Page 1 of 1

Oorverdowende stilte

Posted: Fri Mar 01, 2013 11:20 am
by Mars67
Hoe lyk dit my die manne is maar besig of het hulle bedenkinge oor die "voorstoppers"?

Re: Oorverdowende stilte

Posted: Fri Mar 01, 2013 11:45 am
by Gerhard
Swart kruit is een van die min skiet dissiplines waar ek bitter min ondervinding het.

Skiet met n 4 boor aapstert is een van hulle.

Skiet met n Thompsons Contender is n ander.

Beide was vet sports.

Re: Oorverdowende stilte

Posted: Fri Mar 01, 2013 1:14 pm
by Mars67
Gerhard
Vertel bietjie meer van die 4 Boor.

Re: Oorverdowende stilte

Posted: Fri Mar 01, 2013 1:20 pm
by Gerhard
Nee kan nie meer veel onthou nie...

Was lank terug 1993...

Hy het geskop soos n hings.

Die geweer het aan een van die manne van Pta Swartkruit klub behoort as ek reg onthou.

Re: Oorverdowende stilte

Posted: Fri Mar 01, 2013 1:48 pm
by Mars67
O dankie.

Ja as 'n reel skop swartkruit gewere nie maar met daardie groot kalibers tel die wette van fisika maar bietjie teen jou!

Re: Oorverdowende stilte

Posted: Fri Mar 01, 2013 2:04 pm
by smitjs
Nee, myne wag geduldig vir die nuwe Sannadex. Ek wil nie totaal uit raak nie.
Hierdie komende jagseisoen gaan ek vir seker 'n bok of wat neersit met 'n 50 of 'n 45.
Koeels is gegiet, slagdoppies het ek, dis net die kruit wat kort.
Groete
Johan Smit

Re: Oorverdowende stilte

Posted: Fri Mar 01, 2013 2:48 pm
by LUAN
Met die kruit wat so skaars is staan myne ook net en stof opgaar. Ek het tot sy scope afgehaal en op die .303 gesit. Die .50cal inline van my skop lekke hard voel baie soos n s/s 12br en van die bench af voel jou skouer dit veral as ek daardie 375gr lood maxi koeels probeer met 100gr sannadex agter hulle.

Re: Oorverdowende stilte

Posted: Fri Mar 01, 2013 3:42 pm
by Mars67
Ek hoop regtig daar is 'n oplossing oppad. Klink darem so

Re: Oorverdowende stilte

Posted: Sun Mar 17, 2013 9:45 pm
by foxbat25
Ek moet bieg, in die laaste jaar of so het net een van my voorlaaiers een keer skietbaan toe gegaan. Vandat ek my .223 gekry het is dit net te veel pret om met hom te skiet.

Re: Oorverdowende stilte

Posted: Thu May 09, 2013 5:13 pm
by Robert
Is daar nog n plek wat poeier verkoop?????????????????????
Lyk my daar is nerens vooraad nie en dan kos dit R1000-00/ 500g
Wat te @&%(? gaan aan?

Re: Oorverdowende stilte

Posted: Thu May 09, 2013 6:11 pm
by smitjs
Ja, dis verkrygbaar by AEL daar naby Chloorkop in die Rand.
Dis darem nie onmoontlik duur nie, maar om dit daar te gaan haal...
Blykbaar het Ram Couriers nie hul permit om plofstof te vervoer hernu nie, so dit kan nie gestuur word nie.
Ons wag in spanning vir die nuwe Sannadex wat per pos gestuur kan word.
Groete
Johan Smit

Re: Oorverdowende stilte

Posted: Sun May 12, 2013 10:36 am
by Robert
Johan
Jy het dalk nie n konrak nommer daar nie.
Robert

Re: Oorverdowende stilte

Posted: Sun May 12, 2013 11:06 am
by smitjs
Robert, nee, jammer. My selfoon het omtrent alles verloor. Ek het laas by Classic Arms die nommer gekry en hulle gebel. Op pad terug het ek daar aangegaan en gekoop. Hulle verkoop Wano. Onthou om die permit saam te neem.
Daar is nog 'n ander maak, Bushchalk, wat ook in die land verkoop. Dis dalk die moeite werd om daaroor ook te probeer uitvind. Ek glo Classic Arms sal jou kan help.
Groete
Johan Smit

Re: Oorverdowende stilte

Posted: Sun May 12, 2013 11:22 am
by Robert
Dankie Johan