Page 1 of 2

Toyota L/Cruiser

Posted: Sun Aug 22, 2010 8:08 pm
by Francois Marais
Maatjie van my se mouter het gebreek, het toe sommer sy bokkies oorgelaai, sy hele crew gelaai en hulle uitgery. 52 Springbokke en 9 mense.

Image
Image
Image
Image

Wys bietjie die L/Rover fotos ;) ;D

Mooi loop
Francois

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Sun Aug 22, 2010 10:01 pm
by Ponkie
Daar is net een trok en dis 'n Toyota Land Cruiser!
Hoekom hy nie bruin nie? Ek is helemal versot op ons een wat bruin is, Pa Ponkie wil net nie laat die jong manne met hom ry nie! Haha!

Groete
Ponkie

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Sun Aug 22, 2010 10:41 pm
by frinam
Fransman, een aand in my wildoestyd een nag 75 springbokke op my Cruiser gehad, die buitenste bokke "staan" dan amper dwars ;), maar die Cruiser dra!!! Mooi bokke mater, bly jy is veilig terug!!! Mooi week-Frikkie

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Sun Aug 22, 2010 10:50 pm
by Ambessa
Hallo Frinam / Francois Marais
frinam wrote:...een nag 75 springbokke op my Cruiser gehad, die buitenste bokke "staan" dan amper dwars ;), maar die Cruiser dra!!!
...wonder wat die japs gaan maak as hulle uitvind wat julle met hulle mouters maak...?  ::)

Ambessa

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Mon Aug 23, 2010 12:38 pm
by Nico Harris
ek het laas week n 900kg firefighting tenk , n halwe ton skaap voer agter dit en toe nog n 1.2 ton diesel waentjie agter my cruiser gehaak en da was geen probleme nie!!! die cruiser bly maar n bulperd!!!

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Mon Aug 23, 2010 2:16 pm
by Geno
Ponkie wrote: Daar is net een trok en dis 'n Toyota Land Cruiser!
Hoekom hy nie bruin nie? Ek is helemal versot op ons een wat bruin is, Pa Ponkie wil net nie laat die jong manne met hom ry nie! Haha!

Groete
Ponkie
Ponkie,
is dit nie 'n Land Rover op jou profile pic nie? Hoe werk jou winkel nou? ???

Maar ja, agter op elke Cruiser moet 'n sticker wees waarop staan "Attach Land Rover Here".
Hy trek 'n matroos van 'n prostituut af!
Cruiser Groete,
Eugene

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Mon Aug 23, 2010 6:31 pm
by Christo
Geno wrote: Hy trek 'n matroos van 'n prostituut af!
Mooi man ;D

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Mon Aug 23, 2010 6:42 pm
by Ponkie
Geno

Janee jy het reg gekyk. Dit is 'n Landie op my prof pic en ook die rede hoekom my rug soms seer is as ek by die huis kom. Maar dit is Oom Johannes se Landie, ek jag saam hom en ons ry met sy ryding.

Fyn gekyk! ;)

Groete
Ponkie

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Mon Aug 23, 2010 10:40 pm
by theedge
Ja nee kyk se net niks verder nie

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Mon Oct 18, 2010 11:42 am
by Stefan764
Het noudie oggend n goeie een gesien! Die ou wie se Cruiser dit is bou aan die N1 snelweg tussen Pretoria en Centurion en hy het n sticker agter op die klap van sy bakkie wat lees:

NET LAND ROVERS EN HONDE SIT VAS

HahaHAhA!! Ek moes lag!! Het n foto ook mar ek weeti om die verdomde ding hier opi Forum te kry nie, nog bietjie nuut en dom met die bedryf.

Nou ja toe, Mazda-Drifter-Groete,
Stefan

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Mon Oct 25, 2010 2:15 pm
by BLOK
Net n interresante berig wat in die nuutste Wegry op bladsy 14 is. Sal laaik om te hoor wat die Landrover manne te se het hieroor.

Blok.

Image

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Mon Oct 25, 2010 2:17 pm
by tafjak
Blok

Toemaar, hulle kon nog nooit iemand(rebel) vang in 'n Landrover nie. Die is reeds jare terug verban!

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Mon Oct 25, 2010 2:41 pm
by Geno
Ek hoor 'n Land Rover se parte breek selfs op die rak.....

Best 4x4xTar

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Mon Oct 25, 2010 3:26 pm
by BLOK
Tafjak

Nee, blykbaar kan die "armed forces" die Land Rovers te voet inhardloop - haal baie druk van die regering se begroting af.

Of soos iemand gemeld het miskien is Tjad se presedent ook die invoerder van landrover

Blok.

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Mon Oct 25, 2010 4:09 pm
by tafjak
Blok
blykbaar kan die "armed forces" die Land Rovers te voet inhardloop
...ook net as hulle kos op is en hulle iets wil "raid". :D

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Mon Oct 25, 2010 5:03 pm
by JACQUES BOTHA
Hiedie is n openbare forum .. kinders kyk ook hier rond ...
Julle verkrag daai lorries ..seker net in noodgevalle....
hoop ek
Ek is maar Isiestog isuzu gewoond gewees.
Jacques

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Mon Oct 25, 2010 5:33 pm
by JOHANNIC
In die Donkernag in landroverland kan jy hoor hoe die CRUISERS ROES ;D ;D ;D................

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Mon Oct 25, 2010 7:45 pm
by Raven
'n ou Omie het my eendag vertel dat jy nooit 'n landrover langs die huis parkeer in die nag, want as jy slaap dan hoor jy hoe breek hy  ;D

Raves

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Thu Oct 28, 2010 10:39 am
by Stefan764
Hahahahahahahahahaha!!!!

HAHAHAHAHAHAHA!!!

Raves, die beste Land Rover joke wat ek nog in my lewe gehoor het!! Gat hom nou dadelik vir al my pelle SMS (net jammer ekt nie 1 pel met n Landie wat ek kan bel en hom somme VERTEL nie!!  ;D ;D  )

Goeies! Goeies!!

Groete
Stefan

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Fri Oct 29, 2010 12:11 pm
by Stefan764
Image

Dink julle die outjie sal meer bokke as Francois se Cruiser kan dra?

Dodge RAM 3500
5.9 V8 Diesel Cummins enjin
Sleepkapasiteit: 10.4ton


Groete
Stefan

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Fri Oct 29, 2010 2:05 pm
by Raven
Stefan,

Baie mooi maar baie onprakties by ons wereld, daai dubbel agterwielle tel sommer gou klippe op wat vas sit tussen hulle, dan steek hulle vinnig stukkend. Tweedens, ek sal hom nie in die bos wil ry nie, te mooi  ;) en waar is die tralies, 'n bok lyk net mooier as hy hang en uitbloei.  ;D

Sonder tralies, minder bokke....

nogtans baie mooi!!


Raves.

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Sat Oct 30, 2010 2:51 pm
by sakkievanheerden
Hallo almal
Cruiser is ok net swaar op brandstof en tyres en verder MOET jy ander bladvere onder hulle sit soos DOBENSIN bv,want oorspronklikes hou nie hier in Tarkastad se berge en klippe nie.Het eenmaal dit oorgekom dat Cruiser se chassis af gekraak het met 120000km op klok,ons 4x4 2.5 hilux doen selfde werk en het 150000km en chassis hou nog.Ook net vere moeilikheid al gehad.
Groete
Sakkie.

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Sun Jul 31, 2011 12:04 am
by JF. SCHOEVERS
Wat noem jy n Land Rover met n pap wiel.... n WRITE OFF

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Sun Jul 31, 2011 1:26 am
by FrankH
Show me a Land rover that can load this with the staff

[img width=356 height=480]http://i355.photobucket.com/albums/r475 ... sa/Tl2.jpg[/img]

and then still go off road.  :o

[img width=560 height=375]http://i355.photobucket.com/albums/r475 ... sa/Tli.jpg[/img]

;D

Re: Toyota L/Cruiser

Posted: Mon Aug 01, 2011 7:51 am
by BLOK
Never mind the Cruizer dis n sterk boompie daai!!!! :o

Blok