Page 1 of 2

SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Tue Aug 10, 2010 9:12 pm
by 243Songdaug
Naand manne!

As dinge mooi loop is ek en KSV by die Intertak Spanskiet wat hierdie jaar op Clocolaan geskiet sal word tydens die naweek van 21 Augustus.  Watter ander manne op die forum sal daar te sien wees?

Ons skiet weer in die Steenbok Tak se span.

Danie243, deel asseblief bietjie van jou ondervinding - wat is daar wat ons behoort te weet van die manne se baan?  Ek hoor dat die manne een van die mooiste bane in SA het - op die foto's in die SA Jagter van so 'n paar maande terug lyk dinge regtig mooi.

Laat gerus van julle hoor!

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Wed Aug 11, 2010 11:11 am
by Danie Lombard .243
Hallo Jaco en ander.

Yip, die Ellerbeck plaas het beslis een van die mooiste skietbane in die land. Die skietbaan in omring deur 'n berg wat in 'n kom/perdeskoen profiel loop van bo gesien. Die skiet rigting is in na suid. Ja, as ons gespaar word sien ons mekaar daar. Ek en die ander Sandveld manne sien kwaai uit na die skiet komp.

As ek reg is skiet daar 30 spanne by die nasionale spane skiet komp. Die spanne wat genooi is om deel te neem is die top 30 spane van die SAJWV takke landwyd.
Ek het nog nie die e pos ontvang van watter takke gaan deelneel nie. Sandveld het 2 spanne wat gaan deelneem. A span is Danie Steyn, Danie Lombard, Hentis Taljaard, George Linde en Gerhard Ferreria. B span is Danie Gous, Natie Ferreria, Heinie Taljaard, Hennie Gouws en Gerhard van der Merwe.

Daar sal weer soos oudergewoonte geskiet word op die vlakte springbok tabel, met die nuwe V 30 telling by, en die bosveld blouwildebees tabel.

Ou Jaco, as ek 'n kaans kry oefen ek so 'n paar skote hier by my.
Hoeveeel van jul tak se mense gaan deelneem?
Is hier van die ander jaracal ouens wat ook daar gaan wees?

Danie

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Wed Aug 11, 2010 11:24 am
by 243Songdaug
Danie

Om eerlik te wees het ons maar sleg gevaar die jaar en het net gekwalifiseer oor 'n ander span onttrek het!  Verlede jaar het ons onder die top 10 gekwalifiseer en 8ste geeindig!

Toevallig is daar net 20 punte verskil tussen ons
A en B spanne.  Daar sal 7 van ons tak se manne afkom, 2 as ondersteuning en 5 om te skiet.
Skuts: Carel Grobler, Jan Erasmus, Ockert v Schalkwyk, KSV en ek.

Christo en Claudene Grobler kom ter ondersteuning. 

Sien julle daar.

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Wed Aug 11, 2010 11:49 am
by KSV
Sal graag nog Jaracal manne daar wil sien en julle se blad skut (nie blad skoot nie) ;D

Kalahari groete
Hein

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Wed Aug 11, 2010 12:38 pm
by Piet Breedt
Ek gaan ook daar wees as lid van die Laeveldjagters Vereniging se span.

Ek sien daarna uit om julle te ontmoet.

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Wed Aug 11, 2010 1:14 pm
by KSV
Dink sommer die Jaracal manne wat nie te ver is nie moet kom oe wys en kom cheer?

Hein

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Wed Aug 11, 2010 1:21 pm
by Danie Lombard .243
MEt die KLEM op CHEER!!!  Ons het dit nodig.

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Wed Aug 11, 2010 3:28 pm
by 243Songdaug
Voor ek nou vir Piet bietjie gas gee...hoe BREED is hy presies?

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Wed Aug 11, 2010 4:11 pm
by Danie Lombard .243
Jong ou Jaco,

Die manne wat goed skiet moer gewoontlik ook lekker hard, so as ek jy is soek ek liefs nie moeilikheid nie ;D

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Wed Aug 11, 2010 6:24 pm
by 243Songdaug
Hahahahah - is op hierdie stadium so moeg Piet gaan hom moeg slaan dan is my arms nog nie eers op nie!!!  Kleinding in die huis is nie vir sissies nie!

Danie as dit van jou af kom vat ek dit as goeie raad ou maat.  Ken vir Piet van op SAJSV skiete sien, wou sommer sy siel so bietjie uittrek oor die 25.  Hy lyk darem na 'n goedige ou.

Ek speel met 'n gedagte om te kyk of ek volgende jaar nie dalk 'n span 303 skieters kan laat kwalifiseer vir die Bosveld Tabel nie......As Willie Waps en Piet net bietjie nader was.........ek sit met 'n P14 wat met gaatjie visiere al 'n paar teleskoop manne seer gemaak het.  O ja, gaatjie visiere werk nie op die Zebra nie!!! Dis net een groot grys massa.

Hoe ver is Clocolaan van Bloemfontein af?  Ek en Hein moet besluit of ons Bloem oor ry en of ons die Nooord-Wes se potholes gaan trotseer!  Ek is erg afgeraai om NW deur te ry - so nou wil ek bietjie kyk hoe lyk die Bloemroete.

Ek en Hien moet hierdie naweek 'n paar punte in die doppe kry en dan moet ons nog so 'n keer of wat die tabelle ook loop loop.  O ja, vroulief wil nog Vleisfees ok Kuruman toe ook!!!!

Mooi aand.
Jaco.

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Wed Aug 11, 2010 6:30 pm
by Piet Breedt
Julle kan bly wees, ek het nou lui geraak. Ek moer nie meer nie, ek skiet nou sommer maar. Baie minder werk.

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Thu Aug 12, 2010 7:36 am
by RIEMPIES
Nee wat link my nie of Piet eers n vlieg op n dr%l kan seer maak nie ek wonder of hy darem so ietsie vat vir die stembande want so rustige Piet tik hy taamlik baie.


Lekker dag Kerels
Oom Riempies

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Thu Aug 12, 2010 8:00 am
by Piet Breedt
Oom Riemme, oom weet seker nie baie van landmyne af met oom se ho? ouderdom nie. Hulle is ook doodstil, tot jy op hom trap.

S? my oom, was die .303 nog n geheime wapen toe oom jonk was?

Groete

Pietie

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Thu Aug 12, 2010 8:18 am
by RIEMPIES
Dit was redelik top secret dit was net ons elite wat geissue was met daai kanonne en ek skiet nou nog met myne van daai jare af het ek al bietjie verander.Op my ouderdom trap ons die landmyne af dan worry ons later daaroor want die Oom is al bietjie doof.Niks kan erger wees as my oorllee vroutjie nie sy was n atoom bom op haar eie.

Groete
Oom Riempies

p.s. silence i kill you

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Thu Aug 12, 2010 9:17 am
by 243Songdaug
Sies Oom Riempies!

Arme vrou. 

Piet

Met watter roer kom gooi jy op Clocolan - siende dat die 25 nou bietjie buite aksie is?

Mooi dag.

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Thu Aug 12, 2010 10:52 am
by Piet Breedt
Ek het hom laat herkamer, sal hom seker m?re terug h

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Thu Aug 12, 2010 3:08 pm
by 243Songdaug
Goeie besluit gewees!  Die loopvervanging is nie 'n grap nie - en het my 243 se loop so 'n paar jaar terug laat doen - 23 maande nadat ek die papierwerk ingestuur het en ek uiteindelik uitgevind het met wie ek by SVR kan praat vind hulle uit dat my papiere weg is-  die behulpsame ou vra toe dat ek die duplikate vir hom per geregistreede pos stuur.  5 dae later is my aansoek goedgekeur en ek stuur my girl spoed witlig in na die geweersmid wat die wapen binne 'n bietjie meer as 'n week klaarmaak - toe moet ek nog 8 maande wag die nuwe lisensie kaartjie wat gedruk moet word.

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Mon Aug 23, 2010 1:44 pm
by KSV
Wil net hiermee vir die ouens van Bloem dankie se vir die goed georganiseerde skiet die naweek.

Ek het dit verskriklik geniet, julle organiseering was puik.

Danie en Oom Piet, bly ek kon julle blad skud en ons gaan weer sien.

Hein

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Mon Aug 23, 2010 8:43 pm
by spekieries
Wil net Hein se woorde beaam. Dit was voorwaar 'n lekker dag. Ek het ook vir die eerste keer Bre? Piet se spinnekop styl aanskou. As hy so sit en die gongs een na die ander klap, mag hy maar so sit.

Groete
Anton

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Tue Aug 24, 2010 2:15 pm
by Piet Breedt
Ja, dit was lekker om die gesigte by die name te sit. n Baie goed georganiseerde, en lekker skiet.

Die sit skietstyl van my het al menigte manne aan die praat gehad. Ek het al by n paar luggeweer wereld kampioenskappe in oorseese lande deelgeneem, en elke keer het verskeie skuts my uitgevra daaroor, en dit ook self probeer, die wat kon. Dit is so sukselvol, dat 4/8 van die huidige Protea span nou ook die skietstyl aangeneem het. Die junior w?reldkampioen van SA, skiet ook so.

Ek het Saterdag ongelukkig op die staan gong drooggemaak toe ek my band eers nog bietjie wou verstel, en toe op die verkeerde gong aangel? het. Ek moet nog die 6 - 30 x 50 Swarovski  se paralux gewoont raak. Ek was erg terleurgesteld, aangesien staan skiet een van my sterkpunte is.

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Tue Aug 24, 2010 8:48 pm
by 243Songdaug
Naand manne.

Dit was voorwaar 'n baie lekker skiet, die organiseerders kan regtig trots wees op hulself.  Dit vat baie werk en nog meer beplanning om so 'n groot skiet so goed te laat afloop.

Piet.  Man dit was lekker om jou blad te skud en sommer 'n paar woorde te wissel.  Die 25 het sommer mooi gekom - die hoeveelste loop is dit wat jy nou al op daardie outjie het?  Jou sitstyl is defnitief iets besonders - wil jy nie vir ons 'n foto of twee op die forum plaas met 'n beskrywing van presies hoe jou styl werk nie?  Ek gaan jou defnitief na-aap.  Daai houding moet werk!

Danie243, kan jy asseblief vir Yoland? bedank vir die moeite wat sy gedoen het met my balkie?  Man, dit was sommer lekker om jou op die skiet raak te loop.

KSV, dankie vir die saamry - dit was lekker om jou saam te h?.  Volgende jaar maak ons weer so.

Vir die res van die manne - ek hoop om volgende jaar meer forum manne op die Intertak skiet raak te loop en dra gerus jul Jaracal kentekens met trots, dis mos lekker om gesigte by die name te kan sit.

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Wed Aug 25, 2010 9:35 pm
by Piet Breedt
Hier is my sit skietstyl wat ek self ontwikkel het, en is besonder stabiel. Hierdie is n foto van my met my luggeweer. Hier het ek nog die voordeel van n "hampster". Dit is die stuk onder die kolf wat op my been rus, wat ons mag gebruik. Die h?e monteerstukke van my teleskoop help ook om die geweer verder te lig. Die skietstyl is baie gemaklik, as jy soos ek kan sit. Ek skiet tot n .375 HH so, en my oogbank was nog nooit raakgeskop in die posisie.

Image

Met die groot gewere het ek nie die voordeel van die hampster, en dan plaas ek my hand onder die kolf, tussen die geweer en my been. Die agterkant van die kolf rus in die waai van my been, net agter my knie, en die kolf druk teen my regter arm. Met die .375 skop hy my arm so bietjie blou na n paar skote, maar niks om oor te "flinch" nie.

Image

Hier is dit vanuit n ander hoek

Image

Ek plaas die onderpunt van die kolf hier

Image


En dan plaas ek my arm om die geweer, en as hy skop, skop hy teen my bo arm vas.

Image

Ek skuif my bene verder uit, of nader aan mekaar om die elevasie reg te kry. Outomatiese rigting is van kardinale belang, en baie maklik om reg te kry. Kyk net oor die geweer se loop, en skuif op jou boude totdat die geweer reguit na die teiken wys. Omdat jy so kop onderste bo sit, is dit baie maklik om die geweer te "cant" na n kant toe, en daar help die waterpas dan baie.

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Thu Aug 26, 2010 5:15 am
by 243Songdaug
M?re Piet.

Baie dankie vir jou terugvoering - ek gaan dit beslis probeer. 

Pragtige luggeweer waarmee jy skiet.  Ekis so bietjie van 'n sissie as dit kom by roere wat skop, so ek gaan jou woord vat vir die 375H&H.  Moontlik kan ek vir KSV Hein oortuig om dit te try....

Mooi dag.
Jaco

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Thu Aug 26, 2010 8:31 am
by Geno
Oom Piet,
Ek like daai low profile skiethouding van oom, die terries het seker almal bo-oor oom geskiet ;)
Ek sal dit die naweek bietjie probeer.

Groete,
Eugene

Re: SAJWV Intertak Spanskiet te Clockolaan

Posted: Thu Aug 26, 2010 8:38 am
by JACQUES BOTHA
CLocolan skiet
Wie het toe gewen, of lees ek net nie ver genoeg terug nie.
Groete
Jacques