Page 1 of 1

Magnum tydskrifte

Posted: Mon Feb 18, 2013 9:47 pm
by Christo
Ek het seker maklik 10 jaar of meer se tydskrifte, baie naby aan almal, net as die posduiwel my beduiwel het. Gaan net die Jongste 6 of so hou vir nou. Hulle is joune as jy hulle wil he.

Maar daar is 'n kinkel in die kabel. Jy moet eers iets op die ITEMS afdeling plaas wat iemand anders sal baat, dan is hulle joune " verniet " . Kom ons prober so die afdeling lewendig maak en lewendig hou.

Ek gaan dit nie kan pos nie, jy sal self moet kom haal of ons moet plan maak op een of ander manier.

Re: Magnum tydskrifte

Posted: Tue Feb 19, 2013 12:05 pm
by bishop3006
Christo, dis nou mooi gebaar, en goeie idee, van jou daai!

Re: Magnum tydskrifte

Posted: Tue Feb 19, 2013 1:02 pm
by Lourens Potgieter
Bishop, moet jy net nie idees kry met JOU magnums nie.....hulle het klaar baas...hy moet hulle net kom haal!! :angel:

Re: Magnum tydskrifte

Posted: Thu Feb 21, 2013 9:29 pm
by Monrique (SJ)
Naandse Christo

Ek sal like van daai ouer boek modelle asb. Weet nie van watter jare jy van praat nie. Ek sal kyk waar myne ook begin en jou dan laat weet. Sal die vrou bring en hulle kom haal as ek hulle nie self het.


Groetnis