FIETERJASIES

Post Reply
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

FIETERJASIES

Post by Tomcat »

Goeie dag almal

Sal graag van julle wil hoor hoe julle laaiproses werk? Laai julle met n skaal of sommer met n powder measure? Sny julle die doppe se nekke, maak primer pockets skoon, chamfer die nek, sny die dop korter, gebruik net een soort dop, weeg doppe en krap in julle neuse ;D

Net nuuskierig, want myne is ma baie eenvoudig

Tomma
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: FIETERJASIES

Post by JACQUES BOTHA »

vertel jy eerder wat maak jy met daai 25 nul kwes dat hy sommer so deur die bakkie se ruit  op n gholfbal groepeer op 500 en 600 meter......
Ek sal daarvan hou om dit alles te weet....spoed punte doppe ens...EN moenie in jou neus krap nie......dit veroorsaak n ekstra .05 grein op daai skaalkie....
Shoot straight and tell the truth!
tafjak

Re: FIETERJASIES

Post by tafjak »

Tomma

Toe die w?reld nog warm was, toe ek alle werk op die plaas moes doen en nog jag vir by-inkomste het dit maar rof gegaan. Gelukkig het ek iemand soos Raynie geken. Hy het my verseker dat .2 -.3gr verskil op ladings nie kind van katel sal afstoot nie, HY was doodreg (in elk geval in my case). Ek het 'n ou Uniflo RCBS thrower en die ou gooi nogal verbasend raak. Die res was maar skiet die dop tot hy nie meer pas nie en gooi weg. Toe was dit net 'n kwessie van borsel die dopnekke binne, krap pockets skoon en wala. Dit is waar Akley 'n mens so bietjie bederf, doppe is klaar voor nekke te lank raak, behalwe by Norma-doppe. Hulle is vreeslik sag en moes so nou en dan die ouens so bietjie korter maak. Dit was alles met S365 en vandat ek nou tussen die haastiger menere is weeg ek maar elke dosis.

Voorheen het ek ook baie ongereeld nekke uitgegloei, nou na elke 2-3 skote. Body bump die skouers so bietjie na omtrent so 6-8 skote. Sny nekke, pockets, flash holes ens. Met lapua het ek agter gekom dat sny van pockets en flash holes nie meer nodig is nie. Daardie doppe is goed, sal nie een uit batch weggooi nie en die beste nog is dat almal min of meer dieselfde weeg (batch=100).

Ek kon tot vandag toe nog geen wesenlike verskil agterkom tussen twee "metodes" nie. 'n Mens moet nie te tegnies raak nie, bly by veiligheid en ek reken dan is als ok. Slegs my eie mening.

Taffie
Last edited by tafjak on Sat Feb 14, 2009 9:56 am, edited 1 time in total.
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: FIETERJASIES

Post by johan »

Kruit weeg neem te lank en is n mos van tyd :o
Werk met n Br 30 gooier van Redding,selfs met stafies kruit is dit 99,8% akuraat
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: FIETERJASIES

Post by Tomcat »

Johan

Wa kry n mens daai REDDING kruitgooier?

Tomma
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: FIETERJASIES

Post by johan »

Tomma
By QPS,myne was R1350 so vyf jaar gelede.Onthou dit moet die BR30 model wees.
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: FIETERJASIES

Post by Tomcat »

Johan

Thanx
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: FIETERJASIES

Post by Freek »

Manne, ek moet eerlik wees ek weeg nog al die pad elke lading af - dit is tyd rowend :-[ Tot dusver baie veilig  ;) Ek kyk uit na 'n goeie powder-measure wat konsekwente ladings kan gooi. Johan dit klink my jy het die regte tool daar beet. Ek eksperimenteer op die oomblik met 'n ou Lyman wat ek 2de hands aangeskaf het, maar die kontrapsie frustreer die 7 soorte wit waks uit my uit aan gesien hy ladings gooi soos wat die weer verby trek. Op die ou einde van die dag moet ek in elke geval elke lading af weeg. ???

Dop voorbereiding is baie belangrik, skiet my roere met enige dop van PMP, Remington, Norma reg deur tot Winchester. Het nog nie LAPUA gebruik nie maar ek verstaan daai is die Rolls Royce van geweer doppe. Ek het nou nie sulke fancy warm kalibers in my arsenaal nie en my girls akomodeer met graagte enige van die rondtes wat ek in hulle kamer in stoot. Nie 'n gevas hakery, moeilik toemakery of enige iets in daai lyn nie... Ek moet bieg PMP se dop kwaliteit varieer verskriklik m.b.t wand diktes, dit is nogal teleurstellend.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: FIETERJASIES

Post by Mountainman »

Ek is maar vol fiemies as dit by geweer laai kom en weeg elke dop se lading. Ek dribble tot die laaste korreltjie in. Ek gebruik ook net CCI primers.
Ek moet se vandat ek Lee se Collet dies gekoop het het herlaai baie makliker geword. Jy moet net sorg dat jy doppe gebruik wat uit jou geweer geskiet is. Met die Collet die groei jou doppe die minimum wat tot gevolg het dat hulle baie langer hou en minder sny nodig het.

Ek het 'n stel PMP doppe nou al 15 keer al gelaai sonder om te sny! Dis nou wel op die 308 wat nou nie so warm is nie. Dat die Collet dies duur is, is 'n under statement, maar hulle werk! 

http://www.leeprecision.com/cgi/catalog/browse.cgi?1235235419.1076=/html/catalog/dies-collet.html
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: FIETERJASIES

Post by Christo »

Tomcat

Herlaai is vir my soos ander ouens se golfspeel, ek geniet dit en kan dit enige tyd, wanneer daar tyd is, doen en dit maak nie saak van die weer ens. nie. Ek is verseker nie 'n expert nie, maar dit is tog lekker om die patrone te "bou" tot die beste van my vermo? en hulle dan te skiet. Ek skiet in elk geval te veel om patrone te koop. Dit doen ek alleen op die plaas waar niemand anders die vrot skote sien nie. Vandag weer op 'n baanskiet gesien hoe ander ouens vol talle skiet en ek net meer as die helfte haal.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: FIETERJASIES

Post by Yalair »

Het vir my lyman 1200 DPS 3 aangeskaf, man werk die nou vir jou lekker, het altyd gedink dis tydsame ding, nee wat hy gooi. Het vanmiddag gou paar patrone gelaai, soos ingelsman sal se 'money wel spent'
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: FIETERJASIES

Post by Christo »

Yaliar

Ek gebruik hom ook en as ek haastiger raak gooi ek met een van die kruitlepels bietjie by sodat hy omtrent net die laaste 10gr bygooi, dit verhaas nogal die proses heelwat. Pasop net om te laat by te gooi anders gee hy die verkeerde lesings. Kyk ook na die wind/trek deur die kamer waar jy laai. Dit pla hom nogal.

Lekker laai :) :)

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: FIETERJASIES

Post by Tomcat »

Christo

Pasop vir daai kruit bygooi met elektroniese skaal. Ek het dit gedoen met RCBS en het my geweer opgeblaas en amper my self. Laat hy self begin en klaarmaak!!

Tomma
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: FIETERJASIES

Post by Yalair »

Christo
Dankie ek het die rtfm ding gedoen en sien hoe moet jy bygooi, het toets so gedoen en met ou skaal geweeg - op sy dollie  ;D
Tomma
Ek bly maar nederig vir daardie donder balliekies - het al 'n ou se geweer sien opblaas, dan kom jy gou terug aarde toe  :P
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: FIETERJASIES

Post by Christo »

Tomcat

Moet erken dit is seker gevaarlik, maar ek check al die doppe met flits voor ek punte indrukom te sien of almal ewe vol is. Ek dink met 'n geweer patroon is dit minder erg as bv. met 'n handwapen wat baie minder kruit vat.

Banger ouens leef altyd langer. Miskien kan ons by hulle leer??

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: FIETERJASIES

Post by Beyers »

Dis 'n geval van boys en toys.
Ek geniet die herlaaiery vreeslik, van die beste sports wat jy kan he met jou klere aan.
Solank mens net veilig werk is daa bitter min wat verkeerd kan loop

Ek het een van daai RCBS skale. so dan en wan gooi hy bietjie meer as wat hy gestel is, dan gooi ek maar die dop uit en doen weer.
Ek het ongelukkig armgat gespeel toe my case trimmer koop (rooiding of iets) mens moet maar die een met die mikrometer koop as jy pynlik wil wees.
Die tumbler is nth nadat die doppe resize en getrim is gooi ek hulle in en sit hom aan, more oggend haal jy die doppe uit, krap gate skoon en laai.
Nog nie tyd gehad om te begin met nektrimmers edm. Is die kool die sous werd?
Groetnis
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: FIETERJASIES

Post by Francois Marais »

Hi

Lekker topic, laai al vir so 29 jaar lank al alles wat ek skiet.

Gebruik ook een van daai RCBS flowmesure met skaal, jy kan hom maar bygooi met die lepel, maar gooi eers by en start die skaal siklus dan, my 500 A-Square vat 115gr S355 kruit, vat nogal n rukkie as jy hom nie help nie.

Ek hou van n skoon dop om mee te begin, gebruik Redding collet dies, werk heel goed, money well spend. Gebruik net doppe van selle batch en as jy wil meer raak skiet weeg hulle uit, so 2 grein op 100 doppe is OK. Gebruik ook net doppe van selle fabrikaat saam, as jy Lapua of Norma doppe kan kry, gooi alle ander weg. Jy hoef hulle nie te weeg nie.

Ek het twee roers wat se nekke gesny word en wat baie mooi skiet, onder n duim op 300m op n goeie dag, maar ek dink dit is meer die detail in die hele lanseer platvorm, as wat die bietjie detail is in die patroon self.

Ek gebruik net CCi slagdoppe, dink nie dis die beste nie, maar al wat ek nog ooit gebruik het, was nog nooit teleurgestel nie.

Vandat ek met die raakskiet gewere begin speel het hou ek ook daarvan om my punte teen die groewe te laai, ZERO JUMP, of as hy nie so wil skiet nie, moet die spring in 10des van n mm gemeet word en nie in mm's nie.

Ek gebruik of Sierra MATCH punte, HP/BT of Hornady V-Max'e. Nog nie n gun gehad wat nie met een van hulle wou skiet nie. Word nou bietjie duur, maar daar is darm nog bietjie voorraad.

Skoon primer pocket, kruit konstant tot so +-.1 grein, maak seker jou AOL/TPL pas by jou roer en jy behoort konstant goeie groepe te kry, AS jy jou lading sorgvuldig uitgewerk het.

Laai vat baie tyd in beslag, maar is uit en uit die moeite werd, die satisvaksie is soveel meer as jy daai MOOI SKOOT skiet op 350m en weet jy het self daaardie patroon aanmekaargesit.

Mooi loop

Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply