Page 1 of 1
Watter primer vir 22 250
Posted: Thu Apr 11, 2013 12:50 pm
by Bulvegter
Ek gebruik CCI 250 magnum primers vir my 22 250. Ek lees dat meeste ouens CCI 200 gebruik. Is dit dalk die rede hoekom ek nie goeie groeperings kry nie?
Re: Watter primer vir 22 250
Posted: Thu Apr 11, 2013 1:03 pm
by vriell
Watter kruit gebruik jy ? Sekere kruit werk goed met Magnum primers maar met sekere kruite/volume is dit baie keer onnodig om Magnum primers te gebruik en kan eintlik tot nadeel wees in jou laai kombinasie wat akkuraatheid betref.
Re: Watter primer vir 22 250
Posted: Thu Apr 11, 2013 1:57 pm
by Gerhard
Ek gebruik Federal Small Rifle Comp primers vir my 222.
Ek sou dieselfde vir n 22 250 gebruik het ook.
Re: Watter primer vir 22 250
Posted: Thu Apr 11, 2013 2:29 pm
by PJS
Bulvegter
Ek het my 22-250 Savage nou so n maand en n half en skiet die 70 gr Berger vlds en Nosler 55 gr BT met hom. Ek gebruik van die begin af S 365 en gewone CCI 200 primers. Ek het spesifiek die S 365 gebruik omdat QL my aangetoon het dat ek goeie dupvulling en 100 % ontbranding sal kry hiermee.
Mooiloop
PJ
Re: Watter primer vir 22 250
Posted: Thu Apr 11, 2013 9:26 pm
by tripodmvr
Wouter Roets het my attent gemaak oor die' aspek. As jy begin dopvulling probleme kry (oorvol) kyk dan na 'n magnum primer. In my 243 wil dit egter voorkom asof die magnum primer juis vir akkuraatheid sorg.
Die 22-250 het 'n klein volume en S335 het nie ekstra hulpmiddels nodig om beter te werk nie. Hou by standaard slagdoppies en verander slegs as dit nie werk nie.
Re: Watter primer vir 22 250
Posted: Fri Apr 12, 2013 7:16 am
by Bulvegter
vriell wrote:Watter kruit gebruik jy ? Sekere kruit werk goed met Magnum primers maar met sekere kruite/volume is dit baie keer onnodig om Magnum primers te gebruik en kan eintlik tot nadeel wees in jou laai kombinasie wat akkuraatheid betref.
Ek het die beste groepering met S341 @ 34.5 g gekry met CCI 250 primers. Het
S 335 probeer, maar nie so suksesvol nie. Gaan wag tot QL kom en van daar af werk.
Groete
Re: Watter primer vir 22 250
Posted: Fri Apr 12, 2013 3:38 pm
by Bulvegter
Dankie vir almal se terugvoer. Ek het vandag met CCI 250 en CCI 200 slagdoppies met dieselfde gewig kruit (S 341 34,5 g) geskiet ,en die gemiddeld van drie skote elk het met net 39 ft per sekonde verskil.
Groete
Re: Watter primer vir 22 250
Posted: Tue Apr 16, 2013 7:45 am
by vriell
Bulvegter wrote:vriell wrote:Watter kruit gebruik jy ? Sekere kruit werk goed met Magnum primers maar met sekere kruite/volume is dit baie keer onnodig om Magnum primers te gebruik en kan eintlik tot nadeel wees in jou laai kombinasie wat akkuraatheid betref.
Ek het die beste groepering met S341 @ 34.5 g gekry met CCI 250 primers. Het
S 335 probeer, maar nie so suksesvol nie. Gaan wag tot QL kom en van daar af werk.
Groete
Bulvegter,
Kyk na Tripod se post.Ek stem saam met hom.Gebruik standaard primers saam met s335 en probeer weer.Stafies kruit oor die algemeen by kleiner kalibers het nie magnum primers nodig nie.Die probleem hier is dat jou koeel reeds begin "beweeg" wanneer die magnum primer gebruik word wanneer ontbranding begin en begin "druk" die koeelpunt uit die dop voor die kruit se verbranding voltooi is en veroorsaak op so 'n manier groep probleme wanneer die koeel die dop onegalig verlaat wanneer 3 of 5 skote geskiet word vir groepering.By "balletjies" kruit het jy weer magnum primers nodig om die lagie "vernis" af te brand met verbranding en help dus hier vir beter , vinniger en egaliger verbranding en die koeelpunt die dop meer agaliger verlaat.
Probeer dit gerus.Selfs by .308 kal. het ek dit ervaar dat my groepering beter is met standaard primers as magnum primers met s335 kruit.
Dit is maar my eie ervaring en opinie met dieselfde probleem wat ek gehad het by 'n ander kal. as joune en mag moontlik jou probleem op los.
Re: Watter primer vir 22 250
Posted: Tue Apr 16, 2013 7:54 am
by Ponkie
Bulvegter
Ek glo jy moet S335 met Standaard primers nog 'n kans gee. Ek is mal oor stafie kruit omrede hy ook nie so maklik begin druk wys nie. Tip: Met 'n 55gr koeeel skiet meeste manne 'n S335 lading van tussen 33.5 en 34.5gr in diw 22-250.
Rule of thumb is dat jy eers 'n Magnum primer regtig nodig het as jy meer as 54gr kruit wil verbrand.
Hoop jy kom reg.
Groetnis
Ponkie
Re: Watter primer vir 22 250
Posted: Wed Jun 05, 2013 7:06 am
by Bulvegter
Ponkie wrote:Bulvegter
Ek glo jy moet S335 met Standaard primers nog 'n kans gee. Ek is mal oor stafie kruit omrede hy ook nie so maklik begin druk wys nie. Tip: Met 'n 55gr koeeel skiet meeste manne 'n S335 lading van tussen 33.5 en 34.5gr in diw 22-250.
Rule of thumb is dat jy eers 'n Magnum primer regtig nodig het as jy meer as 54gr kruit wil verbrand.
Hoop jy kom reg.
Groetnis
Ponkie
Ponkie,
Kan CCI 200 primers as standaard slagdoppies beskou word?
Groete
Gene
Re: Watter primer vir 22 250
Posted: Wed Jun 05, 2013 7:26 am
by Armand Steenkamp
Gene ,
ek antw nou sommer. CCI200 is standaard, CCI250 is magnum.
groetnis