Page 1 of 1
Hou die spasie dop
Posted: Sun Feb 24, 2013 6:06 am
by Reggie Gerber
My seuntjie Matt het gister sewe geword. Die klein mannetjie verbaas ons elke dag hoe veel en hoe vinnig hy dinge leer. Hy is soos n spons wat net die heeltyd nuwe informasie en nuwe dinge wil beleef.
Ek en Mamma het besluit om hom te bederf en hom te upgrade van sy ou tube wat hy gebruik vir visvang en het hom n nuwe floattube gekoop. Die man wil net gaan visvang en wou somer sy partytjie kanseleer gister om uit te gang.
Ons gaan nou bakkie pak en ry.
OP die spyskaart is bass en bietjie .22 skiet
Sal later fotos plaas
Dankie Here vir die wonderlike kind.
Reggie
Re: Hou die spasie dop
Posted: Sun Feb 24, 2013 6:25 am
by VdWalt
Geniet dit! Daar is van die mooiste bass damme in daai omgewing.
Re: Hou die spasie dop
Posted: Sun Feb 24, 2013 7:33 am
by Marc
Baie geluk, geniet die dag, gaan opwinded wees as ek so loer

Re: Hou die spasie dop
Posted: Sun Feb 24, 2013 9:37 am
by Nickvn
Jy moet hom waardeer en tyd met hom spandeer. Hulle word so gou groot. Op hierdie ouderdom is ook gewoonlik die tyd wat ons mans dan ook baie besig is met ons besighede en ander geldmaak dinge wat vir ons belangrik is. Voor ons ons oe uitvee is hulle groot en ons het die kans gemis om hulle te vorm en ons waardes aan hulle oor te dra.
My seun begin 1 Maart werk in Pretoria as engineer en my dogter is eerste jaar op universiteit. Ek moet ook se dat die Here ons geseend het met ongelooflike kinders en my vrou n groot aandeel daaraan gehad het.
Geniet hom en spandeer tyd met hom en se vir hom jy is lief vir hom elke dag.
Re: Hou die spasie dop
Posted: Sun Feb 24, 2013 5:35 pm
by Reggie Gerber
Wat n fantastiese oggend
Ek het ongelukkig my cell by die huis vergeet so kon ongelukkig geen fotos neem nie maar die stilte sonder hom was ook lekker.
Matthew het die oggend afgeskop met die eerste vis van 2kg en het nog twee mooies gevang met sy nuwe toerusting.
Ek kon gelukkig ook drie vang met een monster van 3.2kg
Matthew het vreeslik goed geskiet met die .22 en het 1.5" 5 skoot groep geskiet op 50m.
Dankie vir die wense ouens
Reggie
Re: Hou die spasie dop
Posted: Tue Feb 26, 2013 12:39 pm
by PITSMIT
pragtig reggie skud die man se hand en se hom oom pit se baie mooi en geluk valkie se ook hy moet aanhou oefen dit werk dis darm maar pa se trots as die latte so mooi doen
baie geluk nogmaals
Re: Hou die spasie dop
Posted: Thu Feb 28, 2013 6:08 am
by Reggie Gerber
Dankie Pit
Die mannetjie is n yster
Reggie
Re: Hou die spasie dop
Posted: Mon Jul 21, 2014 6:19 pm
by BLOUVALKIE
baie geluk oom reggie
hoop oom en oom se seun het die dag baie geniet
groete
BLOUVALKIE