1857 Wurttembergse Mauser
Posted: Fri Mar 01, 2013 12:52 pm
Enkele jare gelede (toe ek nog enkellopend was en dit dus moontlik om sulke goed aan te vang) sien ek op die Pedersoli webtuiste hierdie geweer. http://www.davide-pedersoli.com/tipolog ... schen.html Die sogenaamde Württembergisch “Vereinsgewehr” 1857 model.
Ek was dadelik verlief en vra vir Christiaan van Classic Arms in Witbank om vir my ene te bestel uit Italië. Ek het die geweer suiwer bestel omdat ek gedink het dit is pragtig en 'n replica van 'n "mauser" wat min mense van weet. (en om vas te hou en te streel
) Die kaliber het my ook gefasineer aangesien dit groter is as die tradisionele 0.54.
Die geskiedenis is basies dat hierdie geweer in gebruik was in die State van Württemberg, Baden, Hesse en die Groter Aksiese Graafskap (Greater Axia Dukedom) van 1857 tot 1866. Die geweer was 'n .547 kaliber (13.9mm) met 'n relatief stadige groef loop en was ontwerp om te werk met 'n koniese Minié koeël van 250 grein. Hierdie was basies die eerste Mauser wat gemaak is.
Mauser wou vir doeleindes van herdenking weer hierdie geweer bou maar was nie in die posisie om dit te doen nie aangesien hulle nie die gereedskap, masjienerie en prosesse in plek gehad het om die ou geweer te bou nie. Die oorspronklike planne was ook verlore weens die politieke onstabiliteit en konflikte in die tyd voor en selfs na die stigting van die Weimar Republiek. Mauser besluit toe uiteindelik om Davide Pedersoli (DP) te kontrakteer om die geweer te bou. Hulle verskaf 'n oorspronlike geweer aan DP. DP maak toe met uiterste sorg 'n presiese replica van hierdie geweer. Mauser plaas 'n bestelling vir 2000 gewere. Die eerste 2000 gewere is almal deur Mauser gekoop. Die replica was so presies gemaak dat Mauser versoek het dat alombekende Mauser embleem op die agterste visier van hierdie gewere aangebring word.
http://i298.photobucket.com/albums/mm249/Spyder2_photos/Teikens/mauser7_zps472f1101.jpg
Hierna het DP toestemming gekry om nog van die gewere te bou wat hulle self verkoop. Hierdie gewere het nie die Mauser embleem op die visier nie maar daar is wel toestemming verleen dat hulle die lope mag stempel met die woorde "Mauser-Werke, Oberndorf. 1998". Die woorde "Köninglich Württembergishe Gewehrfabrik 1857" verskyn ook op die loop. Ek het een van hierdie gewere.
Groot was my verbasing toe ek hierdie geweer eendag skietbaan to vat om te spog, net op uit te vind dat een van my mede skuts ook een gekoop het waarmee hy in die Militêre klasse (Die sg Minié en Lammarmora klasse)deel neem en dat sy geweer ongelooflik akkuraat is. Enige iemand wat al kompetisie geskiet het met voorlaiers met loop-bande sal vir jou sê dat dit nogal nag kan wees om hulle te kry om goed te skiet (en te laat aanhou goed skiet) en daar is al vele trane gestort in die proses!
Met al die langafstand skiet het ek nooit by die geweer uitgekom nie maar het wel vir my 'n gietblok laat maak deur Mike Neuman. Ek het een of twee keer die geweer gaan skiet maar net vir die lekker en het nooit probeer groeperings skiet nie.
So 'n ruk terug skaf 'n ander mede skut ook een aan en sê my dit is nou tyd om myne af te stof en te kom saam skiet. So gesê so gedaan. Hy was so ywerig (en 'n goeie vriend) dat hy sommer vir my koeëls gegiet en "gelube" het. Hy het 'n DP Gietblok saam met die geweer bestel. Ek het ook sy ladings wat hy ontwikkel het gebruik. Die lading het bestaan uit 61 Grein no 4 swiss met 14 Grein mielemeel as vuller/pluisie om die hol basis van die koeël te beskerm. Die koeël self weeg 520 Grein - suiwer lood.
Met sy visier verstellings op 100m was ek sommer dadelik op die papier. Die visier is redelik kru vergeleke met ons kompetisie gewere en is nie maklik verstelbaar vir elevasie nie. Dit is 'n driekoek voor en 'n V agter. Mens kompenseer dus vir fynere elevasie deur die hoeveelheid "lig" wat jy toelaat onder die kol met 'n 6 uur hou. Omdat dit vreemd was vir my het ek bietjie gesukkel maar besluit toe om die voorvisier presies op 6 uur te sit om te kyk of die geweer sal groepeer.
Hier is die resultaat op 100m. Die gate met die mooi skerp rante was 'n ander koeël en lading kombinasie wat ek mee ge-eksperimenteer het. Die 5 skote meet 2 duim. die regterkanste een het ek dadelik genomineer as 'n "flyer" want ek het die skoot getrek. Die sneller kort bietjie aandag want alhoewel hy soos glas breek is sy trek te hard.
Die groepering is geskiet in 'n lê houding sonder rus maar wel met my skietbaadjie en handskoen.
http://i298.photobucket.com/albums/mm249/Spyder2_photos/Teiken/IMG_1689_zpse7e4e2a3.jpg
Ek is sommer van voor af verlief op hierdie geweer!!!
Hier is nog prentjies en italiaanse beskrywings vir die wat dalk die taal magtig is. Ek moet sê my Latyn1 help nie juis nie. http://passthrough.fw-notify.net/downlo ... 0prima.pdf
en nog een
https://dl.dropbox.com/u/35332107/13Mau ... ginale.pdf