die pomp beter en het nog nooit spyt gewees dat ek die pomp gebruik nie.

Re: Waar kan ek n tenk kry?

Posted: Thu Feb 14, 2013 7:52 am
by Geno
DEE wrote:Nico
Gaan registreer op airrifle.co.za.
Daar sal jy sommer baie info kry oor PCP's.
Daar kom ook van tyd tot tyd tweedehandse duiksilinders op vir rondom die R1500.

+1
Airrifle.co.za het klompie lekker bargains!

Re: Waar kan ek n tenk kry?

Posted: Thu Feb 14, 2013 7:55 am
by Nico Harris
Wat kos die pomp invergelyking met die tenk?

Re: Waar kan ek n tenk kry?

Posted: Thu Feb 14, 2013 8:00 am
by Jacques van Eeden
Hallo Nico
Baie paintball gewere werk met CO2. Maak net seker watter tenk dit is. Die lug wat gebruik word in die duiksilinders gaan deur spesiale filters om dit droog te maak. Dit is nie gewone kompressors wat gebruik word vir vulling nie. Gewoonlik kan die brandweer dit ook vol maak maar maak net seker hulle weet hoe werk hulle toerusting. Hier by ons het hulle so ruk terug op gedaag by 'n vuur en toe weet nie een van hulle hoe om die pomp aan die gang te kry nie. En dieselfde manne het van die kleiner bottels se valves laat blaas.(te hoƫ druk)
Geniet dit.

Re: Waar kan ek n tenk kry?

Posted: Thu Feb 14, 2013 8:02 am
by Jacques van Eeden
Jy kan vir +-R200 meer 'n tenk kry. Met die pomp gaan jy nie tenk vol maak en skiet nie. Dit is soos om 80m voluit te hardloop en dan te wil skiet. ;D ;D

Re: Waar kan ek n tenk kry?

Posted: Thu Feb 14, 2013 11:57 am
by bex
Ek gebruik n silinder en n pomp, AS ek net een mag hou en moes kies dan vat ek die pomp, maar dis omdat ek in die gramadoelas bly. AS jy naby n duikwinkel is is die silinder n beter opsie. n 230 bar silinder sal goed werk vir jou CZ, daar is gereeld goeie kopies op Airrifle.co.za.

Re: Waar kan ek n tenk kry?

Posted: Thu Feb 14, 2013 12:17 pm
by Jacques van Eeden
Nico
As jy 'n tenk koop kyk vir die 300bar juis omdat jy nie naby 'n duik winkel bly nie.
Met die 300bar gaan jy baie meer her-vullings kry as met die 230bar en die prys gaan omtrent dieselfde wees.

Re: Waar kan ek n tenk kry?

Posted: Thu Feb 14, 2013 12:39 pm
by Nico Harris
Baie dankie vir al die info! Ek sal op airifle gaan kyk!

Re: Waar kan ek n tenk kry?

Posted: Thu Feb 14, 2013 3:19 pm
by Jean Marais
Nico

Ek sal verder ook voorstel dat as jy wel die silinderopsie bo die pomp kies, jy jouself behoorlik met kennis toerus oor die korrekte gebruik van so 'n silinder. Kan potensieel 'n BAIE gevaarlike stuk toerusting wees.

Sterkte met jou besluit

Re: Waar kan ek n tenk kry?

Posted: Thu Feb 14, 2013 6:33 pm
by JTM
300bar silinders werk lekker , maar die algemeen is hulle kleppe bietjie onsensitief en maak jy maklik te veel oop en oorvul jy jou geweer of maak dit te vinnig vol. Dit moet stadig gedoen word en hou maar jou geweer se silinder temperatuur dop. Dit raak gou baie warm as jy te vinnig wil volmaak.

Het jou CZ die gewone uitskroef silinder wat jy uithaal en dan op die bottel met 'n adapter opskroef om te vul? Jy kry deesdae 'n lekker quickfill conversion op die voorkant van die geweer silinder sodat jy nie die tenk hoef uit te skroef om vol te maak nie. Dan gebruik jy 'n filling adapter met 'n pypie na die duiktenk. Baie meer gemaklik om so vol te maak.

Re: Waar kan ek n tenk kry?

Posted: Thu Feb 14, 2013 8:51 pm
by LUAN
Iets wat niemand hier noem nie is dat duik winkels se kompressors nie tot 300bar kan gaan nie. Die meeste wat jy sal inkry is 230bar. Maar die brandweer se kompressors kan verby 300bar stoot. So maak vriende met die hoofman daar en dan word jou silinder nog verniet gevul ook. Ek dink dis so R30 n fill by duikwinkels. Gelukkig is jou cz se silinder n laer druk as die baie sterk windbukse en sal jy n hele klompie volle fills doen met n 230bar scuba tenk.