Page 1 of 1

Kleiduif gooier/lanseerder

Posted: Wed Apr 03, 2013 12:10 pm
by Eugene
Weet iemand van 'n goeie en verbruikersvriendelike kleiduifgooier/lanseerder en waar ek dit kan kry?

Ek wil nie vir die Olimpiese Spele oefen nie, net so af en toe oor naweke biejie klei duiwe (danksy die druk van die groenes is dit nou mos klei teikens....) skiet!

Hulp sal waardeer word, dankie!

Groete
Eugene

Re: Kleiduif gooier/lanseerder

Posted: Wed Apr 03, 2013 12:30 pm
by jamalley
Daar is verskeie tipes op die mark, vir jou dieet sal ek aanbeveel jy koop een van daai wat jy met die hand gooi, dan gooi jy 15 reps links en 15 reps regs - hahaha die goed is by Kloppers of Skietwinkel in BFN beskikbaar - ek weet dit beloop so ongeveer R1000 vir 'n klientjie, maar man speel jy lekker - kleie kos ongeveer R350 vir 150

Re: Kleiduif gooier/lanseerder

Posted: Wed Apr 03, 2013 12:41 pm
by Eugene
jamalley wrote:Daar is verskeie tipes op die mark, vir jou dieet sal ek aanbeveel jy koop een van daai wat jy met die hand gooi, dan gooi jy 15 reps links en 15 reps regs - hahaha die goed is by Kloppers of Skietwinkel in BFN beskikbaar - ek weet dit beloop so ongeveer R1000 vir 'n klientjie, maar man speel jy lekker - kleie kos ongeveer R350 vir 150
Jong, ek is darem nie so dik en onaktief nie... :P Ek het so 14 jaar gewerk aan die pensie en gaan hom seker nie binne 3 maande wegkry nie! Ek sal bietjie by Kloppers uitvind! Het gesien by Zimbi Books is daar een van R650 wat uit voorraad is en dan een van R1500 waarvan daar wel voorraad is...

Re: Kleiduif gooier/lanseerder

Posted: Wed Apr 03, 2013 12:49 pm
by jamalley
Man ek laaik die een wat so 'n sitplekkie agter het, hy is stewiger as die intreemodel van R650.00, maar ek sal graag een van daai R7000 modelle wat outomaties lanseer wil kry - as jy een koop, kyk of jy dit nie kan laat modify met 'n voertuig se "body solinoid" wat van 'n 12v battery werk nie, dan kan jy dit met 'n skakelaar afsit - hulle sit die "solinoid" aan die "sneller" vas en met 'n skakelaar tussenin.

Re: Kleiduif gooier/lanseerder

Posted: Wed Apr 03, 2013 12:55 pm
by jamalley
Maak sommer van die staanspoor af vir jou 'n stand met 'n lekker groot skotteskaar, dan hoef jy nie sy pote in die grond te kap of op dit te spring om dit in die harde grond te kry nie - draai die skottelskaar om en sweis vir jou 4 vierkantige staal pote aan waarin die pote van jou lanseerder presies pas met 'n gaatjie deur die vierkant yster en jou lanseerder se pote on vas te maak en siedaar.

Re: Kleiduif gooier/lanseerder

Posted: Wed Apr 03, 2013 8:07 pm
by Christo
Eugene wrote:Weet iemand van 'n goeie en verbruikersvriendelike kleiduifgooier/lanseerder en waar ek dit kan kry?

Ek wil nie vir die Olimpiese Spele oefen nie, net so af en toe oor naweke biejie klei duiwe (danksy die druk van die groenes is dit nou mos klei teikens....) skiet!

Hulp sal waardeer word, dankie!

Groete
Eugene

Koop sommer saam met hom 'n Lee Load All. Daai sports vreet ammo, maar dit is lekker. Die >R1000 modelle werk vir war jy beplan. Ons het baie fun.

Re: Kleiduif gooier/lanseerder

Posted: Wed Apr 03, 2013 10:06 pm
by jaracal
Eugene wrote:Weet iemand van 'n goeie en verbruikersvriendelike kleiduifgooier/lanseerder en waar ek dit kan kry?

Groete
Eugene
Kyk by Agri Distributors een van ons adverteerders.
http://www.agridistributors.com/clay-th ... hines.html

Groete

Re: Kleiduif gooier/lanseerder

Posted: Thu Apr 04, 2013 7:18 am
by marthinus100
Ek het een van daai R600 modelle by S&O gekoop. Hys taamlik stewig. Jy kan hom op n spaarwiel monteer vir stewigheid. Al ding is jyt n operateur nodig en as die grond baie sand is wikkel hy gou los. Jy kan ook twee kleie gelyk gooi met hom.

Re: Kleiduif gooier/lanseerder

Posted: Thu Apr 04, 2013 8:06 am
by Eugene
Dankie manne, ek sal by die nodige mense uitvind!

Re: Kleiduif gooier/lanseerder

Posted: Thu Apr 04, 2013 9:36 am
by jamalley
Marthinus 100, kyk na wat ek aanbeveel het met die "body solinoid" dit kos omtrent R200 dan kan jy hom self laai en self afvuur, terwyl jy reg staan om te skiet.

Re: Kleiduif gooier/lanseerder

Posted: Thu Apr 04, 2013 7:05 pm
by Christo
marthinus100 wrote:Ek het een van daai R600 modelle by S&O gekoop. Hys taamlik stewig. Jy kan hom op n spaarwiel monteer vir stewigheid. Al ding is jyt n operateur nodig en as die grond baie sand is wikkel hy gou los. Jy kan ook twee kleie gelyk gooi met hom.
Martinus, weld hom vas op 10mm plaat, saag sy pote af.

Ek het een met die pote om oor tyre te sit en een op plaat, die plaat een werk die meeste. Ons sit hom sommer op die bakkie se agterflap, tailgate, en gooi kleie.

As ek alleen is gebruik ek my voet om die tou te trek, werk goed genoeg. Maar die solenoid ding klink na goeie plan.

Re: Kleiduif gooier/lanseerder

Posted: Thu Apr 04, 2013 8:22 pm
by marthinus100
Jis hiers n paar oulike idees. Ons het n lekker groot workshop en n paar stukke staal wat rondle. Kan die staal sommer klaar hier sny en koop vir goedkoop.
Sal hom bietjie modify met n solinoid, dit kan heel nice uit draai.