Page 1 of 21

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Mon Feb 25, 2013 3:58 pm
by Witpietskiet
223 Howa Varminter
55gr V-Max
3200vps
300 meter
1.3" groep
So 11H00 in die oggend net voor die wind begin het, maar daar was al klaar mirage.
Het my teleskoop gezero vir 100,200 en 300 meter.
Image

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Mon Feb 25, 2013 5:36 pm
by Hercules Louw
Ludwig

Die Safari & Outdoor SA Jagters se Mees Veelsydige Skut skietkompetisie is die afgelope naweek aangebied en een van die items was 5 skote uit die lê posisie met ondersteuning na die jakkalsteiken op 300m. Die groeperings is ook gemeet waarvan ek die beste 15 groepe van die dag hieronder aantoon, wat dan inpas by jou onderwerp van 5 skoot groepe op 300m, maar ongelukkig is daar nou nie foto's beskikbaar nie.

Die jakkals is omtrent 10uur die oggend geskiet en die temperatuur was toe al tussen 28 en 30 grade C. Daar het 'n ligte wind, so tussen 4 en 6mph, uit die 3 uur rigting gewaai. Die mirage het goed geloop. Die jakkals het nie 'n baie duidelike mikpunt nie en die skuts gebruik gewoonlik die middel van die voorbeen en die punt van die neus as verwysings om die posisie van die hart, die eintlike mikpunt, te bepaal. 5 minute word toegelaat vir die 5 skote en daar lê sowat 20 skuts langs mekaar tydens die skiet op elke aflossing. Uit die beskrywing kan dus gesien word dat dit nie noodwendig die mees ideale omstandighede vir langafstand groeperingskiet is nie, en in die lig daarvan beskou ek die resultate hieronder as werklik uitstekend. Let daarop dat daar 3 dames in hierdie 15 kleinste groepe val.

1 Hattingh Gawie - 37mm
1 Conradie Alewyn - 37mm
2 de Beer Gerrie - 39mm
3 Kirstein Chris - 44mm
4 Smith Sarel - 45mm
5 Van Tonder Flippie - 48mm
6 de Beer Laetitia - 50mm
7 Labuschagne Erna - 53mm
8 Van Wyk Stephan - 54mm
9 Carr Peter - 55mm
10 Minne Jean - 55mm
11 Wetzlar Derek - 59mm
12 Louw Hercules - 60mm
13 Yssel Michelle - 60mm
14 du Preez Dolf - 64mm
15 Yssel Johann - 64mm

Gawie Hatting wat die kleinste groep geskiet het, het dan ook 'n voltal op die jakkals geskiet. Hy gebruik 'n 308 met 155gr Sierra match.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Mon Feb 25, 2013 5:59 pm
by LUAN
Hercules Louw wrote:Ludwig

Die Safari & Outdoor SA Jagters se Mees Veelsydige Skut skietkompetisie is die afgelope naweek aangebied en een van die items was 5 skote uit die lê posisie met ondersteuning na die jakkalsteiken op 300m. Die groeperings is ook gemeet waarvan ek die beste 15 groepe van die dag hieronder aantoon, wat dan inpas by jou onderwerp van 5 skoot groepe op 300m, maar ongelukkig is daar nou nie foto's beskikbaar nie.

Die jakkals is omtrent 10uur die oggend geskiet en die temperatuur was toe al tussen 28 en 30 grade C. Daar het 'n ligte wind, so tussen 4 en 6mph, uit die 3 uur rigting gewaai. Die mirage het goed geloop. Die jakkals het nie 'n baie duidelike mikpunt nie en die skuts gebruik gewoonlik die middel van die voorbeen en die punt van die neus as verwysings om die posisie van die hart, die eintlike mikpunt, te bepaal. 5 minute word toegelaat vir die 5 skote en daar lê sowat 20 skuts langs mekaar tydens die skiet op elke aflossing. Uit die beskrywing kan dus gesien word dat dit nie noodwendig die mees ideale omstandighede vir langafstand groeperingskiet is nie, en in die lig daarvan beskou ek die resultate hieronder as werklik uitstekend. Let daarop dat daar 3 dames in hierdie 15 kleinste groepe val.

1 Hattingh Gawie - 37mm
1 Conradie Alewyn - 37mm
2 de Beer Gerrie - 39mm
3 Kirstein Chris - 44mm
4 Smith Sarel - 45mm
5 Van Tonder Flippie - 48mm
6 de Beer Laetitia - 50mm
7 Labuschagne Erna - 53mm
8 Van Wyk Stephan - 54mm
9 Carr Peter - 55mm
10 Minne Jean - 55mm
11 Wetzlar Derek - 59mm
12 Louw Hercules - 60mm
13 Yssel Michelle - 60mm
14 du Preez Dolf - 64mm
15 Yssel Johann - 64mm

Gawie Hatting wat die kleinste groep geskiet het, het dan ook 'n voltal op die jakkals geskiet. Hy gebruik 'n 308 met 155gr Sierra match.
Ek sien in die kompetisies mag daar nie altyd n bipod gebruik word op daardie afstande en soms moet jy dit vanaf n ongemaklike blok doen en hier word die drywer se vermoe rerig getoets.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Mon Feb 25, 2013 6:32 pm
by Marc
Hier is my eenigste halfhartige, gedokumenteerde poging, op 300 meter. Sien ek het mos die teiken heel mis geskiet :police:

Dit was met my Savage 338 LM en 250gr Lapua Scenars gewees. Dink dit was hier by 10 uur die oggend gedurende die winter, so hitte en mirage was nie my grootste vyand die dag nie.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Photo-0081.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Photo-0082.jpg

Ek het nooit die groep gemeet nie, aangesien dit my heel eerste kuier met die roer op 300 was en ek seker was ek op dit kon verbeter :(

Selfde as jy oorgekom Ludwig, 1-2-3 op mekaar 4-5 lê eenkant :-[ Die oomblik raak groot as dit lyk of een gat net groter wil word ;D

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Mon Feb 25, 2013 8:15 pm
by Zack Benade
Marc, Wat Bewe jy so? Sies man. :'( :'(

Mooi geskiet

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Feb 26, 2013 10:54 am
by Smous v.d. Vyver
Hi Marc,

Ek het 'n program wat daardie groepering van jou uitwerk volgens die R5.00 munstuk wat jy neergesit het as verwysing en jou kaliber grootte.

Al 5 skote - 37.69mm

Boonste drie skote - 16.66mm

Hoop dit help.

Groete,

Corné

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Feb 26, 2013 11:17 am
by Reggie Gerber
Manne ek hou baie van die draad

Waars daai manne wat geld op hulle groepe moes sit :laugh: :laugh: :laugh:

Sal my efforts ook kom pos

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Feb 26, 2013 12:35 pm
by Arnold
Afstand was 300m met 'n redelike windjie van regs na links.

Die 260RemAI met sy 28.6" loop en Baboonstalker tromprem het ek met die kort Harris bipod en 'n agterste rus geskiet uit die sit posiesie vanaf 'n sement bank.
Scope was die Nightforce 8-32x56 en die lading was 42.5gr S365 (lot63) agter 'n 140gr Nosler CC teen 'n spoed van 2850 fps
http://db.tt/FaWmVLEN

Met die 308W en sy 24.5" loop het vanaf 'n verstelbare benchrest geskiet met dieselfde agterste sakke vanaf die sement bank terwyl ek gesit het.
Scope was 'n goedkoop NikkoStirling 8-32x44 targetmaster (gladnie great nie ek weet, maar ek het gou so bietjie sy scope op my .22 gehad omdat ek sommer net ladings met die 308 getoets het)
Lading was 155gr Nosler CC voor 43.5gr S335 uit Winchester doppe met 'n spoed van 2860 fps.
Die mikpunt was die drie plakkers regs.
http://db.tt/i96g4iW7

Altwee groepe se vertikaal het net onder 'n 1/3 MOA gemeet. Ek het gladnie vir wind gekompenseer nie en wou maar sien wat maak die ladings en hoe die wind hulle waai.
Let bietjie op na die uitwyking van die 308 teenoor die 260, wat met 'n koeel skiet wat se BC omtrent 0.1 hoer is, altwee teen omtrent dieselfde spoed.


Hierdie was ook met die 308 geskiet op 300m by 'n vroer geleentheid. Eerste skoot was cold/clean bore.
http://i194.photobucket.com/albums/z44/Ricoffy/2011-06-03132533.jpg

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Feb 26, 2013 12:48 pm
by Arnold
Nog 'n groep, nie great nie maar darem naby aan 1 MOA

260 AI vanaf bipod
140gr Nosler CC @ 2850 fps
155mm op 530m
http://db.tt/mRLZg7rU
Die wind het so bietjie gewaai, maar dit verduidelik nie daai onderste skoot nie :)

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Feb 26, 2013 5:21 pm
by Marc
Corné v.d. Vyver wrote:Hi Marc,

Ek het 'n program wat daardie groepering van jou uitwerk volgens die R5.00 munstuk wat jy neergesit het as verwysing en jou kaliber grootte.

Al 5 skote - 37.69mm

Boonste drie skote - 16.66mm

Hoop dit help.

Groete,

Corné
BAIE dankie Corne 8)

Ek het nog nie sulke fancy gadgets nie ;D

Nou bewe ek van voor af, moet regtig weer bietjie baan toe gaan :'(

Julle ander manne gooi mooi, Arnold daai 500 groepie is darem pragtag O0

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Feb 26, 2013 6:24 pm
by Arnold
Dankie Marc, maar ek is nie tevrede met daai vertikale verspreiding nie.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sat Apr 20, 2013 12:33 pm
by Arnold
8 skote in 86mm op 670m (effens kleiner as 0.5 MOA)
260AI met 140gr Berger VLD's teen 2850 fps
Geskiet vanuit die lê posisie met n bipod
http://db.tt/SNH4Xh6u
http://db.tt/bqY4M6lu

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sat Apr 20, 2013 2:33 pm
by VdWalt
Daai 6.5x55 wannebe skiet nogal mooi!

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sat May 11, 2013 12:10 pm
by Arnold
260 AI, 140gr Berger VLD @ 2805fps

3 skote op 835m in 49mm
http://db.tt/nsGBSVoA

7skote op 860m in 103mm
http://db.tt/m69Ide9h

Die gong meet 485mm in deursnee

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sat May 11, 2013 1:32 pm
by bullseye
UITSTEKEND!!!!

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sat May 11, 2013 3:39 pm
by rakker
Netjies gedoen Arnold!

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sat May 11, 2013 4:17 pm
by Chrisjan
Jy kan maar van 'n bipod af skiet. Wel gedaan.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sat May 11, 2013 8:08 pm
by Christo
Arnold wrote: http://db.tt/bqY4M6lu
Ek ken daai gong! Kom hy van Moorreesburg af?

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sat May 11, 2013 8:12 pm
by Christo
Arnold, mooi skote daai. Op 860 sal hulle steeds in vitals van menige bok pas.

Ek moet nog so bietjie oefen.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sat May 11, 2013 8:48 pm
by JPS
Baie goed gedoen Arnold

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sat May 11, 2013 9:07 pm
by Wouter Roets
Arnoldus

Dit lyk sommer bakgat ou maat! Welgedaan. Hierdie is soos ek jou leer ken het, sal nie tevrede wees met enige iets minder as dit nie.

Groetnis
Wout

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sun May 12, 2013 11:36 am
by Stefan764
Baie mooi gedoen Arnold! Soos jy gooi behoort daai Frieskoeie agter die gong vir niks bang te wees nie!!

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sun May 12, 2013 12:44 pm
by THOMAST
Skitterend Arnold!
Windstil dag?
Watter tyd van die dag?

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sun May 12, 2013 1:13 pm
by Marc
Mooi gegooi Arnold, jy stel die "bar" lekker hoog !

Baie geluk, dit wil gedoen wees !

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Sun May 12, 2013 2:43 pm
by Arnold
haha, daai frieskoeie gee net so vinnige spring as die gong lui. Ek wag darem dat hulle nie agter staan nie of langs die gong nie, Daar is taamlike skrapnel soos daai koeel opbreek.
Christo, jy is reg oor daai gong se oorsprong ;)

Baie dankie vir die mooi woorde. Dit is regtig lekker as dinge so mooi werk.
Vanaf 'n bipod skiet kos oefening en mens moet regtig konsentreer en sorg dat alles reg is voor daai skoot loop.

Nou moet ek net daai groepe in die middel van die gong kry ... en ook met die eerste skoot!