Page 1 of 1

Kraaie pak gee

Posted: Mon Mar 11, 2013 3:50 pm
by Reggie Gerber
Ek en Matthew (nou 7) het Saterdag middag laat na n plaas uitgegaan om kraaie te skiet. Die kraaie is verskriklik slim en n motor kan nie nader as 200m aan hulle kom nie.

Die 308 met silencer en .22 is saam en toe ons by die plaas kom kon ek 3 kraaie op langafstand piets met die 308.

Ons besluit toe om die om die bakkie in die mielie lande te los en binne in n groot sleep wa in te klim en hulle voor te sit.

Ons het die 3 dooies op so 50m gesit as decoys en begine wag.

Die skietposisie was baie ongemaklik maar en ek se toe vir Matt hy moet regmaak om die eerste een te skiet. Ek sien toe dat hy sukkel om lekker aan te le en hy sy toe vir my "Pappa ek wil nie een kwes nie so ek wil nie skiet nie"

Ek was baie trots oor sy wolwase besluit en ek het toe die skiet werk gedoen.

Die resultaat

http://dl.dropbox.com/u/126508339/crows.jpg

Volgende keer sal ons n gemaklikker voorsit beplan sodat hy ook kans kry

Reggie

Re: Kraaie pak gee

Posted: Mon Mar 11, 2013 4:00 pm
by Gawie(13mm)
Mooi gemaak.
Gee daai mannetjie 'n dubbel OROS. ;D

Re: Kraaie pak gee

Posted: Mon Mar 11, 2013 4:07 pm
by FHM
Ja neewat sy koppie loop sommer al vroeg-vroeg reg, bou daarop pa!
Nog n dubbel oros en chips! ;)

Re: Kraaie pak gee

Posted: Mon Mar 11, 2013 4:16 pm
by Jean Marais
Wel gedaan. Om 'n kraai te skiet is nie die maklikste ding nie. Hulle is slim EN baie skerp.

Re: Kraaie pak gee

Posted: Mon Mar 11, 2013 5:21 pm
by 243Songdaug
Gerhard Verdoorn gaan jou ore trek oor jy die kraai so effektief piets.

Nie 'n maklike taak die nie - kraaie bestaan basies uit 90% vere, 8% poef en slegs 2% lyf om op te skiet.
Mooi gegooi.

Re: Kraaie pak gee

Posted: Mon Mar 11, 2013 5:26 pm
by Spanner
Ek hoop jy het van daai kraaie gevries sodat jy hulle maklik as decoys kan gebruik volgende keer ? Dit sal jou taak aansienlik makliker maak. Knap gedaan - roer hulle !

Re: Kraaie pak gee

Posted: Tue Mar 12, 2013 4:51 pm
by Reggie Gerber
Dankie manne

Ek en die mannetjie geniet dit om so uit te kom of dit nou visvang, skiet of sommer n wors broodtjie in die veld braai.

Hy se hy wil eerder n dubbel coke he as oros.

Pappa stem saam brannas en coke smaak mos beter as cane en oros lol

Groete

Reggie

Re: Kraaie pak gee

Posted: Sun Aug 25, 2013 9:23 am
by PITSMIT
reggie skud daar die kleinman se hand en sê oom pit sê baie mooi gedaan en dis groot van hom daai besluit
knap gedaan jongman

Re: Kraaie pak gee

Posted: Sun Aug 25, 2013 9:35 am
by Reggie Gerber
Maak so Pit

Dankie

Re: Kraaie pak gee

Posted: Sun Aug 25, 2013 9:59 am
by PITSMIT
ek dien nou al vir my 2de termyn op die kommittee by sa jagters hier by ons (kwaggatak) en die jnr opleiding is my verantwoordelikheid.
een vd eerste dinge wat ek die outjies leer is verantwoordelike besluite. as jy nie gemaklik voel met die skoot nie moenie skiet nie stalk eerder weer en maak seker
met een opleiding sessie het die een outjie my gevra of hy maar n kiewiet op die 100m wal mag skiet toe antw ek en se as hy my kan se hoekom hy dit wil doen dan mag hy maar. hy kon nie antw nie toe se ek mens skiet nie net iets omdat jy kan nie maar met n rede
daai kleinman van jou het duidelik klaar by pa geleer knap gedaan

Re: Kraaie pak gee

Posted: Sun Aug 25, 2013 7:15 pm
by Marc
Goeie werk Reggie

Julle moet hulle roer daar onder sodat hulle kan ophou rondloop hier bo. Ons het al die jare nog nou en dan 'n enkel paar kraaie hier gesien so twee keer per jaar. Al asof hulle net verby vlieg. Maar deesdae is daar amper residensiele groepe hier in die Noord Vrystaat, dit maak mens eintlik bekommerd. Ek is van mening dat hulle oorbevolk is in hulle meer natuurlike omgewings en dus hierna versprei.

Mooi loop
Marc

Re: Kraaie pak gee

Posted: Mon Aug 26, 2013 5:37 am
by Reggie Gerber
Mark

Miskien is daar n KRAAIWAGTER ook nou op die mark wat die kraaie na jou bure toe jaag ;D ++>: ;D

Re: Kraaie pak gee

Posted: Mon Aug 26, 2013 9:36 am
by Frikkie die Rot
More manne,

Baie mooi storie Reggie, maak mens se hart warm. Die kraaie hier in die Noordkaap het hulself geleer dat daar proteine is in neute. Nou sak hulle neer op die ou grondboonlande (nie 'n probleem nie) en ook op die pekan neut bome (baie groot probleem!!!). Die manne in die benede oranje praat in sekere gevalle van verliese tot en met 15%. Nou teen ongeveer R40/kg vir die neute en 'n wins van om en by R80k/ha is 15% M*&R baie geld. So jy het my stem om hulle swak te maak!!!!

Groetnis,
Frikkie

Re: Kraaie pak gee

Posted: Mon Aug 26, 2013 11:15 am
by Marc
Reggie Gerber wrote:Mark

Miskien is daar n KRAAIWAGTER ook nou op die mark wat die kraaie na jou bure toe jaag ;D ++>: ;D
;D ;D ;D