My eerste geweer wat ek gekry het is 'n .243 Win met 'n K98 aksie en swaer loop. Ek het hom in 1999 vir my 16de verjaarsdag gekry. Die man is deur Denel gebou volgens my bietjie kennis en die skrywe op die loop en onder die greep van die kolf. My vriend Varkie (hy is ook soms hier op die forum) het dieselfde wapen diesefde tyd gekry in 30-06 wat identies aan myne is.
As ek hom langs HeinM se Musgrave .243 Win hou of my vriend se Musgrave 30-06 met swaer loop lyk hulle eenders, net die aksies wat verskil op hulle agterkant en veiligheids klappie.
Wat is die Vektor. Is hy met surplus Musgrave parte gebou of iets uniek wat vir so paar jaar gebou is. My geweer soos ek se is identies aan Hein M se Musgrve in voorkoms.
Dankie
Tau
Wat is 'n Vektor???
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3631
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Wat is 'n Vektor???
The end of an era came about when Musgrave's Bloemfontein facility was closed down and some of the equipment and personnel relocated to Lyttleton Engineering Works where hunting rifles under the "Vektor" (Vector) name were built for a short while, alongside the R4 assault rifle, Z88 pistol and other small armament which forms DENEL's main focus.
Hierdie by Wikipeadia gekry.
Hierdie by Wikipeadia gekry.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3985
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Wat is 'n Vektor???
Dankie Manne.
So help my nou is dit dieselfde parte en vakmanskap as die Musgraves????
Die geweer se kolf is gebou vir iemand met hande soos Jan van Till so groot soos 'n piesang tros. Dit is een van die rede's dat ek en .243 nie gel nie. Ek het hande soos 'n Jeep Wrangler kort en breed gebou om bike te ry. Ek wil die kolf laat afwerk en die greep dus kleiner maak dat ek die sneller kan druk en nie trek nie.
Ek wil nou net nie 'n egte Musgrave kolf loop verwoes nie. Die wapen is nog soos nuut aangesien ek nooit die lisensie oorgedra het na my naam nie. My pa het inteendeel eienaarskap oorgeneem , want hy het lekker groot hande en klop alles met die roer en Silencer op.

-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Wat is 'n Vektor???
Piet,Piet-Skiet wrote:Liw of lyttelton ingeneurs werke het hom gebou op 'n selfgemaakte k98 aksie.
Ek vermoed dat dit meer korrek sou wees om te se dat die gewere op k98 mausertipe aksies gebou is. Maar die aksies is ingevoer en ek vermoed is ou militere surplus aksies wat op daardie stadium beskikbaar was. Ek het self so 'n Vektor k98 in 7x57 en het hom omtrent so 1997/8 gekoop by Sahara in Pretoria vir 'n bedrag van R2900.
Groete,
JHN
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Wat is 'n Vektor???
Vektor, of te wel LIW, het aksie soortgelyk aan die Mauser K98 aksies begin bou omdat die Mausers aksies begin skaars raak het. Die kwaliteit is veronderstel om dieselfde te wees. As ek reg onthou was daar ongeveer 1995/6 'n atikel in die Magnum oor die Vektor aksies.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Wat is 'n Vektor???
Dis reg Giepie,Giepie wrote:Vektor, of te wel LIW, het aksie soortgelyk aan die Mauser K98 aksies begin bou omdat die Mausers aksies begin skaars raak het. Die kwaliteit is veronderstel om dieselfde te wees. As ek reg onthou was daar ongeveer 1995/6 'n atikel in die Magnum oor die Vektor aksies.
EK het die artikel gelees. Hulle het ook begin om 'n replika van die 'double square bridge' mauseraksies te bou. Hulle sou 'n gedenkreeks van ek dink vyftien gewere bou op die aksies vir Landrover. Toe sterf die ding 'n stille dood, want BMW het toe Landrover oorgekoop en die hele projek is gekanselleer. Die ander aksies wat hulle self sou gemaak het het ook nie juis afgeskop nie. In daardie stadium het die gevaarligte vir LIW begin flikker en is alle jaggeweer produksie gestop. Wyle Dok Lucas Potgieter het die saak so opgesom: "...Hierdie ouens gaan nie regkom nie, want 'n @Uta met 'n knopkierie kan nie 'n roer aan 'n boer verkoop nie. Hulle verstaan nie hoe die dinge werk nie..."
My geweer is verseker 'n militere k98 aksie. Ek sal probeer fotos neem vanaand en oplaai, dan kan ons bietjie notas vergelyk.
Groete,
JHN
- tau
- Hero Member

- Posts: 3985
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Wat is 'n Vektor???
Ek onthou die artikel met die twee roere in die houboks met die Land Rover embleme op. Dus hy wat ek vir my pa gewys het toe ek smeek vir die roer. Hy het gespot nee my kind ek het met Land Rovers grootgeraak en die goed breek orals die geweer sal nie werk nie.Johan Nel wrote:Dis reg Giepie,Giepie wrote:Vektor, of te wel LIW, het aksie soortgelyk aan die Mauser K98 aksies begin bou omdat die Mausers aksies begin skaars raak het. Die kwaliteit is veronderstel om dieselfde te wees. As ek reg onthou was daar ongeveer 1995/6 'n atikel in die Magnum oor die Vektor aksies.
EK het die artikel gelees. Hulle het ook begin om 'n replika van die 'double square bridge' mauseraksies te bou. Hulle sou 'n gedenkreeks van ek dink vyftien gewere bou op die aksies vir Landrover. Toe sterf die ding 'n stille dood, want BMW het toe Landrover oorgekoop en die hele projek is gekanselleer. Die ander aksies wat hulle self sou gemaak het het ook nie juis afgeskop nie. In daardie stadium het die gevaarligte vir LIW begin flikker en is alle jaggeweer produksie gestop. Wyle Dok Lucas Potgieter het die saak so opgesom: "...Hierdie ouens gaan nie regkom nie, want 'n @Uta met 'n knopkierie kan nie 'n roer aan 'n boer verkoop nie. Hulle verstaan nie hoe die dinge werk nie..."
My geweer is verseker 'n militere k98 aksie. Ek sal probeer fotos neem vanaand en oplaai, dan kan ons bietjie notas vergelyk.
Groete,
JHN
So het ons by Guns & Bows gaan kyk na 'n Rossi Lever Action aangesien die goedkoper was en die ammo ook. So met my verjaardag kry ek net die sak want die lisensie vir die Rossi kom toe nie. In hierdie tydperk kon jy op 16 lisensie kry as jy onder dieselfde dak as jou ouers bly (hoe anders)ongelukkig verander dit toe en die Rossi levergun moet maar op my pa se naam kom.
Tien maande later kom stop my pa by die koshuis een weeks middag net na Rugby oefening al my vrinne in-tow en vra ek moet my wasgoed op die bakkie se agter sitplek laai hy is haastig. Kerels toe ek daai deur oopmaak toe ryk ek al daai kolf en met die oopmaak van die sak(wat ek toe reeds al geruime tyd besit
Ek wil weer so oor daai roer voel. Ek skiet party dae met hom mooi en ander skiet ek eerder SSG met die 12 boor aangesien die beter sal groepeer. Hy is intussen herpak en die sneller is gewerk en kneldempner opgesit deur Erwee Basson in Vredendal. Volgende die Kolf.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3985
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Wat is 'n Vektor???
Hier in die Kaap Was Kaap Agri Stellenbosch (toe nog WPK) die agente.
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Wat is 'n Vektor???
Ek besit 3 Vektor gewere.
Al drie is op militere K98 aksies gebou. Ek het redelik gorilla hande en die kolwe werk mooi vir my.
Baie gelukkig met al drie myne. Sukkel nou bietjie met die 25-06 maar dit is vandat ek die boyds thumbhole op het. Die ding pad my net nie en lyk nie of ek met die thumbhole gaan regkom nie.
Mooiloop
JP