Page 1 of 1

velle fries?

Posted: Thu Mar 07, 2013 10:20 am
by RUPERT
Dag Manne

Kan n mens n vel vat en behandel soos genoem met die Detol en dan sout en dan vries vir n tydperk voor dat jy hom gaan ingee om gelooi te word.?Het iemant dit al gedoen en hoelank kan jy hom vries voor dat hy begin opneuk.

Re: velle fries?

Posted: Thu Mar 07, 2013 10:25 am
by jamalley
Ek het dit al probeer, maar ek dink myne was te lank in die vrieskas en het sy hare verloor in die breiproses, maar ek hoor ook graag van die manne wat meer weet - deesdae laat ma my in elk geval nie toe om nog velle in die huis in te bring nie, laat nou al my velle huide maak, wil eendag my Imbuia Bal en Klou eetkamerstel se stoel sitplekke mooi daarmee oortrek en dalk my Toyota se sitplek ook - hierts hoe lekka sit die koedoe

Re: velle fries?

Posted: Thu Mar 07, 2013 10:28 am
by ROBBIE1
Rupert ek lees saam met jou wat die kundiges vir ons gaan se, ek vries die velle wat my kliente inbring tot die taxidermie dit kom haal, sout dit goed, maar gebruik nie detol nie, so sal ook graag wil weet hoe lank mens dit kan doen ens.

Re: velle fries?

Posted: Thu Mar 07, 2013 11:13 am
by Eugene
Eks ook nie 'n expert nie, maar weet jy kan velle vir 'n tydperk vries, as die field prep reg gedoen is, eks egter nie seker vir hoe lank nie! Het ook al soos Robbie, velle gevries op jagte langer as 'n week en nie probleme gehad nie! Ek weet sekere velle is meer geneig tot hairslip as ander! Miskien kan iemand vir ons bietjie meer inligting gee!

Re: velle fries?

Posted: Fri Mar 08, 2013 1:03 pm
by Legends Africa Taxidermy
Dag se julle,

Om jou vraag te antwoord, ja n mens kan n rou vel vries.
nie langer as 3 weke nie, dan moet hy behandel word.

Hoop dit help jou.

Groete
Legends Africa Taxidermy(pty)ltd ZA8/177
012 545 4125
legendsafrica@ymail.com

Re: velle fries?

Posted: Fri Mar 08, 2013 1:11 pm
by RUPERT
Legends Africa Taxidermy wrote:Dag se julle,

Om jou vraag te antwoord, ja n mens kan n rou vel vries.
nie langer as 3 weke nie, dan moet hy behandel word.

Hoop dit help jou.

Groete
Legends Africa Taxidermy(pty)ltd ZA8/177
012 545 4125
legendsafrica@ymail.com
Dankie wardeur die raad

Re: velle fries?

Posted: Mon Apr 01, 2013 6:26 pm
by WingsandThings
soos legends gese het mens kan rou velle vries, maar moet nie 'n vel sout as jy hom wil vries nie. die sout trek die water uit die vel en verhoed dat hy behoorlik vries. As jy moet vries is dit die beste om die vel te was soos beskryf, hom bietjie te laat afdrup en dan net so te vries. Het al velle so vir lang tydperke gevries gehad en nooit probleme gehad nie, maar dan moet die vel NIE gesout wees ni

Re: velle fries?

Posted: Mon Apr 01, 2013 9:34 pm
by LongWolf
WingsandThings wrote:soos legends gese het mens kan rou velle vries, maar moet nie 'n vel sout as jy hom wil vries nie. die sout trek die water uit die vel en verhoed dat hy behoorlik vries. As jy moet vries is dit die beste om die vel te was soos beskryf, hom bietjie te laat afdrup en dan net so te vries. Het al velle so vir lang tydperke gevries gehad en nooit probleme gehad nie, maar dan moet die vel NIE gesout wees ni
my vraag is - is dit nie juis die sout wat die vog uittrek en dan sodoende die haar folikel laat skiet gee aan die haar en dan sodoende die haar verlies dan bewerkstellig nie ?

Re: velle fries?

Posted: Tue Apr 02, 2013 6:23 am
by WingsandThings
LongWolf dit is waarom ek gese het dat die velle afgespoel word, en dag gevries moet word sonder om te sout. SO sal jy nie sommer 'n probleem het nie

Re: velle fries?

Posted: Fri Apr 05, 2013 9:30 am
by LongWolf
WingsandThings wrote:LongWolf dit is waarom ek gese het dat die velle afgespoel word, en dag gevries moet word sonder om te sout. SO sal jy nie sommer 'n probleem het nie
ek was nie seker nie dis hoekom ek gevra het, my kennis op die velle is maar beperk.
dankie.

Re: velle fries?

Posted: Fri Apr 05, 2013 11:10 am
by Hugo
As jy homngaan vries, draai die velmin koerant papier toe,

Dit voorkom frostbite opmdie vel.

Re: velle fries?

Posted: Sat Apr 06, 2013 8:14 am
by LongWolf
1. wat sal beter wees rol of toe vou ?