HOE MOET EK NOU MAAK?
Posted: Sun Mar 24, 2013 5:46 pm
Hi Manne, Sit hier op n wild plaas , en is nou amper uit geskiet met my klient so glo ek sal tyd he. n Klient van my het so 3 Mande terug n jakkals mis geskiet . Die jakkals het aanhoudende in n ou land geskree.Ons het haar bekruip. (Dink dis n haar, ek verduidelik nou) Die lande het toegelaat vir bekruip met die heuwels wat gestoot is. Toe ek hoor ons is naby, het ek die stokke opgesit en hom reg gekry. Ek het die jakkals gewaar so 50m aangedraf kom. DAAR WAS NIKS GEROEP NIE. Toe die jakkals in n gap is, het ek hom gestop, waarna die klient hom mis geskiet het. Die jakkals het die pad gevat, en n ander een het letterlik voor ons opgespring. Die klient het die tweede een gedood. Die ander jakkals het toe van af so koppie staan en skree vir wat ek glo sy maat is. Die een wat ons geskiet is, was n reun. Die ander jakkals word nogsteeds in die ander area gesien, so ek glo dit is sy kern area.
Kan julle asb voorstel, watter klanke hom/haar nou hierdie tyd van die jaar sal oortuig, dat sy maatjie terug is, sodat hy/sy sal kom kyk.
Mooi loop,
Kan julle asb voorstel, watter klanke hom/haar nou hierdie tyd van die jaar sal oortuig, dat sy maatjie terug is, sodat hy/sy sal kom kyk.
Mooi loop,