Page 1 of 2
My Trots!
Posted: Mon Apr 08, 2013 12:41 pm
by PaulM
Alhoewel hy verlede jaar al rou lewer geëet het, het my seun hierdie naweek nommer 2 en nommer 3 op sy kerfstok gesit.
Beide rooibokooi en blesbokram is met die .243 geskiet na 'n lekker bekruip. Wat my die meeste beindruk het, was dat hy
twee ander geleenthede op rooibokke opgegee het as gevolg van takke in die pad, en ander bokke wat dalk raakgeskiet
kon word. Dit is voowaar 'n voorreg om so saam met jou seun in die veld te kan wees en die jongman te sien vorm aanneem!
Ek dank die Here daarvoor!
Re: My Trots!
Posted: Mon Apr 08, 2013 12:44 pm
by henried
Baie geluk.
Re: My Trots!
Posted: Mon Apr 08, 2013 12:45 pm
by FCLoretz
Mooi Paul,
Jy leer jou seun mooi.
Re: My Trots!
Posted: Mon Apr 08, 2013 12:55 pm
by Lourens Potgieter
Kyk net daai breë glimlag op die gesig!!!
Re: My Trots!
Posted: Mon Apr 08, 2013 12:59 pm
by johnny
Baie mooi klein Paul, wees ook trots op jou pa dat hy jou die regte manier wys.
groetnis
Johnny
Re: My Trots!
Posted: Mon Apr 08, 2013 1:02 pm
by NEGE3
Baie mooi en baie geluk.
Re: My Trots!
Posted: Mon Apr 08, 2013 1:52 pm
by SV MAD (Henk)
Baie geluk!
Re: My Trots!
Posted: Mon Apr 08, 2013 2:03 pm
by FHM
Pragtig en baie geluk aan Paul jr
Daai fotos gaan darem seker geraam word en in die man se kamer pryk teen die muur!
Re: My Trots!
Posted: Sun Aug 25, 2013 9:26 am
by PITSMIT
pragtig jongman en wel gedaan pa om hom die geleentheid te gee om te jag dis great om die jongmanne so te sien deurkom
Re: My Trots!
Posted: Sun Aug 25, 2013 9:35 am
by Jaco Naude
Pragtig gedoen!
Re: My Trots!
Posted: Sun Aug 25, 2013 9:37 am
by Reggie Gerber
Netjies Pa en jong man
Re: My Trots!
Posted: Sun Aug 25, 2013 11:32 am
by DawieKotze
Baie geluk!
Re: My Trots!
Posted: Sun Aug 25, 2013 8:28 pm
by NicoSmit
Mens kan sien die man skiet met die regte roer ook 243 .Dit lyk ook soos 'n HOWA.
Re: My Trots!
Posted: Sun Aug 25, 2013 9:04 pm
by theedge
Baie geluk.
Re: My Trots!
Posted: Mon Aug 26, 2013 10:44 am
by stan man
Baie mooi klein Paul, wees ook trots op jou pa dat hy jou die regte manier wys.
baie geluk aan albei.
ek moet se ek as trotse pa het al n keer of wat n traan in die oog gehad oor die manieer wwarop my seuns jag en die respek wat daarmee gepaard gaan.
wel gedaan.
Re: My Trots!
Posted: Mon Aug 26, 2013 10:50 am
by PaulM
Dankie almal.
stan man wrote:
ek moet se ek as trotse pa het al n keer of wat n traan in die oog gehad oor die manieer wwarop my seuns jag en die respek wat daarmee gepaard gaan.
Ek moes ook nog elke keer maar 'n paar keer sluk voordat ek hom kon gelukwens. En daar was definitief iets in my oog gewees.....
Re: My Trots!
Posted: Mon Aug 26, 2013 10:53 am
by Riaan Beeslaar
Baie geluk aan die jong man, dit bly maar 'n groot vooreg om die natuur so saam met jou seun te kan deel.
Re: My Trots!
Posted: Mon Aug 26, 2013 7:33 pm
by Wismit
Sjoe dis darem maar lekker as die seuns so manne word !!
Re: My Trots!
Posted: Thu Aug 29, 2013 2:38 pm
by 2vierniks
Dis voorregte wat baie van die ouer manne destyds as van selfsprekend gesien het. Die voorregte raak deesdae al hoe skaarser en ek is bly om te sien daar is nog jong manne wat die geleenthede kry! Baie geluk!
Re: My Trots!
Posted: Fri Aug 30, 2013 1:26 pm
by Ferdi
Manne ek het nie seuns nie net die een verskalfie maar sy het my trots gemaak die naweek van 17 Augustus. Ek kan ongelukkig nie fotos laai nie die security settings hier is bietjie styf.
Die vark is op ongeveer 60 meter geskiet met 243. Ek en Johanne het onder 'n boom in die koelte gesit naby 'n watergat toe die varke gebeur. Ek het plat gesit en sy het oor my skouer aangelê en toe die skoot klap toe sien ek die vark gaan nie ver gaan nie en op 15 tree het hy gelê.
Dit was die Saterdag middag so net voor 15:00 nadat sy hard gewerk het daarvoor. Sy het die Vrydag van 11:00 tot so 17:30 geloop agter wild aan met so paar tussen poses by 'n ou boogjag hide wat in onbruik verval het. ons het elke keer daar gaan rus voor ons in '
n anderr rigting inbeweeg het. Sy het daardie 150 hektaar gedeelte goed gestap. Sy het 'n paar keer aangelê maar was nie vinnig genoeg nie of die gras was te ruig. Die volgende oggend het ons 06:00 op bakkie uitgegaan en die bo gedeeltre van so 300 hektaar gery. Sy het amper verkluim. Ook paar keer aangelê maar nog net te stadig. Na ons terug huis toe is het ons so 08:30 weer op die voet gegaan waar ek toe die rooibok vasgemaak het. Ons het weer so 13:00 veld to gegaan en die onderste 150 hektaar aangedurf. Dit was tydens die een rus sessie wat die vark toe opgedaag het en net mooi lank genoeg gestaan het vir die skoot.
Sy word Desember 10 jaar oud maar sy was reg gewees vir die een.
Groete aan almal
Ferdi
Re: My Trots!
Posted: Fri Aug 30, 2013 2:30 pm
by PaulM
Baie geluk vir julle, Ferdi. Dis 'n reuse voorreg om so met jou kind in die natuur te kan wees, en dan die vrugte te pluk van 'n dag of twee se harde jag. Ons is voorwaar geseën.
Re: My Trots!
Posted: Fri Aug 30, 2013 2:37 pm
by JuanVE
Baie geluk, dis lekker om te sien ons passie sal nie maklik sterf nie.
Re: My Trots!
Posted: Sat Aug 31, 2013 12:51 pm
by Marc
Baie geluk Paul

Re: My Trots!
Posted: Sat Aug 31, 2013 3:59 pm
by LongWolf
Baie geluk
Re: My Trots!
Posted: Mon Sep 09, 2013 10:37 am
by PITSMIT
pragtig ferdie en mooi vertel ook se vir gogga oom pit se baie knap gedaan en baie geluk dit bly n ongelooflike ervaring om saam die jonges te wees op so jag daai blydskap en trots as hulle skiet en die bok of vark of wat ookal val dis n "high" wat niemand sal ken tot hy self daar was nie
nogmaals geluk